Vandag was weer soos gewoonlik 'n baie besige dag. Tania het my darem by die busstop kom oplaai. Die busroetes het mos so verander dat ek nou amper 1 km ekstra huisstoe stap. Ek het vannaand vir ons pannekoek gebak met suiker en "Dutch cinnamon" soos dit hier bekend staan. Ons het die kaggeltjie gestook en voor die vuur gesit. Nou is die kinders al in die bed, pa lees mos eers elke aand vir hulle,
More oggend het ons maatskappy 'n groot produkvrystelling in Parramatta. Ons werk nou al baie lank daaraan om alles in orde te kry en ek maak daagliks nog foute reg in die stelsel. More moet ek dus ekstra vroeg opstaan. Hoop nie dit reën te hard nie. Brisbane spoel mos amper weg, met die ergste vloede in 30 jaar. Ons gaan 'n ontbyt hê, 50 kliente vir gaste en die nuwe website "lanseer", die toetie.
Al die geloopery....net so wel jy het 'n goeie paar skoene. Vertel ons meer van die vloede. Is dit regtig so erg soos wat ons op die nuus sien?
ReplyDeleteGroete
May