Thursday, November 27, 2008

'n Unieke kans om die vaandel te dra

Ek het hierdie week 'n baie unieke geleentheid gehad. Julle weet mos dat ek in die vorige bloginskrywing berig het dat daar laasjaar 'n totaal van 205940 permanente Australiese werkspermitte (visas) aan mense uitgereik is. Van hierdie getal was daar 65404 mense aan wie die Skilled Independent Visa as die primêre applikant toegeken is as gevolg van hul vaardighede.

Die Australiese Departement van Immigrasie en Burgerskap (DIAC) het op 7 November 2008 aan 'n diverse groep van nagenoeg 2500 vanuit hierdie mense aan wie in die laaste 18 maande 'n Skilled Independent visa toegeken is 'n meningsopname vraelys gestuur. Die vrae het gehandel oor die "Parent Migration Visa".

Omdat daar vir al hierdie 205940 mense net 2000 (ja NET tweeduisend) plekke per jaar beskikbaar is op die gewone "non-contributory parent" visa, is daar huidiglik 'n wagtyd van meer as 10 jaar!
Dit is hoe lank hulle kan verwag om te wag voordat jou ouers se aansoek eers in ag geneem sal word!
Daar is egter 'n ander opsie genaamd die "contributory parent" visa wat oop is vir diegene met baie geld - om hul pad in Australië in te koop. In hierdie klas visa is daar darem 6500 plekke beskikbaar en aansoekers kan verwag om na tussen 18 maande en 2 jaar in aanmerking te kom vir 'n visa. Dt kom egter teen 'n prys: $ 35560 per persoon.
Dit werk huidiglik nog uit op sowat: R 231 140 per persoon! Dus, indien beide jou ouers hiernatoe wil kom met hierdie visa is dit dus: R 462 280

Dit is dus te verstane dat hierdie toedrag van sake die gevoelens jeens die Immigrasie Departement laat hoog loop. Jy kom hiernatoe en gee die beste van jou jare en die sweet van jou aangesig, maar jy kan nie eens die mense wat naby aan jou hart lê hiernatoe laat kom nie.
Indien jy egter die gewone visa roete volg, beteken dit dat jou ouers vêr gevorderd van jare kan wees voordat hul aansoek eers na gekyk gaan word!

Die immigrasie departement is dus besig met 'n meningsopname onder die permanente visa houers om te hoor wat hul gevoelens is jeens hierdie buitensporige hoë koste van die "contributory parent visa" asook die baie lang wagtydperk om jou ouers hier na Australië toe te kan laat kom op die gewone "non-contributory parent" visa.
Baie van julle het dalk ook hierdie vraelyste gekry. Aangesien die aantal Suid Afrikaners wat onder die totaal is sowat 7762 is, is die persentasie wat moontlik so 'n vraelys gekry het (indien dit gelykop toegedeel is aan al die lande), sowat 7762/205940 => 3.78%, wat op 'n totaal van sowat 94 Suid Afrikaners dui. Indien mens sou kon aanneem dat Suid Afrikaners dus sowat 3.78% van die totaal uitmaak (siende dat hulle 3.78% van die primêre applikante is), beteken dit dat die aantal Suid Afrikaners wat hul ouers sal kan oorbring sowat (3.78/100) (2000+6500) = 321 is. Aangesien die primêre applikante (65404/205940)= 31.7 % uitmaak van die totaal, beteken dit daar is 0.317(7762)=2465 primêre "skilled" applikante uit Suid Afrika. Dus is die persentasie wat hul ouers sal kan saambring gelyk aan (321/2465) = 13 %, waaruit 75 reeds 10 jaar gelede aansoek gedoen het en die oorblywende 245 vrek baie geld sou moes betaal.

Julle kan gerus julle kommentaar byvoeg by hierdie blog indien julle dalk ook hierdie vraelys gekry het. Die navorsing is deur 'n groot marknavorsingsmaatskappy behartig.



Nou ja, omdat ons baie sterk voel oor hierdie toedrag van sake het ek toe besluit om my antwoorde aan hulle terug te stuur. Van die inligting wat hulle wou weet was:

  • Waar ek vandaan kom
  • Hoe lank gelede ons Australië binnegekom het
  • Wat my huwelikstatus is
  • Wat ons totale bruto inkomste is
  • Of ons 'n ouer het aan wie die permanente ouer visa toegeken is
  • Of ons daaraan dink om 'n ouer of ouers in die toekoms hiernatoe sal wil laat kom
  • Wat die ouderdomme, beroepe en lande van oorsprong is van ons ouers
  • Wat die redes is waarom ons ons ouers hiernatoe sal wil laat kom:
    Soos ondersteuning van die gesin
    Om ons kinders se kultuur en taal te bewaar
    Om ons familie te herenig
    Vir veiligheidsredes
    Behoefte aan sorg en ondersteuning
    Familie verpligtinge
  • Hoeveel geld ons per jaar sal spaar indien hulle hier by ons sou kon bly
  • Of ons bereid sou wees om die "contributory parent" visa kostes te betaal indien ons die 10 jaar wagtyd sou wou vermy?
  • Die beraamde kapitaal wat ons ouers saam met hulle sou bring na Australië indien hulle hiernatoe sou emigreer: van minder as $50000 tot meer as $1 000 000 (get real!)
  • Watter persentasie van ons inkomste ons oorsee stuur om ons ouers te onderhou waar hule bly
  • Watter persentasie van ons inkomste ons bereid sou wees om te spandeer om ons ouers hiernatoe te bring
  • Hoe belangrik dit was om ons ouer/s te hiernatoe te kon bring toe ons die besluit geneem het om na Australië te emigreer.
  • Hoe lank ons in Australië sal bly indien ons ouer/s ons nie hiernatoe kan volg nie
  • Hoeveel ons huidiglik per jaar spandeer op kommunikasie kostes met ons oorsese ouers.
Nou ja, van die 2500 persone wat die vraelys ontvang het, en teruggestuur het, het die navorsingsmaatskappy toe minder as 32 mense geselekteer om deel te neem aan 4 fokus groep sessies van 8 persone elk. Twee aande in Sydney en twee aande in Melbourne, waartydens hulle tydens interaktiewe besprekingsessies terugvoer sou kry van immigrante self. Julle kan dus sien hoe 'n UNIEKE geleentheid dit dus vir my was: 32 mense gekies uit 65404 primêre visa applikante! 1 kans in 2044 - dis 'n baie klein kans! (Maar aangesien nie almal hierdie vraelys teruggestuur het nie, is die kans waarskynlik bietjie groter. Die kans om in die 2500 te wees is:1/26, en indien 'n kwart die vraelys teruggestuur het, is die kans sowat (1/19)(1/26) amper 1/500. Nogsteeds 'n klein kans.

Dit was Dinsdag aand. Saam met my was daar persone van ten minste 3 verskillende gelowe en uit verskillende lande. Ek het grappenderwys gesê ons is amper die "United nations". Ons moes elkeen onsself voorstel, die redes gee waarom ons juis Australië gekies het en wat die redes wat waarom ons ons geboorteland verlaat het. Die redes onder die mense het gewissel van korrupsie en armoede tot misdaad in die lande van herkoms. Gou het ek besef daar is baie mense uit ander lande wat dieselfde storie het as ek. Vir almal van hulle was dit baie moeilik om hul familie en vriende agter te laat en almal verlang maar baie. Hulle besoek hulle familie tussen 2 keer per jaar tot 1 keer in 2 jaar en baie worstel met die hoë koste of wagtyd van die "parent" visas. Ons is vertel dat die mense tydens beide sessies dieselfde bekommernisse gehad het. Elkeen van ons is geleentheid gegee om in diepte ons teleurstelling, griewe en voorstelle te gee. Die onderhoudvoerders het fluks notas geneem - notas wat nou hopelik onder die regte oë sal kom en waarvan die immigrasie departement kennis sal moet neem.

