Ons het vroeg klaargemaak en weer in die pad geval. Hierdie keer na Te Anau in die Suid Weste. Aanvanklik het ons al langs die Wakatipu meer gery. Die pad het nogal baie kronkels op party plekke langs die meer en herinner mens soms aan die kronkels daar by Chapman's Peak in die Kaap. Na die meer ry mens verby honderde groen plase met 'n ongelooflike hoeveelheid skape en beeste. Oral is dit groen, 'n pragtige gesig met die sneeubedekte pieke in die agtergrond.
Op sommige plase het ons ook wildsbokke gesien. Daar was ook 'n Lynnwood Park langs die pad, asook 'n Lynnwood Road. By Te Anau het ons bietjie gaan kyk hoe die seilbootjies op die meer vaar. Ons het die karavaanpark buite die dorpie gekies omdat dit 'n mooier uitsig van die berge en die meer gebied het.
Die strand langs die meer is maar hoofsaaklik 'n klipstrand met ontelbare rivierklippe, maar as gevolg van die wind was daar wel klein branders. Ons het besluit om by 'n koffiewinkel in die dorpie vir ons lekker 'flat white' koffie en toebroodjies te gaan kry. Die mense was baie vriendelik en die kos baie lekker. In die klein supermark het ek sulke klaargemaakte koffie, melk en suiker in 'n 'tandepaste' buisie gesien. Jy voeg net kookwater by. Baie slim vir stappers en mense wat kamp dink ek. Mens kry ook so buisie met kondensmelk. Lyk my hierdie mense weet van lekker kamp!
By die kamp het ons die mooiste uitsig vanuit ons 'campervan' se agterste venster gehad. Dit was soos om die berge op jou agterstoep te hĂȘ! Ek het vir ons lekker tjoppies BBQ gemaak op die gasbraaier en ons het met die son wat sak oor agter die berge die dag afgesluit.
Gaan kyk na die kaart met vandag se fotos, of kyk na die skyfievertoning.
Where do you get this Coffe & Milk product?
ReplyDeletegreets