Ons het vandag, Maandag 2 April 2007 by Hatmed (naby die hoek van Hilda en Burnett straat in Hatfield) by Dr. Johan Momberg by Dr. Lingenvelder se praktyk. Ons het sommer beide die 457 en die 136 VISAs se mediese toetse gedoen. Die mediese ondersoeke het omtrent R2000 gekos vir my en my vrou en ons 2 kinders. Ons moes duplikaat X-strale neem by die radioloog en dit het R1000 gekos in totaal. Verder was die HIV bloedtoetse by die patoloƫ R217 vir 2 mense. Hierdie dokters is baie vriendelik en ek kan hulle regtig aanbeveel.
Daarna is ons in Pretoria stad in om sommer die "Police Clearance Certificate" aansoeke oorkant die Sanlam sentrum by die polisie se rekords afdeling in te gee.
Good luck met julle trek uit Suid Afrika. Op die ou einde gaan julle nie spyt wees nie. Suid Afrika gaan net erger en erger word en Sydney is 'n amazing city en Australia is 'n wonderlike land!
ReplyDelete