Thursday, November 20, 2008

Hoeveel mense bereik dit werklik om in Australië te kom woon ?

Goeiedag vriende

Net soos die deurdringende reën wat die afgelope week in sekere dele van Australië geval het die aarde deurweek het met water, dring die besef van die ware toedrag van sake ook na 'n tyd tot mens deur. Die "besef" waarna ek verwys, het betrekking op die ware getal Suid Afrikaners wat hulself in Australië permanent kom vestig. Daar is nie regtig so 'n groot toeloop van Suid Afrikaners na Australië soos wat almal sou verwag nie.

Uit my eie ervaring is daar wel sekere gebiede in Sydney waar die kans groter is om in ander oud-landgenote vas te loop, maar die reël is eerder dat ons maar bra dun gesaai is hier in Aussie land. Mens loop nie sommer elke dag in hulle vas nie. Dit hang natuulik af of jy doelbewus poog om jou net met oud Suid Afrikaners te omring of nie.

Ek het oor die afgelope 2 jaar op heelparty publikasies afgekom wat mens ietwat van 'n idee gee van hoeveel van onse mense hulself hier bevind. Die publikasies strek van 2005 tot 2008.
As mens byvoorbeeld na die werklike sensusdata van die Australiese buro van Statistiek gaan kyk, dan blyk die volgende waar te wees:

In die Year Book Australia 2007, het die getal gebore Suid Afrikaners in die HELE Australië tot en met 30 Junie 2005 as volg daaruit gesien:

Jaar
Persone
1954
6000
1961
7900
1971
12200
1981
26500
1995
58800
2005
113800

(Dus...in die 10 jaar van 1995 tot 2005 het 55000 Suid Afrikaners hiernatoe gekom...amper net soveel as wat in die vorige 50 jaar hiernatoe gekom het!!)

Suid Afrika was maar 10-de in die ry naas die volgende lande:
Land
Persone
Brittanje 1 137 400
New Zealand 455 100
Italië 224 300
Sjina 191 200
Viëtnam 177 700
Indië 138 700
Filippyne 129 400
Griekeland 127 200
Duitsland 115 200
Suid Afrika 113 800
Maleisië 100 300
Nederland 87 700
Libanon 85 300

Uit 'n populasie van sowat 21 miljoen, beteken dit dat oud-Suid Afrikaners maar sowat 0.54% van die bevolking uitmaak. Nou nie juis genoeg om oor huistoe te skryf nie.

Die Australiese Departement van Immigrasie en Burgerskap het 'n hele paar baie interessante publikasies op hul webtuiste. Meeste van ons weet hoe sorgvuldig hulle is....nie 'n muis sal hier ongemerk kan insluip nie!
As mens byvoorbeeld gaan kyk na die mees onlangse "Settler Arrivals Update" by die departement van immigrasie vir die jaar 2007-2008, kan mens 'n idee vorm hoeveel mense kom die land binne met permanente verblyfreg (PR). "Settler arrivals" sluit basies daardie persone in wat Australië met 'n PR visa binnekom wat aan hulle toegestaan is VOORDAT hulle die land binnekom.

Jaar
Settelaars uit RSA
1997-1998
4281
1998-1999
5024
1999-2000
5691
2000-2001
5754
2001-2002
5714
2002-2003
4603
2003-2004
5849
2004-2005
4594
2005-2006
3953
2006-2007
3996
2007-2008
5166

As mens ook na Zimbabwe kyk dan is die aantal oud-Zimbabwiers 1019 persone. Vanuit die hele Afrika, suid van die Sahara met 'n totaal van 10603 maak Suid Afrika en Zimbabwe dus 58% van die permanente settelaars uit.

Meeste van ons is egter baie duidelik daarvan bewus dat die meerderheid mense vanaf Suid Afrika op 'n tydelike VISA die land binnekom en dan hier in Australië vir PR aansoek doen, daarom kan mens ook gaan kyk na die departement se "Immigration Update" van Desember 2007. Tydelike VISAs val basies onder 3 kategorieë:
  • Tydelike studente Visas
  • "Temporary Resident" Visas, soos die 457 visa (maksimum 4 jaar) of 417 visa (werkende vakansiegangers)
  • Tydelike besoekers (soos toeriste)

Op bladsy 43 kan mens sien dat daar op 31 Desember 2007 'n totaal van 19703 Suid Afrikaners op tydelike Visas in Oz was: 56% van almal uit sub-sahara Afrika.

Sensus datum
Aantal persone met tydelike Visas
31 Desember 2006
16517 (6116)
31 Maart 2007
14258 (7270)
30 Junie 2007
13630 (7834)
30 September 2007
13782 (8268)
31 Desember 2007
19703 (8011)

Julle kan sien dat die aantal tydelike visa houers baie gewissel het deur die jaar soos wat die aantal besoekers wissel, maar ek het vir julle die 457 visa houers in hakies na die totale geplaas. Julle kan dus sien dat daar 'n geleidelike toename in tydelike werksvisas was oor die jaar in teenstelling met die wisselvalligheid van die besoekers.

Van hierdie 19703 Suid Afrikaners wat tydelike Visa houers was einde laasjaar hier in Australië, was
  • 9595 besoekers
  • 8812 mense op tydelike werks visas (457 asook ander klasse visas)
  • 350 was hier op studente visas.

Bogenoemde was die aantal Suid Afrikaners wat teenwoordig was op daardie spesifieke tye toe die opname gedoen is, maar as mens egter na die totale aantal Suid Afrikaners kyk wat Australië op tydelike Visas binnegekom het gedurende 'n 6 maande tydperk tussen Julie en Desember 2007, dan sien mens daar was:
  • 31408 besoekers oor 6 maande (en 56022 besoekers in die hele jaar)
  • 5921 wat op tydelike werks-visas ingekom het oor daardie 6 maande tydperk.

Indien daar aangeneem kan word dat die getal wat die land binnegekom het univorm versprei was oor die jaar van 2007, dan was daar 'n beraamde totaal van (2 x 5921) =
11842 wat op tydelike werkspermitte soos die 457 Visa die land binnegekom het

Hoeveel van die 56022 besoekers hier was op LSD "Look See and Decide"toere sal mens nou nie weet nie, dalk was dit familie wat kom kuier het, of dalk mense wat werk kom soek het of op sakereise was.

As ons dan 'n optelsom maak was die totale aantal mense van Suid Afrika wat gedurende 2007-2008 hier aangekom het op tydelike of permanente werks Visas dus om en by gelyk aan
5166 (met PR) + 11842 (op tydelike werks visas soos 457)
= wat vir ons 'n totaal gee van 17008.

Daar het dus in 2007 'n totaal van 17008 Suid Afrikaners hierheen gekom met die doel om hier te kom bly en werk.
Hierdie getal kom neer op so 46 Suid Afrikaners per dag of plus minus 12 families per dag wat hulle heenkome hier in Oz kom soek.

Hoeveel van hulle keer terug?

Wel, volgens die "Emigration 2007-2008" publikasie (p. 14), het daar oor dieselfde tydperk 589 van die permanente Visa houers vanaf Suid Afrika weer Australië verlaat. Dit is so 11 persone per week. As 'n persentasie is dit : 589/5166 = 11% wat of terugkeer, of êrens anders heen gaan.

