Ek het die ervarings vanaf Centurion na Sydney hier geboekstaaf vir die nageslagte. Afrikaanse Pitkos vir die fynproewer. Volg die intriges, die struikelblokke en ook die lekker van die die lewe en kyk na die fotos van die ontdekkingsreis van 'n gewone Afrikaanssprekende boertjie wat sy land verlaat het om dit vir 'n veiliger toekoms in Australië te verruil.
Tuesday, June 16, 2009
Tuesday, June 09, 2009
Ons was gister bietjie by 'n piekniekplek langs die Hawkesbury rivier in die klein dorpie Windsor net hier naby. Het kajak gery en saam met die kinders sokker en vroteier gespeel. Was baie lekker.

Sommige dae, soos laas Vrydag, voel dit net of alles gelyktydig verkeerd gaan by die werk. Soos Murphy dit mos wil hê, kry ons sagteware in Brisbane almal gelyktydig 'n databasis "deadlock" en so sit ek toe Vrydagaand voor die langnaweek tot na 10 uur die aand en sukkel by die werk om dit reg te laat werk. Alles was gelukkig die moeite werd, want toe ons vandag die sagteware met my veranderings oplaai, neem dit, wat voorheen meer as 2 minute geneem het, nou net 5 sekondes!!
My baas was nie net 'n bietjie beindruk nie....

Deur
Rustige Swerwer
op
Tuesday, June 09, 2009
1 boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Sunday, June 07, 2009
Winter snorkel by Freshwater Strand
Ons was gister weer bietjie by Freshwater beach. Ons was lanklaas by die see omdat dit so baie gereën het. Maar na die digte mis hierdie week het alles weer oopgetrek en het ons weer heerlike sonskyn dae. Dus kon ons aan geen beter idee dink as om soveel moontlik vitamine D in the drink op die strand nie. Die see het gister amper soos 'n meer gelyk met die wind minder as 20 km/h.
Omdat die seetemperatuur nogsteeds 21 grade celcius is (warmer as die lugtemperatuur), het ek besluit om my snorkel en duikmasker saam te neem. Ek het nie juis baie seelewe verwag nie, maar het tog 'n paar groterige skole klein vissies gesien. Hier is so 'n paar fotos van gister...
Soos julle kan sien is ek versot op die mooi plantegroei onder die water. Seegras groen, en geelkoper kelp kleure. Kyk ook na die swart "sea-urchins" in die volgende foto. Hulle skelet vorm mos later 'n see-pampoentjie.
Daar was heelwat skole van die volgende klein vissies.

Dan was daar 'n magdom vissies in die volgende skool visse.

Hier is 'n vis besig met sy middagslapie op die rotse onder die water.
Nog so 'n paar koraaldiertjies en seeplante.

Om eerlik te wees, vir my het die water net so warm/koud gevoel soos in die somer.
Hier is 'n video...
Omdat die seetemperatuur nogsteeds 21 grade celcius is (warmer as die lugtemperatuur), het ek besluit om my snorkel en duikmasker saam te neem. Ek het nie juis baie seelewe verwag nie, maar het tog 'n paar groterige skole klein vissies gesien. Hier is so 'n paar fotos van gister...
Hier is 'n video...
Deur
Rustige Swerwer
op
Sunday, June 07, 2009
0
boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Thursday, June 04, 2009
Kom ek vertel julle so bietjie van my dag. Die afgelope tyd reën dit nogal baie hier. Maar dis nie 'n ysige reën nie, nee, soms is dit heel aangenaam. Dis wat ek hou van die Sydney. Dit word nooit ysig koud nie. Sommige oggende dan is dit nog pikdonker wanneer ek opstaan. Dan sous dit buite. Soms lê ek nog so 'n bietjie en luister na die geluid van die reën... en dan sleep ek myself stort toe. Want nog 'n nuwe dag het begin.
Vanoggend was dit weer 'n sprokieswêreld van mis hier in Sydney. Sommige vliegtuie is met 'n paar uur vertraag as gevolg van die digte mis. Baiekeer as die mis so dig word, dan het selfs die busbestuurders 'n moeilike tyd om te sien of daar mense by die bushaltes sit wanneer dit ry.
Hier is 'n paar fotos wat ek vanoggend op my stappie busstop toe geneem het van die mis.

