Het gedink om julle op hierdie artikel te wys om die krisisafmetings van die behuisingtekort in New South Wales te benadruk. Dit mag dalk nou bietjie negatief klink, maar ek wil net hê julle moet bewus wees hiervan...
Karavaanparke in NSW is besig om oorlaai te word deur mense wat geen ander heenkome kan kry behalwe om in karavane in te trek nie.
"whenever there was an open house for a rental home the queues stretched down the block."
Ek wil dit waag om te sê: Moenie Aus toe kom sonder dat jy verseker is van 'n huis nie. Kyk, 'n werk is belangrik, maar 'n plek om jou kop neer te sit net so belangrik.
Dit is nie die KOSTE van huur juise wat die probleem is nie, want dis steeds ver onder 'n verbandpaaiement om te huur, dis die BESKIKBAARHEID van 'n huis, hoe duur jy ook al bereid is om te betaal, of hoe armsalig jy ook al bereid is om te leef.
Jammer om julle te laat stress, maar ek het gedink julle behoort dit net in ag te neem. Hier is 'n ander berig wat meer optimisties is oor die toedrag van sake.
ReplyDeleteOns was gelukkig genoeg om ons huis in Perth te kry - nadat die vorige opsie onder ons neuse verdwyn het. Gebed is al wat help!
ReplyDelete