Nog 'n baie interessante publikasie wat uitgereik is in die afgelope 2 maande is die Australiese menseregtekomissie se navorsingsverslag Face the Facts 2008 wat nou elke jaar die demografiese samestelling van Australie lys asook die lande van afkoms van al die immigrante.

Volgens die verslag het 205 940 mense in 2007-2008 van lande regoor die wêreld permanente verblyfreg (PR) verkry om permanent in Australië te kan bly en werk.
Hiervan het 149365 dit verkry voordat hulle Australië toe gekom het (hulle staan bekend as "settler arrivals") en 56575 dit verkry nadat hulle die land binnegekom het op tydelike visas en toe later vir PR aansoek gedoen het. Die 205 940 was 'n 7.3% toename in mense tussen 2007 na 2008.

Die 149 365 wat PR vooraf verkry het ("settler arrivals / offshore migrants") kan verder opgedeel word in:
  • 65404 (43.8 %) wat dit verkry het as gevolg van hul vaardighede
  • 38404 (25.7 %) was familie van die primêre visa houer
  • 9507 (6.4%) het as vlugtelinge die visa gekry
  • 131 (0.09%) het ingekom omdat hulle a.g.v spesiale kriteria geregtig is daarop
  • 34 491 (23.1%) was New Zealanders wat volgens 'n ooreenkoms tussen die lande daarop geregtig is
  • 1428 (1.0%) wat oud -Aussie burgers insluit

Die 56575 wat as "onshore migrants" bekend staan kan weer onderverdeel word in:
  • 42 065 (74.4%) wat dit verkry het as gevolg van hul vaardighede
  • 12 276 (21.7%) was familie van die primêre visa houer
  • 2222 (3.9%) het as vlugtelinge die visa gekry
  • 12 (0.02%) het ingekom omdat hulle a.g.v spesiale kriteria geregtig is daarop
Oor die jare sedert 1945 het 6.8 miljoen mense van oorsee Australië toe ge-emigreer:
  • 1.6 miljoen van 1946 tot 1960
  • 1.3 miljoen van 1960 tot 1970
  • 960 000 van 1970 tot 1980
  • 1.1 miljoen van 1980 tot 1990
  • >900 000 van 1990 tot 2000
  • >900 000 sedert 2000
Tot en met 1970 mag net mense van Europese lande en afkoms hierheen ge-emigreer het, maar sederdien kom hulle van regoor die wêreld, onder andere is die Top 10 waarvandaan mense emigreer:

Land van herkoms


Persone wat PR kry
in 2007-2008

Brittanje

30 841
New Zealand

27 619
Indië

22 688
Sjina

21 208
Suid Afrika

7762
Filippyne

7382
Maleisië

5139
Korea

4953
Sri Lanka

4824
Thailand

3384

Baie mense kry natuulik eers New Zealand burgerskap, waarna hulle dan na Australië toe kom, dus mag baie van die 27619 mense vanaf New Zealand ook Suid Afrikaners wees.

Hierdie 10 lande maak 66% van die totaal van 205 940 uit. Die res is van 190 ander lande afkomstig.
Die 7762 in hierdie tabel vir Suid Afrika sluit die PR asook die "onshore migrants" in.
Volgens hierdie opname wys dit dat 7762 Suid Afrikaners (waarvan 5166 met PR die land ingekom het en die oorblywende 2596 hulle PR gekry het nadat hulle op tydelike visas hier aangekom het in vorige jare).

Dus...wat die breukdeel van die totale bevolking aanbetref lê oud Suid Afrikaners nog in die 10-de plek, maar wat jaarlikse verkryging van PR betref lê hulle in die 5-de plek in 2008.

As mens nou ook kyk na die aantal immigrante wat Australiese burgerskap in 2007-2008 verkry het (afdeling 2.9), dan is oud Suid Afrikaners voor in die koor. Van die totaal van
121 221 mense wat Australiese burgerskap verkry het in 2007-2008, was:
  • 22% vanaf Brittanje
  • 7% vanaf Indië
  • 6% vanaf Sjina
  • 5% vanaf New Zealand
  • 4% van Suid Afrika


Volgens die voorafgaande Immigrasie "Update" was die aantal "settler arrivals" vanuit Suid-Afrika in:
  • 1992 nie binne die eerste 10 nie
  • 1997 in die 4 de plek (wonder wat het tussen 1992 en 1997 gebeur?)
  • 2002 in die 5 de plek
  • 2005 in die 6 de plek
  • 2006 in die 6 de plek
  • 2007 in die 6 de plek
  • 2008 in die 5 de plek
Nou vra mens jouself ook die vraag: Na watter van die Australiese state gaan die meeste Suid Afrikaners?
Op bladsy 25 van die "Immigration Update 2007" is die bestemmings van Suid Afrikaners wat oor die 6 maande tydperk tussen Julie tot Desember 2007 Australië binnegekom het (en aangedui het waarnatoe hulle gaan) die volgende:
  • NSW (Sydney as hoofstad) = 502
  • VIC (Melbourne as hoofstad) = 292
  • QLD (Brisbane as hoofstad) = 628
  • SA (Suid Australie met Adelaide as hoofstad) = 97
  • WA (Perth as hoofstad) = 576
  • TAS (Hobart as hoofstad) = 8
  • NT (Darwin as hoofstad) = 5
  • ACT (Canberra as hoofstad) = 15
  • TOTAAL = 2123
Die mees populêre bestemmings vir Suid Afrikaners is dus:
  • QLD = 30 % (waarskynlik meestal Brisbane)
  • WA = 27 % (waarskynlik meestal Perth)
  • NSW = 24 % (waarskynlik meestal Sydney)
  • VIC = 14 % (waarskynlik meestal Melbourne)
  • SA = 5 % (waarskynlik meestal Adelaide)
Wat interessant is, is hoe dit verskil van die bestemmings vir alle immigrante, waar die mees populêre bestemmings as volg is:
  • NSW = 32 %
  • VIC = 25 %
  • QLD = 19 %
  • WA = 14 %
Dit vertel vir my net EEN ding...Suid Afrikaners hou van 'n warmer klimaar as die res van die immigrante !

Nog interessante feite is dat
Wes Australië die hoogste persentasie inwoners het wat oorsee gebore is, naamlik 27.14%, gevolg deur
VIC met 23.79%,
NSW met 23.76%,
ACT met 21.71%,
Suid Australië met 20.32 %,
QLD met 17.91%,
NT met 13.76% en
Tasmanië met 10.61 %.

As mens na die volke van afkoms kyk vir die populasie, dan is
37.7% Australërs van afkoms
31.6% Engelse
9.1% Iere
7.6% Skotte
4.3% Italiaans
4.1% Duits
3.4% Sjinees
1.8% Grieks
1.6% Hollands
1.2% Indiërs
0.54% Suid Afrikaans

Nog 'n interessante feit is dat 77.1% van die Suid Afrikaners wat 2 jaar of langer hier op permanente verblyf visas is die keuse maak om Australiese burgers te word. Ons het dus van die hoogste persentasies vir aanvaarding van burgerskap - wat aandui dat ons hier is om te bly.
Die ander is:
  • Grieke 97.2%
  • Viëtnamese 93.7%
  • Filippyne 88.1%
  • Italianers 80.5%
  • Nederlanders 78%
  • Suid Afrikaners 77.1%
  • Duitsers 74.4%
  • Indiërs 67.8%
  • Sjinese 67%
  • Britte 65.9%
  • New Zealanders 39.4%
Wat uitstaan hieruit is dat die mense van Brittanje en New Zealand minder gretig is om Australiese burgers te word as ons.