Ek het nou 'n vrouebusbestuurder. Sy is baie puntenerig oor die regte kleingeld. Moenie sommer dink jy kan met 'n $10 noot betaal vir die $3.20 kaartjie nie...
Ook by Pennant Hills stasie het daar 'n digte mis oor die spore gehang. Amper 'n misterieuse prentjie. Jy sien net mis...en dan ewe skielik verskyn daar 'n trein uit die mis....amper soos in 'n droom.
Dit was 'n produktiewe dag by die werk. Het twee baie hardnekkige foute uit ons stelsel se ingewande uitgesnuffel. Middagete was ons na die hotel op die hoek in West Ryde geneem vir 'n lekker ete, sommer net om dankie te sê vir ons harde werk. Ek het sommer sirloin steak en tjips bestel. Mmmm, was sappig. Het oor die State of Origin rugby gesels, oor goedkoop vliegkaartjies, wanneer laas ons ons onderskeie families in Brazilië, China en Suid Afrika gesien het. Oor party se ski-trips in Oz, oor ons onlangse produkvrystelling. Daarna, terug by die kantoor het ek bietjie my baas se vrou met 'n wiskunde vraag gehelp....sy swot nou statistiek en algebra... 'n Lekker koffetjie gehad en verder gewerk tot 16h45. Toe is ek op die trein terug.
Ek het vannaand gym toe gegaan, so bietjie sweet uitgewerk en toe die bus teruggevat huistoe.
Die bus laai my in die aand so amper 'n kilometer van die huis af, af. Dan stap ek in die donker en ruikd ei aandlug van teen daai tyd al gevul is met die reuk van vuurmaakhout in kaggels. Dit ruik amper soos 'n dorpie in die Knysnabos...
By die huis het die pannekoekdeeg al klaar gestaan en ek het vir ons pannekoek gebak en daarna lekker kaneelpannekoeke en maalvleispannekoeke geëet.
Vanoggend was dit weer 'n sprokieswêreld van mis hier in Sydney. Sommige vliegtuie is met 'n paar uur vertraag as gevolg van die digte mis. Baiekeer as die mis so dig word, dan het selfs die busbestuurders 'n moeilike tyd om te sien of daar mense by die bushaltes sit wanneer dit ry.
Hier is 'n paar fotos wat ek vanoggend op my stappie busstop toe geneem het van die mis.
Ook by Pennant Hills stasie het daar 'n digte mis oor die spore gehang. Amper 'n misterieuse prentjie. Jy sien net mis...en dan ewe skielik verskyn daar 'n trein uit die mis....amper soos in 'n droom.
Ek het vannaand gym toe gegaan, so bietjie sweet uitgewerk en toe die bus teruggevat huistoe.
Die bus laai my in die aand so amper 'n kilometer van die huis af, af. Dan stap ek in die donker en ruikd ei aandlug van teen daai tyd al gevul is met die reuk van vuurmaakhout in kaggels. Dit ruik amper soos 'n dorpie in die Knysnabos...
By die huis het die pannekoekdeeg al klaar gestaan en ek het vir ons pannekoek gebak en daarna lekker kaneelpannekoeke en maalvleispannekoeke geëet.
Deur
Rustige Swerwer
op
Thursday, June 04, 2009
1 boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Tuesday, June 02, 2009
So 'n rukkie gelede het ons een Sondag middag sommer besluit om die piekniekmandjie te pak en bietjie te gaan stap by die Barrenjoey vuurtoring naby Palm beach. Dit was 'n kort maar stewige stappie tot op die kop, maar die uitsig was die moeite werd.

Dit is net die plek om 'n sonsondergang aan die Ooste van Australië te besigtig. Die water is so kalm soos 'n meer.

Op 'n ander noot...sommige van die Aussie TV advertensies is nogal snaaks. Hierso is so 'n paar...kyk of julle dit snap.
Op 'n ander noot...sommige van die Aussie TV advertensies is nogal snaaks. Hierso is so 'n paar...kyk of julle dit snap.
Deur
Swerwer
op
Tuesday, June 02, 2009
1 boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Subscribe to:
Posts (Atom)
e-pos Intekenaars
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
-
So ja... die slag is gelewer en die feesseisoen is op 'n einde. Dit was 'n baie aangename afgelope twee langnaweke hier in Sydney. Ek het ...
-
Ek gaan nou vir julle 'n geheim vertel....maar...sjjjjt...moet dit vir niemand vertel nie...ons wil nie hê die hele wêreld moet van die plek...
-
( Hier is die skakel na die pitkos.blogspot.com inskrywing ) Wonder julle soms wat het van al die mense geword wat hier na hierdie land d...
-
Welkom, o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis: Kersfees kom, Kersfees...
-
Hallo julle. Ek het vandag 'n baie interessante artikel in Beeld gelees. Dit is geskryf deur Bertus de Villiers. Hy werk by die " State A...
-
Ek ly nog so bietjie aan "Jet-lag" (of noem 'n mens dit vlug-vertraging) na 'n hele maand se kuier in Suid Afrika. Dit is seker ook die red...
-
Iets wat julle seker al teen hierdie tyd al agtergekom het van my, is dat ek daarvan hou om dinge uit te werk en te meet...feite maak nie al...
-
( Die skakel na hierdie blog inskrywing ) Ek hoop ons sal eendag weer die Groot "Barrier Reef" kan besoek (in Afrikaans sê mens seker: Wal...