Saam met derduisende Aussies het ons ook hierdie naweek met bewondering gekyk na die dapper Jessica Watson wat voor haar sewentiende verjaarsdag (wat op Dinsdag aanbreek) die solo om-die-wêreld vaart, vroualleen en sonder om by land aan te doen, suksesvol voltooi het. Daar was derduisende mense in Sydney hawe wat haar ingewag het.
Jessica Watson se webtuiste
Hier is 2 videos van haar op YouTube:
Ek het die ervarings vanaf Centurion na Sydney hier geboekstaaf vir die nageslagte. Afrikaanse Pitkos vir die fynproewer. Volg die intriges, die struikelblokke en ook die lekker van die die lewe en kyk na die fotos van die ontdekkingsreis van 'n gewone Afrikaanssprekende boertjie wat sy land verlaat het om dit vir 'n veiliger toekoms in Australië te verruil.
Sunday, May 16, 2010
Hoera vir Jessica
Deur
Rustige Swerwer
op
Sunday, May 16, 2010
0
boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Sunday, May 09, 2010
Fietsrit langs die see - van Clovelly tot by Bondi
Ons het vanoggend besluit om iets spesiaals toe doen vir Moedersdag en het besluit om die fietse op die fietsrak van die kar te laai en af te sit na Clovelly strand. Ons het besluit om van daar af al langs die see op die fietspaadjies te ry tot by Bondi strand. Hierdie roete is deel van GPS 'n fietsroete waarop ek afgekom het op die Internet. Ek het die koordinate na my polshorlosie GPS afgelaai en vrou en kinders het besluit dat ons die roete langs die see vandag met die fietse gaan aanpak. Dit is sowat 6 km vanaf Clovelly tot by Bondi en dan weer 6 km terug. Ons en die kinders het dit baie geniet. Hier is so 'n paar fotos wat ek langs die roete afgeneem het.
Dit wat julle in die agtergrond sien is 'n tamaai begraafplaas regs langs die see...my vrou se oupa het altyd gesê hy wil tog nie so naby aandie see begrawe word sodat sy "juices" met die ander mense se "juices" kan meng nie...
Ons het ook so 'n rukkie die skaatsplankryers by Bondi se eie "skate-park" gesit en gadeslaan...
View Larger Map
Onder is die rotse naby Clovelly Baai oppad na Bronte.
Dit wat julle in die agtergrond sien is 'n tamaai begraafplaas regs langs die see...my vrou se oupa het altyd gesê hy wil tog nie so naby aandie see begrawe word sodat sy "juices" met die ander mense se "juices" kan meng nie...
Derduisende grafte...
Grafte vanaf toentertyd tot so onlangs as 'n paar jaar gelede.
Maar die see is natuurlik pragtig waar dit hier op die rotse breek.
Hierdie graf van 'n tannie wat in 1996 dood is op 'n ouderdom van amper 89 het vandag, op moedersdag, 'n bossie blomme op gehad...darem nog nie vergete nie, al was dit nog haar verjaarsdag, nog haar sterfdag.
Sommige mense is grênd...en kry vir hulle sommer 'n permanente huisie hier by die see...vir hulle hele familie.
Oppad met die afdraande na Bronte Baai.
Bronte baai het die heerlikste groen grasperke waarop die mense hierdie Sondag die dag deurgebring het saam met familie en vriende.
Die volgende foto is geneem by Tamarama strand, die volgende strand na Bronte. Dit is 'n heerlike weggesteekte strandjie met die witste skoon sand. Daar was Volleyball nette opgeslaan en die mense het Strand Volleyball gespeel.
'n Pragtige strand, maar niemand het geswem nie, daar was net 'n paar branderplank ryers in die see - ook geen rooi en geel vlae nie.
Tamarama klink eerder soos 'n naam wat in Nieu Zealand tuishoort...defnitief nie tussen Bronte en Bondi nie!
Die volgende fotos is by Hunter Park net langs Bondi geneem...
'n Baie mooi foto van Bondi strand met baie mense op die strand.
Hier het ons bietjie Switserse roomys geëet en na die see en mense gekyk.
Oppad terug met die glim van die sonsondergang wat weerkaats teen die wolke.
Toe ons daar by Bondi op die fietse gery het, was daar 'n baie talentvolle Graffiti kunstenaar wat met "Airbrush" teen die Bondi Graffiti muur skilderye gemaak het
Ons het ook so 'n rukkie die skaatsplankryers by Bondi se eie "skate-park" gesit en gadeslaan...
View Larger Map
Deur
Rustige Swerwer
op
Sunday, May 09, 2010
1 boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Subscribe to:
Posts (Atom)
e-pos Intekenaars
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
-
So ja... die slag is gelewer en die feesseisoen is op 'n einde. Dit was 'n baie aangename afgelope twee langnaweke hier in Sydney. Ek het ...
-
Ek gaan nou vir julle 'n geheim vertel....maar...sjjjjt...moet dit vir niemand vertel nie...ons wil nie hê die hele wêreld moet van die plek...
-
( Hier is die skakel na die pitkos.blogspot.com inskrywing ) Wonder julle soms wat het van al die mense geword wat hier na hierdie land d...
-
Welkom, o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis: Kersfees kom, Kersfees...
-
Hallo julle. Ek het vandag 'n baie interessante artikel in Beeld gelees. Dit is geskryf deur Bertus de Villiers. Hy werk by die " State A...
-
Ek ly nog so bietjie aan "Jet-lag" (of noem 'n mens dit vlug-vertraging) na 'n hele maand se kuier in Suid Afrika. Dit is seker ook die red...
-
Iets wat julle seker al teen hierdie tyd al agtergekom het van my, is dat ek daarvan hou om dinge uit te werk en te meet...feite maak nie al...
-
( Die skakel na hierdie blog inskrywing ) Ek hoop ons sal eendag weer die Groot "Barrier Reef" kan besoek (in Afrikaans sê mens seker: Wal...
