Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
Vergun my tog maar die plesiertjie om hier in my ou hoekie van die kuberkosmos my hart op die skerm vas te pen. Alles wat ek sê is maar net hoe ek die lewe ervaar...my eie beskeie subjektiewe ervaring van alles. Dit verskil waarskynlik van joune. Maar 'n mens se geluk is jou eie verantwoordelikheid...jy kan nie verwag van ander om jou gelukkig te maak nie. Jy maak die keuses...soms moeilike keuses met verreikende gevolge.
Maar wat Australië betref het ons die regte besluit gemaak. Soos wat die dae aanstap raak ons net meer en meer verknog aan die lewe hier. Die mense hier is "nice"! Die plek herinner my soooo baie aan die ou dae. Die persoonlike vryheid wat mens hier ervaar is heerlik. Kyk, ek weet daar bestaan nie 'n Utopia op aarde nie...maar om sonder vrees te gaan BYKANS net waar jy wil is baie lekker. Ons is besig om weer MENS te word hier. Jy weet eers hoe kosbaar iets is as jy dit nie meer het nie, en om dit dan weer terug te kry is soos om 'n tweede kans in die lewe te kry.
Onthou julle nog vir Sias Reynecke en Gert van Tonder se liedjie: Die lewe is mooi
Die lirieke is:
Die lewe is mooi Het jy self al gekyk Na elke faset en na dit wat jy het Ja die lewe is mooi
Die lewe is mooi En wat jy daaruit neem Wat jy soek sal jy vind Wat jy vra sal jy kry Ja die lewe is mooi
En waar jy ook al gaan Lê geluk op jou pad Steek jou hand uit en vat Wat die lewe jou gee
Die lewe is mooi Die lewe het hoop En hoop bring geloof En geloof bring sukses Ja die lewe is mooi
Die lewe is mooi Laat jou oë daarna kyk En volg dan die pad wat loop deur jou hart Ja die lewe is mooi
En waar jy ook al gaan Lê geluk op jou pad Steek jou hand uit en vat Wat die lewe jou gee
Kyk net om jou dan sien jy die skone natuur Vir die diere en plante word daar altyd voorsien
Die lewe is mooi Het jy self al gekyk Kyk na elke faset en na dit wat jy het Ja die lewe is mooi
En waar jy ook al gaan Lê geluk op jou pad Steek jou hand uit en vat Wat die lewe jou gee
Luister maar en dink terug aan daai dae van onskuld...
Sjoe mater, dit klink stunning!
ReplyDeleteJulle het die regte besluit geneem en ek is baie bly vir julle onthalwe. Mens het net een toekoms!
ReplyDeleteJulle het die regte besluit geneem en ek is baie bly vir julle onthalwe. Mens het immers net een toekoms!
ReplyDelete