Ons avonture in Australie

Sunday, December 09, 2007

Ons avonture in New Zealand : Terug na ChristChurch deur Authur's Pas

Sjoe, lyk vir my ons is aan die einde van die avontuur. Ons het vroeg vanoggend vertrek, soos beesmis gemaak en in die pad geval... Wat meer is daar om te sĂȘ. Daar is tonne groen gras in NZ, vrek baie mere vol kristalhelder, wit en blou water, berge vol ys en die mooiste uitsigte wat mens maar voor kan wens. Dit was 'n wonderlike tyd saam met mekaar as gesin, 'n vakansie om vir altyd te onthou! Ons beskou onsself as baie bevoorreg om hierdie plekke te kon sien.

Nou is dit terug na waar ons tuiste is....Sydney, die mooiste stad wat ons ken.

Kyk na ons laaste dag se skyfievertoning of volg die laaste dag se kaart terug tot by die lughawe.

Dankie dat julle die rit so 'surf-surf' saam met ons deurgemaak het.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.