Mense...hierdie plek is mooi. Daar is GEEN ingangskoste nie en dit is die ideale plek vir 'n piekniek.
Daar is 'n hele paar mere met eende/swane wat op die water rondswem.
Oral langs die gladde teerpaadjies is groot bome wat die paaie heerlik koelte gee.
Lente is verseker in die lug, want dit het gelyk of die hele Sydney skielik agtergekom het dat dit nou tyd is om weer te begin oefen en om fiks te begin word, want daar was heelwat drawwers, heelwat fietsryers asook mense wat in oefenklere vinnig gestap het deur die park. Hierdie is lyk vir my ook die plek waar die Rollerbladers hulle stokperdjie kom beoefen.
Ek het so 'n video gemaak terwyl ek self deur die park op my nuwe "racing" rollerblades so tussen die bome deur geskaats het...regtig aan te bevele om op 'n "fun" manier oefening te kry.
Waar is die boois wat rondlĂȘ dan?
ReplyDeleteHier sien jy nie werklose mense in parke ronlĂȘ nie, ook niemand wat bedel by straathoeke nie...
ReplyDelete