Kom ons bekyk hierdie statistiek nou bietjie op 'n ander manier:
Meeste Suid Afrikaanse immigrante bereik Australië waarskynlik in 'n Boeing 747-400, wat nagenoeg 390 ekonomiese en besigheidsklas sitplekke het.
As daar in 2007-2008 'n totaal van 17008 Suid Afrikaners hierheen gekom het vir werk, beteken dit daar het 44 Boeing 747's hier kom land in een jaar vol Suid Afrikaners met groot drome. Dis amper 1 per week.
Om die totale getal van 205940 immigrante wat in 2007-2008 hierheen gekom het hier te kry was 'n totaal van 528 sulke Boeing 747's nodig. Dit is 10 per week vir 'n hele jaar.

Dus, om op te som:
As al die permanente settelaars 'n jaar neem om in Boeing 747's hiernatoe te vlieg, teen 'n tempo van 10 vliegtuie per week, sal die totale getal Suid Afrikaanse settelaars maar die laaste 2 weke van die hele jaar in beslag neem...

(Vir almal wat belang stel in soortgelyke sensus data vir Suid Afrikaanse immigrasie na die VSA, gaan kyk gerus na die dokumente van die Amerikaanse departement van "Homeland Security", na hierdie dokument. Asook by die Amerikaanse Sensus Buro na die baie volledige dokument wat elke denkbare maatstaf oor die immigrante vanaf Suid Afrika bevat.)

Tuesday, November 18, 2008

Dankie aan al die lesers

Goeiedag aan al my getroue lesers, waarvan sommige waarskynlik familie is wat aspris baie "hits" op hierdie blog maak sodat ek darem nie te alleen hier voel in Australië nie. Ek sien daar is wragtiewaar al 94 mense ingeskryf op my blog se nuusbrief en dat ek het reeds 21000 besoekers gehad het. Ek voel soms soos ou "Forest Gump", wat net een goeie dag besluit het hy gaan hol, en toe hol hy. Later het hy nie meer regtigwaar geweet hoekom hy hol nie, maar hy het aanhou hol. Almal por hom dan aan met: "Run Forest! Run!" So gebeur dit dan nou ook vandag dat ek my 268 ste blog inskrywing maak! Soms sit ek en dink, en ek belowe julle ek dink hard, sodat ek darem iets sinvol kan kwytraak en julle nie verveel met sinnelose geskryf nie.

Kyk, dis vir my nogal komies...hier is ek, 'n doodgewone ou, en so baie mense volg hierdie blog soos 'n sepie. Meeste van julle ken my waarskynlik nie eens nie, daar is niks spesiaals of uitsonderlik aan my, ek is nie ryk nie, hoofsaaklik onbekend, het nog nooit in 'n fliek gespeel nie, maar ek ek skryf sommer oor ditjies en datjies uit my alledaagse lewe. En daarby is ek nie eens 'n skrywer nie.
My hoofdoel met hierdie blog is egter: om my eie lappie aarde te kan hê waar ek met woorde en gedagtes en prentjies kan boer. Om my liefde vir my taal Afrikaans te kan beoefen, sodat dit nie durf gebeur dat ek die taal van my hart en my gedagtes verloor nie. Om luisteraars te kan hê is natuulik 'n bonus...en dan voel ek nie so "stupid" om opstelle vir myself te sit en skryf nie. Dankie natuulik ook vir Mnr. de Klerk wat by my so 'n liefde vir skryf laat posvat het.

My ander liefdes is natuulik die natuur, en soos julle seker al agtergekom het...om fotos te neem. Kyk, my vrou lag altyd vir my as ek selfs soms my kos afneem...hehe. Ja nee, soos my geliefde skoonma sê: daar is net een soos ek. Hulle moes die gietvorm weggooi nadat ek gemaak is, want al die haakplekke het die gietvorm laat breek.

Nog 'n groot liefde is liedjies, of anders gestel, gedigte wat jy kan sing. Ai, was ek maar 'n digter... Of 'n liedjieskrywer... Maar ek is heel tevrede om my te verlustig in die pragtige woorde wat mense in musiek kan voortbring.

'n Baie besondere lied oor ons taal is "Taal van staal", wat hier deur Leon Ferreira gesing word. "Staalsnaar" is die naam van die skrywer... Kan iemand vir my sê wie hierdie Staalsnaar is?




Hier is die liedjie se woorde

Taal van Staal (deur Staalsnaar)

1
Ek weet jou wêreld is 'n merry-go-round
Ek weet jou hart lê by die lost-and-found
Ek weet die spook van gister spook
In die drome wat jy oor more droom
Ek weet nie hoe ons wêreld sonder jou sou wees nie
Ek vrees nie
Jy's die taal van staal

2
Jy is die een wat in my hart kom lê
Dit is met jou wat ek my sê wil sê
'n Vreemdeling in jou eie land
Jy mag nie terugpraat nie, sê wie?

3
Is met jou wat ek wil droom en dink
Dis jy wat die kinders se oë laat blink
My jeans is blou en my bloed is rooi
My T-shirt is vuil, maar my taal is mooi

4
Ek weet die aarde moet regs om draai
Ek weet dis erg om te sê: koebaai
Ek weet riviere moet see toe loop
En die winter die bome se blare stroop

Herhaal 1

Jy gaan sê jy's sommer net groot bek
Jy't saam gestap, oor 'n berg getrek
'n Pik en 'n graaf in die grond kom steek
'n dorp geplant, 'n stad gekweek

My kart skop vas en my oë kyk noord
Dis hoe dit is en dis hoe dit hoort
Die nuwe dag sê ek is vry
So vat aan my taal en jy vat aan my

Herhaal 4

Ek weet jou wêreld is 'n merry-go-round
Ek weet jou hart lê by die lost-and-found
Ek weet die spook van gister spook
In die drome wat jy oor more droom
Jy's soveel meer as 'n klipmuseum wat op 'n koppie staan
Jy is die held van 'n volk en 'n stem en sy moed
Taal van staal, taal van staal

Herhaal 4
Herhaal 1


So 'n bietjie nuus hier van ons kant af is dat ek en my vrou hierdie maand 12 jaar lank getroud is. Ek het haar op 4 April 1996 gevra om met my te "kys", en dis waar alles begin het. Min sou ek geweet het ons sou ons vandag in Australië bevind. Dit was die 12 beste jare van my lewe. Die volgende 54 lê nou voor... Ons het onsself bietjie bederf en "My Fair Lady" by die Theatre Royal in die stad gaan kyk. Die bekende akteur Richard E Grant (wat in Swaziland gebore is), speel daarin. Soos julle in die link sal kan sien, het Richard Grant Esterhuysen al in 'n magdom produksies en films gespeel.

Dit was 'n uitsonderlike belewenis en hoogs aan te beveel!! Hier is 'n video van "The rain in Spain" toe dit nog deur Audrey Hepburn in die outydse fliekweergawe daarvan gesing is.

Verder is ons nog fris en gesond. Dit gaan goed by my werk en ek is weer aan die boonste sportjie van my spreekwoordelike leer, nadat ek die leer na 'n ander muur moes verskuif. Dit is nou nie regtig met verwysing na hoeveel geld ek kry nie...eerder hoeveel raad almal my kom vra.

Die somer sluip nader en ons was die naweek vir so 'n kort rukkie by die see, alhoewel dit maar deesdae weer baie hier reën. Ons is baie dankbaar vir die reën, want daar was 'n hele rits baie warm dae gewees hier in Sydney. Hier is so 'n paar fotos van die rose voor in die tuin wat ek geneem het voor en nadat dit gereën het.

Jy kan sommer sien hoe die reën oor Dural uitsak. Hierdie foto het ek by die McDonalds geneem.

Kyk net hierdie reëndruppels op die roos se kroonblare.




