Naby die Chinaman se strand, is daar 'n uur lange staproete wat die "Scribbly Gum" roete genoem word. 'n Scribbly Gum (Eucalyptus haemastoma) is 'n soort Eucalyptus boom met 'n klomp "scribbles" op sy bas. Dit is die natuur se weergawe van Graffiti. Dit word veroorsaak deur 'n klein grys mot se larwas. Die mot boor 'n gaatjie deur die scribbly gum se bas wanneer dit nog die boom bedek en lê sy eiers onder die bas. Wanneer die mot se eiers dan uitbroei, dien die bas as beskerming en die larwas eet hul "graffiti" oral oor die boom onder die bas. Wanneer die eucalyptus boom dan sy bas verloor omdat die stam rek en groei, dan bly hierdie vreemde gekrap/"scribbles" op die bas agter, wat vir ons lyk soos insek graffiti.
Hier kan julle so 'n scribbly gum sien.
Die volgende foto het ek geneem van die swaardgras wat oral langs die roete gevind kan word. Dit lyk baie soos die swaardgras wat ek in Suid Afrika gesien het. Die volgende rooi en geel blommetjies van so 2 cm groot groet op hierdie swaardgras.
Hier is 'n foto van 'n paar insekte wat baljaar op 'n blommetjie.
Ek is seker as jy al in die Drakensberge gaan stap het sal jy die volgende plant herken...dit vervuil mos oral. Dan, wanneer dit uitdroog vorm dit sulke onooglike bruin varingagtige bosse wat jou bene krap as jy daarby verbystap. Hulle is hier ook.
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.