Ons avonture in Australie
▼
Wednesday, October 04, 2006
Uiteindelik is ek klaar met my RPL dokument
Ek is uiteindelik klaar met die RPL (Recognition of Prior Learning) dokument wat ek vir die Australian Computer Society moet stuur om my kwalifikasies erken te kry. Ek werk nou reeds sedert 31 Augustus volstoom daaraan. Dis omtrent 100 bladsye lank. Wat 'n taak. Ek het dit waarskynlik bietjie oordoen...maar ek wil eerder seker wees dat ek dit kry as om afskeepwerk in te gee. More gee ek dit vir die agent om die kopiee te waarmerk. Dan begin die wagtyd... Hoop maar net dit gaan vinnig.
Goeienaand!
ReplyDeleteHierdie is nie eintlik 'n "Comment" nie, maar ek lees jou blog met belangstel deur, en sal jou graag wil kontak. Ek moet self nou begin met my dokumentasie vir die ACS begin - nie my RPL nie, want ek het 'n Diploma, maar ek moet nog steeds sekerlik 'n lywige dokument instuur .... Het jy dalk enige "tips"?
Groete
Avida Bresler (en Theo, en twee dogtertjies)