Verder het ons verneem dat Brisbane Sondag die ergste storm in 25 jaar gehad het en groot dele is rampgebied. Daar was 100 000 huise sonder elektrisiteit en meer as 3000 huise is onbewoonbaar. Hier is so 'n paar fotos van die verwoestende storm. Daar is ook fotos wat deur mense ingestuur is. Hier by ons in Sydney is dinge darem rustig.

Verder gons dit behoorlik vandag in Sydney. George street in die stad is al heeldag gesluit in afwagting vir die groot Premiëre van die fliek "Australia" waarin Hugh Jackman en Nicole Kidman (beide Aussies van geboorte) in speel. Dit handel oor die lewe in Australië en die gebeure rondom die bomaanval deur Japan op Darwin gedurende die 2e wêreldoorlog. Dit is 'n epiese liefdesverhaal soos dit beskryf word. Daar is 'n rooi tapyt...die werke. Dit was vannaand op Channel 9 uitgesaai. Ons pleps kan dit egter eers volgende Woensdag sien as dit offisieel vrygestel word.

Hier is 'n voorsmakie van die fliek (of flick soos dit ook in Oz gebruik word):


A Clip from Australia – Starring Nicole Kidman and Hugh Jackman - Click here for more home videos
Dis soos die Pearl Harbour van Australië.

Volgens baie die grootste Aussie fliek sedert "The man from Snowy River", wat gebaseer is op die gedig van A. B. (Banjo) Patterson, wat ook die skrywer van Waltzing Matilda is. Ek weet nie of baie van julle geweet het nie, maar daar is 'n foto van Banjo Patterson op die 10 dollar noot:

As julle op die foto kliek en baie mooi kyk, sal julle aan die onderkant van die gesig van Banjo, die woorde "THERE was movement at the station, for the word had passed around
That the colt from old Regret had got away," sien, wat ook die eerste vers is van die gedig. Interessant ne? Daar is 'n baie goeie bloginskrywing hier met die hele gedig van Banjo Patterson en die boek gebaseer op die gedig.

Hier is 'n uittreksel van tonele uit daardie fliek (waarin die gedig voorgelees word):


"THERE was movement at the station, for the word had passed around
That the colt from old Regret had got away,
And had joined the wild bush horses — he was worth a thousand pound,
So all the cracks had gathered to the fray.
All the tried and noted riders from the stations near and far
Had mustered at the homestead overnight,
For the bushmen love hard riding where the wild bush horses are,
And the stock-horse snuffs the battle with delight."

Ek het die audio boek (wat gebaseer is op die gedig) deur Elyne Mitchell laasjaar op die trein geluister. Ek het die CDs by die biblioteek uitgeneem. Gaan soek vir "The man from snowy river" by die biblioteek.

Verder kan julle al die inskrywings van die "We love Sydney" fotokompetisie gaan besigtig.

Groete tot volgende keer. Dankie dat julle hierdie blog lees.

Thursday, November 13, 2008

So 'n paar bekende Australiese liedjies

Vir baie mense wat oor land en see gekom het om Australië as hul nuwe tuiste aan te neem, is daar 'n paar liedere wat die gees van die nasie vasvang en hulle met trots vervul - dit wat hierdie klein lappieskombers nasietjie oor slegs 200 jaar bereik het.




Die Aussie volkslied

Australians all let us rejoice,
For we are young and free;
We've golden soil and wealth for toil,
Our home is girt by sea;
Our land abounds in Nature's gifts
Of beauty rich and rare;
In history's page, let every stage
Advance Australia fair!
In joyful strains then let us sing,
"Advance Australia fair!"

When gallant Cook from Albion sail'd,
To trace wide oceans o'er,
True British courage bore him on,
Till he landed on our shore.
Then here he raised Old England's flag,
The standard of the brave;
With all her faults we love her still,
"Brittannia rules the wave!"
In joyful strains then let us sing
"Advance Australia fair!"

Beneath our radiant southern Cross,
We'll toil with hearts and hands;
To make this Commonwealth of ours
Renowned of all the lands;
For those who've come across the seas
We've boundless plains to share;
With courage let us all combine
To advance Australia fair.
In joyful strains then let us sing
"Advance Australia fair!"

While other nations of the globe
Behold us from afar,
We'll rise to high renown and shine
Like our glorious southern star;
From England, Scotia, Erin's Isle,
Who come our lot to share,
Let all combine with heart and hand
To advance Australia fair!
In joyful strains then let us sing
"Advance Australia fair!"

Shou'd foreign foe e'er sight our coast,
Or dare a foot to land,
We'll rouse to arms like sires of yore
To guard our native strand;
Brittannia then shall surely know,
Beyond wide ocean's roll,
Her sons in fair Australia's land
Still keep a British soul.
In joyful strains the let us sing
"Advance Australia fair!"


I Am Australian...and from all the lands on earth we come


I came from the dreamtime, from the dusty red soil plains,
I am the ancient heart - the keeper of the flame,
I stood upon the rocky shore; I watched the tall ships come,
For forty thousand years I'd been, the first Australian.

Chorus:

We are one,
but we are many,
And from all the lands on earth we come,
we share a dream,
And sing with one voice,
I am, you are, we are Australian.

Verse 2:
I came upon the prison ship bound down by iron chains,
I cleared the land, endured the lash and waited for the rains.
I'm a settler; I'm a farmer's wife,
On a dry and barren run,
A convict then a free man, I became Australian.

I'm the daughter of a digger, who sought the mother lode,
The girl became a woman on the long and dusty road,
I'm a child of the depression; I saw the good times come,
I'm a bushy, I'm a battler, I am Australian.

Chorus

Verse 3:
I'm a teller of stories; I'm a singer of songs,
I am Albert Namatjira, and I paint the ghostly gums,
I am Clancy on his horse; I'm Ned Kelly on the run,
I'm the one who waltzed Matilda, I am Australian.

I'm the hot wind from the desert; I'm the black soil of the plains,
I'm the mountains and the valleys, I'm the drought and flooding rains,
I am the rock; I am the sky, the rivers when they run,
The spirit of this great land, I am Australian.

Chorus


I still call Australia home



I've been to cities that never close down
From New York to Rio and old London town
But no matter how far
Or how wide I roam
I still call Australia home.

I'm always travelin'
And I love bein' free
So I keep leavin' the sun and the sea
But my heart lies waiting over the foam
I still call Australia home.

All the sons and daughters spinning 'round the world
Away from their families and friends
Ah, but as the world gets older and colder
It's good to know where your journey ends.

And someday we'll all be together once more
When all the ships come back to the shore
Then I realize something I've always known
I still call Australia home.

No matter how far
Or how wide I roam
I still call Australia home.







Waltzing Matilda



Once a jolly swagman
Camped by a billabong,
Under the shade
Of a coolibah tree.
And he sang as he watched
And waited 'till his billy boiled,
"You'll come a-waltzing
Matilda with me!"


2.

Down came a jumbuck
To drink at the water hole.
Up jumped the swagman
And grabbed him with glee.
And he sang as shoved
That jumbuck in his tucker bag,
"You'll come a-waltzing,
Matilda, with me!"


3.

Down came the stockman,
Riding on his thoroughbred;
Down came the troopers,
One, two, three.
"Whose the jolly jumbuck
You've got in your tucker bag?"
You'll come a-waltzing,
Matilda, with me.


4.

Up jumped the swagman
And sprang into the billabong.
"You'll never take me
Alive!" cried he.
And his ghost may be heard
As you pass the billabong,
"You'll come a-waltzing,
Matilda, with me!"


