Ons besluit toe mos Sondag om bietjie te gaan kyk hoe lyk dit aan die oorkant van die water van Palm Beach wat ons voorheen besoek het, aan die westkant van daardie baai. Die plek staan bekend as die "West Head" en dit is maar so 30 km van ons af. Die uitsig is asemrowend en daar is 'n 270 grade panoramiese uitsig bykans al in die rondte. Ons het ons piekniek mandjie gepak en deurgery daarnatoe. Dit is binne in 'n Nasionale Park en oral langs die teerpad wat tot by die punt van die kop loop is daar 'n hele paar grondpaadjies waar 'n mens jou kar kan stop en dan lekker die staproete volg tot aan die rand van die heuwel. Hier is 'n Google Earth kaart van die plek.

Ek het 'n 5778 x 800 foto gemaak van die uitsig, wat julle hieronder kan besigtig deur daarop te kliek.

Dit is die mooiste rustigste plek wat ons nog beleef het hier in Oz.
Daar is heerlike skaduryke piekniek plekke onder bome waar jy 'n pragtige uitsig oor Palm beach se "East Head" kan kry.
Dink julle nie hierdie seiljagte het hulself mooi vir my "opgeline" nie?
Die kinders het dit baie geniet. Hier is 'n foto van my en my 2 kinders wat my vrou van ons geneem het daar...hulle is ons geleende aardse skatte waarvoor ons kontinente sal versit en oseane sal oorkruis (altans HET).
Met die volgende blog...meer fotos...
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.