braaivleis en krieket. Hulle doen dit nou wel so bietjie op die 'kul' manier deur net die gas-skakelaar te draai en nie soos ons 'experts' wat dit op 'n kole vuur doen nie. Dan is daar ook natuurlik die see, branderplank-ry en in die son lê om hulself en hul velle gaar te kry. Daar word regoor die land feeste gehou om die voorreg te vier om hier te kan bly. Meer as 13000 mense lê die eed af om hul burgerskap sertifikate te kry (waaronder die bekende sanger en liedjieskrywer Leo Sayer - wat 'When I need you' geskryf het) en in Sydney hawe hou hulle 'n veerboot resies waaraan honderde bote deelneem.
Ons het die naweek maar 'n tjoppie op die braaier gegooi en die naweek hoofsaaklik by die see deurgebring. Vandag op die publieke vakansiedag is ons reeds vroeg by 'n strand gewees wat ons nog nie voorheen besoek het nie: Apex Park, by Mona Vale strand. Dit is deel van die Aquatic Reserve in daardie omgewing. Ons het besluit om vroeg al bietjie ontbyt daar te gaan maak en die dag net rustig te verkeer...weg van die skares.
Hier is die 'manne' besig om die eiers en spek te braai.
Ek het later vir hom gesê: G'day. Happy Australia Day. En dit was vir hom genoeg om dadelik te weet ek is van Suid Afrika... Hoe uniek is ons nie!
Soos ek gesê het...branderry is vir die Aussies baie belangrik en hulle begin hulle kinders al leer balanseer op 'n branderplank terwyl hulle nog in die doeke is....
Natuurlik is daar DUISENDE lewensredders met hulle rooi en geel swempette oral by die strande aan diens en hulle ry gedurig met hulle quad-bikes heen en weer om te kyk of daar nie miskien iemand is wat hulle uit die water kan red nie. Vandag was die grootste gevalle egter sonbrand.
Nog 'n paar interessant gebeure rondom sport hierdie naweek was:
Lekker week vir julle verder.
- Die TOUR DOWN UNDER fietstoer wat in Adelaide plaasgevind het en waaraan selfs Lance Armstrong deelgeneem het. Hier is die kaart van die roete. Allan Davis van Queensland was die wenner.
- Die 2009 Australian Open Tenniskampioenskap in Melbourne.
- En natuurlik het Suid Afrika nou net vir Australië in die eendag wedstryd in Adelaide op Australia Day gewen met met NET 2 kolwers uit teenoor al die kolwers van Australië.
Lekker week vir julle verder.
Dis altyd interessant om van julle wedervaringe te lees. Hoe lank is julle al "down under"!
ReplyDeleteHello Nina, ons is nou al 615 dae hier in Sydney. Ons het 24 Mei 2007 hier aangeland. Ek het my familie laas in Desember 2006 gesien.
ReplyDeletelol, nou watse strooi is dit die met die gas braai ... ;-)
ReplyDeleteSjoe... Jou familie Desember 2006 laas gesien... Nee wat jong ek dink nie ek sal kan oorleef nie al is Aus ook nou hoe lekker...
ReplyDeleteMy man probeer my al vir baie lank oorreed maar ek kan myself net nie insien om so stoksie alleen sonder familie daar te wees nie.
Ek sien julle is nou regte Australiers. Julle braai al tot met gas. Lol!
ReplyDeleteEk braai nog maar op my kole Weber hier in Abu Dhabi. :)