Die Laggende Koekaburra, soos wat dit alombekend is, is die grootste lid van die Koningvisvanger familie. Hulle word tot amper 45 cm lank, 'n halwe kilogram swaar met 'n snawel van tot 10cm lank. Maar die kenmerkendste eienskap van die voël is natuurlik sy koggellag - gaan vergelyk die klank nou met die' van Zebras, of selfs Hyenas. Geen wonder sy wetenskaplike naam is, Dacelo Gigas nie, want dit klink amper of hy "giggel". Gaan lees gerus oor die interessante Australiese voël by National Geographic se webtuiste waar die foto is.
Hulle is nogal skugter voëls, maar ek kon die' foto van hulle geneem kry op 'n ander geleentheid:
Ek het die volgende video so 'n week gelede agter in ons vorige huis se agterplaas geneem van 'n klomp Koekaburras.
Aan die einde van hierdie video van die Koekaburras is daar weer die baie kenmerkende geroep van die Australiese Magpie.
Hier is nog 'n video wat ek toe van die Magpie se geroep geneem het:
Magpies is nie skaam nie, hulle sal sommer kos uit jou hande kom neem as jy hulle kos aanbied. Hier is so 'n paar fotos van die Magpie van nader...dit lyk amper soos 'n witborskraai. Hulle sal vir etlike minute in die bome sit en gesels met mekaar in die mooiste klanke denkbaar. Hulle is Omnivore, en eet dus omtrent enigiets.
Gaan lees gerus meer oor die Australiese Magpie by Wikipedia.
As julle na nog van die Magpie se kenmerkende geluide wil luister, gaan luister by FreeSound na al die verskillende geluide wat hulle maak. Magpies is so eie aan Australië as Waltzing Matilda en om "G'Day Mate"te sê - daar is selfs Magpies se klanke in "The Black Balloon", wat 'n Australiese film is oor die lewe van 'n doodgewone Aussie gesin wie se lewe ryker gemaak word deur 'n Outistiese kind. Dis 'n film wat mens se hart warm maak...gaan kyk ook na 'n uittreksel uit die film, wat laasjaar uitgeryk is.
Dankie. Synde dat ek 'n kranige voelkyker is, vind ek hierdie inskrywing baie interessant.
ReplyDeleteHallo daar, wil net hoor hoe gaan dit met julle daar aan die anderkant van OZ, lanklaas 'n inskrywing gehad. Geniet julle nog die nuwe huis en nuwe omgewing?
ReplyDeleteDie voëls is pragtig, ek het n paar Galahs wat kom kos soek hier en die see meeue is ook volop. Sien uit na jou volgende inskrywing, groete vir die gesin.