Ons avonture in Australie

Tuesday, August 22, 2006

Swerwers

Swerwers.

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry,
of sy wat eensaam agterbly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een wat reis; die een wat lees;
die enkling op sy slentergang;
of elkeen wat na iets verlang?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet; die een in gees;
die een wat deur die ver land stryk;
of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet;
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?

Koos du Plessis

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.