(Skakel na hierdie blog inskrywing)
So 'n rukkie gelede op Sondag 17 Oktober was ons lus om bietjie in die veld te gaan stap. Toe gaan boesoek ons die Wattamolla staproete in die Koninklike Nasionale Park net suid van Sydney saam met ons vriende.
Hierdie keer het ek sommer net lus gehad om julle die verskeidenheid fynbos hier langs die kus te wys. Daar is blomme met die fynste detail.
Hier is so 'n bietjie van die fotos wat ek geneem het.
Aan die einde is daar sommer ook so 'n paar van die rose wat ek in ons tamaai roostuin afgeneem het.