Waltzing Matilda,
Waltzing Matilda,
You'll come a-waltzing,
Matilda with me.
And he sang as he watched
And waited 'till his billy boiled,
You'll come a-waltzing,
Matilda, with me.


Waltzing Matilda,
Waltzing Matilda,
You'll come a-waltzing,
Matilda with me.
And he sang as he shoved
That jumbuck in his tucker bag,
"You'll come a-waltzing,
Matilda, with me!"


Waltzing Matilda,
Waltzing Matilda,
You'll come a-waltzing,
Matilda with me.
"Whose the jolly jumbuck
You've got in your tucker bag?"
You'll come a-waltzing,
Matilda, with me.


Waltzing Matilda,
Waltzing Matilda,
You'll come a-waltzing,
Matilda with me.
And his ghost may be heard
As you pass the billabong,
"You'll come a-waltzing,
Matilda, with me!"

En...moet ook nie die volgende komiese liedjies van Rolf Harris vergeet nie - hy is al sinoniem met Australië


Tie Me Kangeroo Down Sport


Rolf Harris - The Court Of King Caractacus



Wednesday, November 12, 2008

Kwel jou nie oor die dag van môre nie, want elke dag het genoeg van sy eie kwaad...

Ses en dertig jaar. Net soveel tamaties as wat daar in 'n All Gold bottel tamatiesous is...

Een tamatie vir elke jaar wat ek nou al op hierdie groot klip rondloop (...ek het vroeg begin opstaan teen goed... ;-)

Dis hoeveel jare ek nou al die voorreg het om mens te wees, om die vryheid te smaak om my eie identiteit uit te leef, om foute te maak, om te leer uit my foute, om lief te hê, om lief ge-hê te word, om geluk te ervaar, om hartseer te wees, om rus te ervaar, maar ook om hard te moet werk om enigsins iets te kan bereik...die lewe skuld mens mos niks.

Daar is so baie dinge wat mens deur moeitevolle ondervinding in hierdie aardse bestaan leer. Soos 'n marathon atleet spring mens met 'n spoed weg in jou jongmens dae...die lewe wink, die onbekende wag...wie weet watter van jou drome sal waar word...net die tyd leer jou. Aanvanklik dink jy mos jy kan die wêreld alles wysmaak, van waar jy op die grasperke voor Merenski biblioteek as ledige student tob oor "belangrike" vraagstukke en met ander studente redeneer oor "die lewe en die dood".

Dan...na heelwat jare kom jy agter dat jy, soos die oorgrote meerderheid van die mensdom, meeste van jou wakker ure moet spandeer om in die basiese behoeftes van jou en jou familie se bestaan te moet voorsien. Jy kom agter, dat, gee nie om HOE INTERESSANT OF BELANGRIK 'n WERK MAG VOORKOM OP 'n WERK-ADVERTENSIE NIE...dat alle loopbane maar een doel het: om die ratte van die wêreldekonomie-masjien aan die draai te hou. Hetsy dit is om die wiel te draai, of om die werkers wat die wiel draai geolie en gesond te hou. En ons almal neem elke dag vlytig hieraan deel, want die teendeel sal vir ons almal 'n gewisse hongersnood in werking laat tree, met bykans onmiddelike effek, want die pas van die hedendaagse samelewing is geskoei op die voorbeeld van 'n arbeidsame mierkolonie. Elkeen het sy rol om te speel. Ons is nou interafhanklik van mekaar en net soos 'n netwerk tonnels in 'n miernes verbind, vorm geld die kanale waarlangs lewensmiddele van ander kontinente oor see en land na ons beweeg en ons aan die lewe hou. So werk almal om hierdie geld aan die vloei te hou...en as dit ophou vloei of verstop raak...dan noem ons dit : RESESSIE (MIERNES KONSTIPASIE).

Ek is soms verbaas oor die hoeveelheid werk wat hierdie vlytige Aussie miere in hul dag kan pas. Hierdie mense kan werk hoor. As "komper-ingenieur" sit ek baie oggende en kopkrap hoe ek sekere rekenaar raaisels gaan oplos - jy word beproef tot op die tippie van jou tegniese talente. Soms maak ek regtig nie kop of stert uit van hoe ek iets moet oplos nie. Dan, na baie sit en sukkel "maak ek die probleem moeg" en kry ek uiteindelik die oplossing. Dan stres mens maar so bietjie. Want sien, jy sit hier in 'n vreemde land, op 'n Aussie tydskaal is jy maar 'n groeintjie in hierdie land...jy wil ook nie hê die mense moet die verkeerde indrukke oor jou kry nie. Netnou netnou dink hulle jy is een van daai mense wat hul graadpapiere oor die Internet bestel het sonder dat hulle ooit 'n boek oopgemaak het... Want as 'n boom geskud begin word, wil jy nie een van die avokadopere wees wat eerste afval nie. Ons baas het hoeka vandag op 'n vergadering gesê: ons maatskappy is nie immuun teen die wêreldwye finansiële krisis nie!

Ek het gelukkig al geleer...hierdie is 'n langafstand resies, jy kry jou "oppe" en jou "affe". Wat ook al na jou kant toe kom...hanteer elke dag net op sy eie. Jy kan net aan VANDAG se uitdagings iets doen, want jy is daar. GISTER is water onderdeur die waterwiel waarmee jy nie meel kan maal nie en jy kan niks uitrig in jou gedagtes aan Môre se probleme nie, want jy is nog nie daar nie. Nou vat ek maar elke dag op 'n slag. As ek in die middae by die stasie in die volgende fotos staan en wag vir my trein...dan los ek die werk by die werk. Dan sien ek uit na die tydjie saam met my vrou en kinders, die mense wat ek saam met my in die toekoms in neem.


Ons beleef 'n baie goeie tyd in ons familielewe. Vanaand was soos meeste aande die tyd wat ek dolgelukkig is. Om lekker te skaterlag oor die gesellige samesyn by die eetkamertafel, om by mekaar uit te vis hoe hulle dag was, om saam met my seun en vrou te kon tafeltennis speel, om in die koel aandluggie saam met my vrou te staan terwyl sy tuin natspuit en die kinders by ons voor in die straat op hul skopfietse ry. Om met die mense wat voor ons huis verbygestap het 'n geselsie aan te knoop, om soms 'n lekker koppie koffie saam met ons vriende te geniet, Om vir my kinders te kon stories lees teen slaaptyd en om dan aan die einde van die dag...hier te sit en blog oor hoe gelukkig ek is om te kan leef saam met die mense wat aan my toevertrou is in hierdie wêreld. Nou is elke dag vir my 'n ete wat ek op sy eie eet, sonder om my te ooreet aan die dag van more...elke dag het net genoeg vir my om te hanteer. Dis maar soos om 'n waatlemoen te eet, eet die rooi deel...en spoeg die pitte uit. En sien al die pêrels in elke dag raak - gryp dit dan met albei hande aan.

