Die afgelope 2 weke of so het ons so 'n paar keer in die stad 'n draai gaan maak en ek het weer bietjie fotos van Sydney teen skemer en ook in die aand geneem.
Die 12de Junie is ons met die 621 Hills bus stad toe gewees. Die bus stop so om en by 20 minute na elke uur op 'n Saterdag hier by die Oakhill Shops en gaan laai jou dan naby die Queen Victoria Gebou in die stad af. Ons het na die Sydney Vivid vertoning in die stad gaan kyk. Dis nou wanneer hulle Macquarie straat in 'n skouspel van kleur verander deur digitale projektors op die geboue te rig. Ons het toe tot by die Sydney Operahuis gestap en weer laat die aand die 620X bus by presies hierdie plek gekry in Clarence St, net na King St. Dis nogal moeilik om die bus in die aand te kry indien jy nie presies weet waar dit weer verbyry nie. Hierdie bus loop not na middernag. Julle kan ook die 621/620X se tydtable by CDCBus se website kry hier.
Hier is 'n paar baie mooi aand fotos naby Macquarie st.
Gister het ons na die sonsondergang by North Head in die Sydney Harbour Nasionale Park gaan kyk. Mens sien die stad baie mooi van daar af.
Ek het die ervarings vanaf Centurion na Sydney hier geboekstaaf vir die nageslagte. Afrikaanse Pitkos vir die fynproewer. Volg die intriges, die struikelblokke en ook die lekker van die die lewe en kyk na die fotos van die ontdekkingsreis van 'n gewone Afrikaanssprekende boertjie wat sy land verlaat het om dit vir 'n veiliger toekoms in Australië te verruil.
Monday, June 28, 2010
Sydney in die aand
Deur
Rustige Swerwer
op
Monday, June 28, 2010
0
boodskappe (Los 'n boodskap deur hier te kliek)
Skakels na hierdie artikel
| Reaksies: |
Subscribe to:
Posts (Atom)
e-pos Intekenaars
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
-
So ja... die slag is gelewer en die feesseisoen is op 'n einde. Dit was 'n baie aangename afgelope twee langnaweke hier in Sydney. Ek het ...
-
Ek gaan nou vir julle 'n geheim vertel....maar...sjjjjt...moet dit vir niemand vertel nie...ons wil nie hê die hele wêreld moet van die plek...
-
( Hier is die skakel na die pitkos.blogspot.com inskrywing ) Wonder julle soms wat het van al die mense geword wat hier na hierdie land d...
-
Welkom, o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis: Kersfees kom, Kersfees...
-
Hallo julle. Ek het vandag 'n baie interessante artikel in Beeld gelees. Dit is geskryf deur Bertus de Villiers. Hy werk by die " State A...
-
Ek ly nog so bietjie aan "Jet-lag" (of noem 'n mens dit vlug-vertraging) na 'n hele maand se kuier in Suid Afrika. Dit is seker ook die red...
-
Iets wat julle seker al teen hierdie tyd al agtergekom het van my, is dat ek daarvan hou om dinge uit te werk en te meet...feite maak nie al...
-
( Die skakel na hierdie blog inskrywing ) Ek hoop ons sal eendag weer die Groot "Barrier Reef" kan besoek (in Afrikaans sê mens seker: Wal...