Daar is 'n $550 boete vir eienaars wat nie hulle diere laat "microchip" en registreer nie. ($2200 vir verbode of gevaarlike honderasse)
Voordat 'n hond wat by die stadsraad se hondeskuiling ingeneem is, mag slegs aan die eienaar oorhandig word nadat dit geregistreer en ge-"chip" is.
Dit kos $100 vir die lewenslange registrasie van 'n hond wat nog nie reggemaak is nie, en $35 vir 'n hond wat wel ge-steriliseer is.
Alle eienaars moet binne 14 dae nadat hulle verhuis het, die hond se besonderhede by die diereregister laat opdateer. Dit moet ook gedoen word indien die hond tot sterwe kom. Jy moet hulle binne 3 dae laat weet indien die hond weggeraak het. Die diereregister weet dus presies hoeveel honde (en hoeveel ongesteriliseerde honde) in elke woonbuurt in Australiƫ woon.
Loukie is toe Dinsdag by die Veearts se spreekkamers ge-steriliseer. Dit kos $185. Tesame met dit het ons ook betaal vir die "Rapid recovery plan", wat help dat die hond vinniger bykom na narkose, dit kos $80. Daarbenewens het die veearts sommer 3 van die hond se babatande getrek ($15 per tand). Totaal $290. Na die operasie reik hulle aan jou 'n Sterilisasie sertifikaat uit wat jy aan die Diereregister vertoon sodat jy net $35 in plaas van $100 betaal vir registrasie.
Elke hond het ook 'n volledige immunisasie kaart wat opgedateer word net soos jou kinders s'n. Ons hond het nou al 9 "stickers" op sy inentingskaart vir siektes soos: Distemper, Hepatitis, Parvovirus, Parainfluenza, Bordetella Bronchiseptica, Leptospirosis, Coronavirus en Heartworm.
Nogal heel toevallig het my vrou ook uitgevind dat ons veearts oorspronklik van Kwazulu Natal in Suid Afrika af kom. Sy naam is Dr. Markus Mander (46 Windsor Road, Kellyville, NSW, Tel 02 9629 5288).
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.