"KOM SNY DIE PAPAJA
BREEK STUKKEND DIE SON
OM DIE GOUDGEEL VREUGDE TE RUIK
GRYP BONDELS SWART PÊRELS
UIT DIE SUIKERSOET SKATKIS
VIR DIE NUWE SON SE GEBRUIK" - Laurika Rach

Sunday, November 09, 2008

Jakarandas bloei die lug is pers

(Jakarandas in Pennant Hills)


JAKARANDAS BLOEI


JAKARANDAS BLOEI DIE LUG IS PERS
SKRYF VIR MY 'N SKEMERVERS
VERTEL VIR MY DIE WÊRELD IS GROU
DAN WYS EK JOU OP DIE MÔREDOU

KOOR:
WANT ELKE DAG HET 'N SKATKIS VOL
AS DOUKRISTALLE OP 'N KELKBLAAR STOL
GAAN KYK NA DIE WÊRELD VAN NADERBY
GAAN KYK VIR 'N SLAG WAT JY DAARUIT KRY
JA KYK 'N SLAG WEER MOOI NA DIE
WONDERPERS OOR DIE AARDE RONDGESTROOI

DIS LENTETYD DIE LUG WORD BLOU
LAAT DIE AANDLUG JOU HELP
OM DIE MOOI TE ONTHOU
VERGEET NOU EERS VAN WERK WAT WAG
MAAK JOU OË OOP EN SIEN HOE EK LAG

KOOR

DINK AAN DIE VOËLTJIES WAT NESSIES BOU
DIE VROLIKE ROEP VAN 'N PIET-MY-VROU
SIEN OOK DIE MENSE VIR WAT HULLE IS
SIEN DAT HUL MOOI IS SIEN IN HUL DIE LIG

DINK AAN DIE STRATE WAT BLINK IN DIE REËN
BOME EN GRAS ALLES GROEN OM JOU HEEN
SIEN DAN DIE SON WAT OP 'N DOUDRUPPEL RUS
ERKEN DIS GENADE
ERKEN DAT DIT WONDERS IS

JAKARANDAS BLOEI DIE LUG IS PERS
SKRYF VIR MY 'N SKEMERVERS
VERTEL VIR MY DIE WÊRELD IS GROU
DAN WYS EK JOU OP DIE MÔREDOU

KOOR

Woorde en musiek: Laurinda Hofmeyr



(Jakarandas in West Ryde)





(Jakarandas in Castle Hill)

(Somerstrate)



(Die paadjie verby ons huis)


(Oppad stasie toe)


(Jakaranda in Thornleigh)

Saturday, November 08, 2008

On surf konsternasie by Shelly Beach

Van Swerwer se Daisy

Heloeee....

Hierdie inskrywing is spesiaal vir al die vroukies daar doer in donker Afrika wat dink ons, hier in Springhaasland maak net huis skoon en was wasgoed omdat ons nie "handjies" het nie. Ons doen dit ook, MAAR...ons doen ook ander lekker dinge hier in Springhaasland!

Ek en my tjomsie het ook natierlik vir 'n bietjie pret op die strand gesorg nou die dag, tot almal se vermaak.!! I mean....someone has to do it?? Ons tweekies besluit toe mos ons gat hulle kayak op die see (branders) uitoeffen. Dis mos maar nog altyd vir my 'n droom, om daai groot brander te kan uitry. Man kyk, met die pragstukke (“surfers”) op hul branderplank in ons oog, mik ons vir die branders daar doer agter, want dan wil ons konsuis ook die branders uit ry, met die wind wat in ons hare wapper. Eers was tjomsie skrikkerig om na die groot branders te gaan, want sy is nie so heeltemal gemaklik met die see nie. Neeee, seg sy, die kleiner branderkies sal mos ook doen. Met die gevolg, ons roei laat ons bars en dan teen die tyd wat ons by die brander kom, poeffff hy net so voor ons. Na 'n tyd het ons so bietjie makker geword en met diepe oortyging kon ek tjomsie oorreed dat ons daar na die groot menere toe moet gaan, daar waar die ervare mense is, want kyk an net hoe lekker “surf” hulle. Dis vrek harde werk hoor, jy moenie dink dis maklik om 'n brander te “vang” nie, nope! Jou tydsberekening moet presies wees!! Neeee, seg ons, ons gaan hierdie branders so van die' kant probeer vang, ons roei tot waar dit stil is, dan sluip ons van agter die groot branders in. Sy sien toe lat my siel nie gaan rus voor ek nie 'n groot brander uitgery het nie! Man ek praat van grotes, soos in amper Tsunami grotes, ook net so duskant die haai se bek!

Nou-ja, ons het mooi ons kans afgewag, en toe die meneer van 'n brander aankom, toe weet ons dis nou of nooit. Maar eish...die armpies van ons wil nie so lekker vinnig roei nie, toe ons besef ons moet draai en begin roei, toe woerts....spoel hy tjomsie van die "skip" af, nog voor sy nog kan f&*% sê!! Sien, sy het voor gesit by die snoet van die skip. Maar “not to worry” maats, ek sit nog en met brutale krag draai daai brander die kayak se neusie in die regte rigting, ek kyk strand toe en ek besef hiers dit nou.....wil nog skree "woman over board" maar aits, voel toe hoe ek met die spoed van lig op daai brander is....te lekker, dit voel kompleet of jy sweef....my hare wapper...en toe kliek ek eers mooi, my tjomsie is daar in die diep blou see afgegooi en met die dag ek (fout!) laat ek net om koekeloer waar sy nou is (dalk kan ek nog vir haar wuif!?), dis nou terwyl ek op die kruin van die moewiese brander is.....met die omdraai slag, hak my ou spaainkie in die water en hierts.....daar gat ek....hy dop vir my om en ek trek soos 'n vet uitgedrukte pysie deur die lug.. Gelukkig hou ek kop en besef.....hou net die spaan vas, want as ons die spaainkie vandag verloor is ons in ons kanon in!

Swerwer seg, ons het te lekker konsternasie veroorsaak op die strand.....mense kyk op, almal fluister (hopelik) bekommerd. Nou ja...ek het darem naby die skip (kayak) geland, ek kyk terug en doerrrr sien ek vir tjomsie, haar oge is so groot soos pierangs, haar wangetjies is witter as sneeu! Ai...dit was net vir my so snaaks, die hele petalje, vol adrenalien het ek skoon die "giggels". Kyk, toe daai tjomsie van my vir my en die skip sien, begin sy swem met ‘n vaart, ek vermoed sy sou op daardie stadium vir “Ryk Neethling of die uwe, Stephanie Rice” ‘n “go” kon gee. Ons het gelukkig ook twee deftige lewensredder baadjies aangehad.

Nou moet ons twee meisies daardie "skip" probeer omtiep, want die lê nog omgetiep. Maar aikona, hy wil nie roer nie. Ons hang toe maar soos verlepte waterblommiekies aan die skip, en ha nee a, hier kom die Dude, tjomsie se wederhelf, op sy "boogie bord" aangeswem, maar met 'n spoed hoor. Hy kom red ons!! Met die Dude se hulp, kry ons die skip omgedop. Nou moet ons ons twee lywe weer terug op die skip kry, dis nie so maklik nie hoor. Al wat ek op hierdie stadium kan seg, is dat ons nie baie grasieus kon opklim nie, maar by hook or by crook, ons het dit gemaak!!
Groet van huis tot huis, uit Springhaasland!








Friday, November 07, 2008

Sydney Olympic Park se internasionale onderdak swemstadion

So 'n rukkie gelede het ons besoek afgelê by die Internasionale Swem Stadion by "Olympic Park" wat tydens die 2000 Sydney Olimpiese spele die swem items gehuisves het. Dit is nou oop vir die publiek en toegang kos $20 per familie. Sydney het 'n magdom infrastruktuur wat die nalatenskap is van die 2000 Olimpiese Spele. So baie strukture wat gebou is om die bestes van die bestes vir slegs daardie kort tydjie te huisves, en toe is alles binne 'n maand weer verby.


Hier is so 'n paar fotos wat ek van die swemstadion geneem het van binne...

Die plek het 2 groot olimpiese swembaddens, waarvan die diepte van die een selfs kan verstel word.

Daar is ook 'n onderdak pretpark met "supertubes" die toetie.

Hier is die swembad waarvan die diepte kan verstel word.

