Vergewe my maar as ek die afgelope ruk so bietjie stil was. Ek het nie altyd juis die "inspirasie" om te blog nie, wat nog te sê om elke dag iets "opwindends" te hê om met die wye wêreld daarbuite te deel as my lewe ook maar net bestaan uit die lot van die gewone werkende Pa.
Iets wat ek gedink het julle dalk sal interessant vind: Wie ins verantwoordelik vir die regering in Aussie land.
Wel daar is 30 ministers, waarvan 26 mans is en 4 vroue.
Dan is daar 2 assistent ministers en 10 parlement sekretarisse (9 mans en 3 vroue.)
Hulle staan as die ministerie span (ministry team) en hul fotos en name is op hierdie bladsy.
Eerste minister: John Howard
Minister van vervoer en omgewingsake: Mark Vaile
Tesourie: Peter Costello
Minister van buitelandse sake: Alexander Downer
Minister van finansies en administrasie: Nicholas Minchin
Minister van handel: Warren Truss
Minister van gesondheid en oud-word ("ageing" ?): Tony Abbott
Prokureur Generaal: Philip Ruddock
Minister van kommunikasie, IT en die kunste: Helen Coonan
Minister van verdediging: Brendan Nelson
Minister van Nywerheid, Toerisme en hulpbronne: Ian Macfarlane
Minister van Immigrasie en burgerskap: Kevin Andrews
Minister van landbou, visserye en bosbou: Peter McGauran
Minister van families, gemeenskaps dienste en binnelandse sake: Mal Brough
Minister van onderwys, wetenskap en opleiding: Julie Bishop
Minister van werksverskaffing en werksplek verhoudings: Joe Hockey
Minister van die omgewing en water hulpbronne: Malcolm Turnbull
Minister van Dienste aan mense: Chris Ellison
Minister van visserye, bosbou en bewaring: Eric Abetz
(Hierdie 2e een is meer toegespits op bewaring en die eerste meer op ontwikkeling van landbou)
Minister van klein sake ondernemings en toerisme: Fran Bailey
Minister van plaaslike regering, gebiede en paaie: Jim Lloyd
Minister van inkomste en assistent tesourie: Peter Dutton
Minister van werksmag deelname: Dr Sharman Stone
Minister van oorlogsveterane: Bruce Billson
Spesiale minister van die staat: Gary Nairn
Minister van beroepsleiding en verdere opleiding: Andrew Robb
Minister van die kunste en sport: George Brandis
Minister van gemeenskapsdienste: Nigel Scullion
Minister van justisie en doane: David Johnston
Minister van oud-word ("ageing" ?): Christopher Pyne
Ek het die vroue in "bold" gemerk. Julle kan ook op hierdie bladsy na 'n lys van al Australië se vorige eerste minsters kyk.
Wat vir my interessant is, is hoeveel ampte gerig is op die welstand van mense. Nogal interessant as mens na die gesigte kyk...dis amper soos om terug te kyk na Suid Afrika se verlede.
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.