Ons het nou net die Australiese weergawe van "Supersterre" gekyk. Dis soos 'n landswye talent kompetisie waar elke Jan-Rap-en-Sy-Maat aan kon deelneem. Australiƫ is baie lief vir allerhande realiteits televisie programme, en hierdie een was nogal 'n groot gunsteling. Dit was op Kanaal 7 uitgesaai en die "Grand Final 2008" finaal se wenner is nou net aangewys. Ek was nogal verbaas oor hoe gou die wenner se video op YouTube verskyn het.
Sy naam is Smokin' Joe Robinson, hy is 'n 16 jarige knaap van Temagog in die noorde van New South Wales, so 430 kilometer van Sydney af. Hy het homself geleer kitaar speel.
Hier is Joe in die finaal wat nou NET op die TV was:
Asook Smokin Joe se optrede in die Semi-finaal:
Hy speel uitstekend kitaar. Julle kan na van sy musiek gaan luister by sy MySpace bladsy en ook gaan kyk na nog 'n paar musiek videos.
Ek is natuurlik versot op sulke musiek asook musiek soos in die klankbaan van Chocolat. Die musiek is deur Rachel Portman gekomponeer.
Hier is so 'n uittreksel....dan kan julle hoor wat ek bedoel:
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.