Ons avonture in Australie
▼
Sunday, February 03, 2008
"South-Africans, please queue here!"
Ek is Swerwer se "Sheila" - Gaan toe mos vanmiddag om manlief en ons kindertjies se kosblik voorrade te gaan "oppot" by Woolies in Cherrybrook. Maar ai, toe ek my kruideniers so halfpad klaar uitgepak het, onthou ek ek het die melk vergeet. Sonder baie goed kan ons klaarkom, maar beslis nie melk nie! Ek hardloop soos 'n besetene na die melkrak en hol weer terug om nie my plek by die betaalpunt te verloor nie en wat hoor ek!? Die een meisie spot- vra die ander een of sy lekker indruk, die tannie agter haar bevestig vriendelik in Afrikaans dat sy haar permissie gegee het. Natuurlik tjip ek net daar in, en ons almal lag lekker saam omdat al 4 van ons in dieselfde tou gaan staan het, sonder dat ons besef het ons praat almal dieselfde taal, maar dis nie al nie!! Hier antwoord ons tilmannietjie terug in Afrikaans en spot dat hy maar by sy till 'n bordie gaan opsit met die woorde: "South-Africans please queue here!" My hart het sommer so lekker warm kombersie gekry, dit bly darem maar lekker om Afrikaans in Australië te praat! Hiep-hiep....hoera!
My visa aansoek is byna afgehandel dan wag ons en sien wat gebeur. Dan is daar hopelik nog iemand wat Afrikaans daar in die verre Australië kan praat.
ReplyDeleteLekker om ook van Swerwer se "Sheila" te hoor!
ReplyDeleteLekker om 'n bietjie te lees wat Swerwer se "Sheila" te sê het!
ReplyDeleteHi Sheila
ReplyDeleteOns sal graag meer van jou wil hoor. Byvoorbeeld: hoe maklik of moeilik het jy as huisvrou aangepas. Sukkel jy om jou ou resepte te maak omdat jy bv. nie dieselfde bestandele kan kry nie? ens. groete Sheila in waiting