Een van die kategorie in die "V8 Supercars" is die V8 Utes - kyk na hul website. Julle kan daar na videos van kragmetings gaan kyk. 'n UTE is natuurlik die afkorting vir 'n Bakkie / "Utility vehicle" hier in Australië - en glo my sommige manne kyk baie mooi na hul UTE's. Hulle behandel dit soms soos hul vrou...en dit word met allerhande "accessories" verbeter en opgegradeer. Dink net - hierdie bakkies het dubbel soveel silinders soos 'n gewone kar en daarby word dit nog op elke denkbare manier woema gegee.
Een van die Australiërs wat sy UTE motorsport baie ernstig opneem is Andrew Fisher. Hy ding mee in die V8 Super UTE kategorie. Hier is hy in aksie in sy V8 Super Ute.
Andrew het besluit om sy geloof deur middel van sy V8 Ute aan skoolkinders dwarsoor Australië uit te dra. Sy hoof-borg is die Bybelgenootskap van NSW en Jesus is sy Banier.
Die, "Jesus, All About life" program, is 2 September in Sydney geloods. Hier is Andrew besig om mense toe te spreek.

Tydens motorwedrenne is sy V8 Ute duidelik herkenbaar. Hier is 'n foto uit die Sydney Morning Herald artikel: "Beaut Ute goes for Jesus" asook in die Brisbane Times.
Sy getuienis. Hoekom hy Jesus as sy sponsor gekies het.
Hier stem ons gesin heeltemal saam, V8, gaan groot of gaan huistoe.
ReplyDeleteVandat ons in Aus geland het, het ons monde behoorlik oopgehang vir die V8 power, eerste ruk behoorlik ons nekke omgedraai as jy daai vroooooom hier van skuins agter hoor. Manlief skaf toe sommer self ook die SSV8 holden aan. Dankie vir die post, my sus se 4jarige sal in sy element wees om te sien liewe Jesus is deel van V8's ook.