Daar is sulke elektroniese "lockers". Jy gooi geld in, tik 'n geheime kode in, en dan kan jy jou waardevolle goed daarin sit tot die tyd verstryk.


Teen die mure is daar sulke plate met die olimpiese swemmers wat presteer het se prestasies op. Julle sal bietjie ondertoe meer van hulle kan sien. Alles is onder dak en die kinders kan heerlik baljaar in die nagemaakte rivierversnellings en glybane.


Kyk, swem is seker DIE sport waarin Australië uitmuntend vaar, en hulle het hulself weer baie goed van hul taak gekwyt hierdie jaar by die 2008 Beijing Olimpiese spele. Hulle het in 6 swemitems goue medaljes behaal, 6 items silwer medaljes en in 8 items brons medaljes.

Van die uitblinkers onder hulle was:

Stephanie Rice
Goue medalje in die Vroue 400m individuele "medley"
Goue medalje in die Vroue 200m individuele "medley"
Goue medalje in die Vroue 4×200m vryslag aflos



Leisel Jones
Goue medalje in die Vroue 100m borsslag
Goue medalje in die Vroue 4×100m "medley" aflos
Silwer medalje in die Vroue 200m borsslag



Libby Trickett
Goue medalje in die Vroue 100m vlinderslag
Goue medalje in die Vroue 4×100m "medley" aflos
Silwer medalje in die Vroue 100m vryslag
Brons medalje in die 4×100m vryslag aflos



Grant Hackett
Silwer medalje in die mans 1500m vryslag
Brons medalje in die mans 4×200m vryslag aflos


Eamon Sullivan
Silwer medalje in die mans 100m vryslag
Silwer medalje in die mans 4×100m "medley" aflos
Brons medalje in die mans 4×100m vryslag aflos


Jessicah Schipper
Goue medalje in die Vroue 4×100m "medley" aflos
Brons medalje in die 100m vlinderslag



Brenton Rickard
Silwer medalje in die mans 200m borsslag
Silwer medalje in die mans 4×100m "medley" aflos



Cate Campbell (net 16 jaar oud)
Brons medalje in die 4×100m vryslag aflos
Brons medalje in die vroue 50m vryslag


Veral die vroue aflosspanne het baie goed gedoen. Hier is Stephanie Rice, Linda MacKenzie, Bronte Barratt en Kylie Palmer nadat hulle die Goue medalje in die Vroue 4×200m vryslag aflos gewen het.




In die volgende foto is Libby Lenton, Jessicah Schipper, Leisel Jones and Emily Seebohm nadat hulle die goue medalje in die Vroue 4×100m "medley" aflos gewen het.


Emily Seebohm (in die voorafgaande foto) is 'n lang meisie. Hier is sy in 'n ander foto:


Dan is Melanie Schlanger, Alice Mills, Cate Campbell and Libby Trickett weer in die volgende foto met hul brons medalje in die Vroue 4×100m vryslag aflos.



Die manne het ook nie so sleg gedoen in die aflosse nie. In die volgende foto is Grant Hackett, Nick Frost, Grant Brits and Patrick Murphy met hul brons medalje wat hulle in die 4x200m vryslag aflos gewen het. Terloops, Grant Brits kom van Suid Afrika af en is in Johannesburg gebore. Sy ma het in 1970 vir Suid Afrika geswem! Hy is van Castle Hill en het skoolgegaan by Oakhill College en swot nou aan Macquarie Universiteit in Sydney.





Wednesday, November 05, 2008

Die Swael-kuif Kaketoe op ons stoep

Toe ons vriende nou onlangs hier gekuier het, het hulle vir ons 'n voël voerbak present gegee. Toe hang ons dit op bo ons stoep. My vrou sit halwe lemoene en voëlkos daarin, want hier is baie soorte voëls.

Nou kry ons elke dag besoek van Groot Vlieënde Hoenders....ek bedoel moewiese groot Swael-kuif Kaketoes. Kyk-die goed is groot! As hulle op jou dak-antenna sit, dan moet jy omtrent 'n ander een kry, want hulle gewig is so veel dat hulle die antenna se stafies skoon mors-af buig. En dis nou nie 'n liegstorie nie. Hulle is baie volop hier in Australië...mens sien hulle oral. Die volgende een een wat ek afgeneem het op die video was omtrent so 40 cm hoog, maar hulle word tot 50 cm.
Hy vat sommer die halwe lemoene so in sy een klou en eet dit uit met sy snawel.



Gaan lees gerug meer oor hierdie indrukwekkende voël. Daar is ook 'n paar hoë resolusie fotos van hulle.

Sunday, November 02, 2008

Sokkiejol in Sydney

Nou ja, so kom nog 'n naweek op sy einde. Hier in Sydney waardeer ons die lekker rus saam met ons familie en kuiers saam vriende so baie elke naweek, want in die week is dit skouer aan die wiel sit, want mens werk hard vir jou brood en botter.

Vrydag was 'n snikhete dag...die kwik het tot 'n hete 36 grade celcius hier in Sydney gestyg...darem net bly ek was in 'n lugverkoelde kantoor.

Saterdagaand was dit toe mos die Sokkiejol wat deur die Sydney Reformed Church gereël is, waarvan ek reeds voorheen geskryf het. Weet nie presies hoeveel Suid Afrikaanse mense daar was nie, maar daar was baie. Indien enigiemand, wat weet hoeveel, hier lees...laat gerus 'n "comment" en vertel ons. Al wat ek gehoor het is dat die kaartjies reeds uitverkoop was en baie ongelukkige laatslapers dit nie kon bywoon nie.

Dit het geloop tussen 19h00 en middernag en vroegaand het die nuwe geslag jong seuns al by die braaivleisvuur gestaan en lekker boerewors gebraai wat almal saam met 'n worsbroodjie geëet het. Met "regte boerewors", nie hierdie funny Aussie wors waarvan geen mens die inhoud kan uitmaak of in jou lyf kan kry nie.

Ons het heelwat ou bekendes gesien, maar ook bekende gesigte van mense wat ons nie ken nie....ek het iemand gesien saam met wie ek al meer as 'n jaar trein-ry elke dag, sonder om te weet dat die persoon ook Afrikaans is...ons lyk mos so baie soos Aussies mens kan nie die verskil sien nie. Toe hoor ek daardie persoon is familie van iemand anders wat ons al 'n rukkie ken...so is ons almal op een of ander manier verbind.

In elk geval...verskoon die swak kwaliteit videos, maar dit was maar bra donker in die saal. Ek het so 2 uittreksels van die sokkie afgeneem, waar tipiese Afrikaanse sokkie musiek gespeel is, van Meisie Meisie, Living next door to Alice, Osbraai op Kromdraai tot Waterloo van ABBA en Liefling van Ge Korsten. Die dansbaan was so vol, dit het amper gevoel of mens parkeerplek soek by die stampkarretjies van die Pretoria skou.


video


Baie pa's het ook met hul dogtertjies gedans, en seuns met hul ma's. Ons was van die bittereinders en het die beste gebruik gemaak van elke liedjie...want mens weet nie wanneer jy weer so 'n geleentheid gaan raakloop nie. Vanoggend het ek wakkergeword met my eie bene vir iemand anders s'n omgeruil....iemand wat in 'n fietsongeluk was...


video


In elk geval, dit was baie lekker.....nogmaals dank aan die feeskommitee. Ons laaste sokkie was nog die een by die Rooihuiskraal feesterrein wat ons buurman Andre' gereël het. Wens jy was hier.

Hier is so 'n paar sonsondergang fotos wat ek Vrydagaand hier in Castle Hill geneem het. Dit was toe half agt in die aand.




Groete...en lekker week vir julle almal !


Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings