So op die einde van nog 'n jaar besluit ons toe nou mos om bietjie te gaan uitspan by die suidkus. Ons is mos nou weer gerat om sulke ekspedisies te kan uitvoer...soos om in 'n karavaan- of kampterrein te kan gaan bly as ons met vakansie gaan. Op hierdie manier kan mens altyd baie nader aan die see of die natuur kom, omdat meeste karavaanparke hier mos sommer binne in natuurreservate geleë is.
Ons wou al lankal gaan kamp het, want dis hoe ons dit daar doer in die Bosveld of in die Drakensberge gedoen het, maar ons kon tot nog toe nie die tentpenne en kanpvrieskas ingepas kry nie. Ons het besluit om eerder die Suidkus as die noorkus aan te durf: omdat ek dink dat die noordus oppad Brisbane toe meer onvoorspelbare weer en reën het hierdie tyd van die jaar...ek wil ok nou nie met die eerste keer se kamp in Aus sommer in 'n haelstorm of 'n vloed beland nie! En daarby wou ons my skoonma bietjie die plekke soos Jervis Baai gaan wys het waar ons voorheen was. Batemans Baai is net 'n ent verder suid. Oppad soontoe het ons by so 'n paar padstalletjies naby Kangaroe vallei gestop en van die tuisnywerheid se handewerk gekoop.
Om in 'n karavaanpark te kan bly is ook heelwat goedkoper per nag as om in 'n "sjalet" te bly. So het vroulief toe vir ons vir 7 dae bespreek by die Suid Durras Big4 Karavaanpark naby Batemans Baai. Mens word 'n lid van Big4 se klub, en dan kry mens ook nog 10% spaar op die kampfooie.
Ons het letterlik tussen die kangaroos gekamp. Hulle wei dwarsdeur die nag in die kamp. Dan is daar ook Possums wat soos die bobbejane in die bosveld jou kos wil kom steel in die nag, so mens hou maar alles binne in die tent. Voëls is daar volop: kookaburras, swart kaketoes, rosellas, reënboog lorikeets, magpies (hulle kan vir jou nou bedel en "moun" hoor) en poue wat oral rondstap in die kamp en hulle eienaardige geluide maak.
Hier is 'n foto van die "locals": Die kennisgewingbord laat die situasie nogal komies lyk.
In die oggende vroeg word mens deur die kookaburras se aapgeluide begroet en dwarsdeur die dag kan mens die geluid van Magpies hoor. Die gedruis van die see is klokhelder omdat die kamp net agter 'n duin lê met die heerlikste boogey-board strand!
Hier is 'n video van 'n klein kangaroetjie wat uit sy ma se buidel lê en gras vreet...
Ons het daarby ook nog by Depot Beach en North Head Beach gaan snorkel. Veral by North Head was daar uitstekende rotspoele vir snorkel. Nadat ek die effense skrikkerigheid vir haaie afgeskud het, het ek heerlik op die oppervlak van die see die mooi wêreld so tussen 2 meter en 8 meter onder my gelê en betrag. Daar was skole van so 20 visse wat sommer hier digby jou verbyswem. Ook "puffer" vissies en dan weer heelwat groterige visse van so 40cm groot. Hierdie keer het ek nie weer 'n PJ (Port Jackson Haai) gesien nie. Die omgewing is in die Murramarang natuurreservaat en 'n mariene park en dus is daar heelwat vis en seediertjies. Ek het minder "sea urchins" gesien en meer diertjies wat soos koraaldiertjies lyk. Hier is die presiese posisie by North Head waar ek gesnorkel het en ook by Depot Beach. Daar is heelwat kelp en 'n magdom skulpe onder die water by North Head strand.
Een aspek van kampeer by 'n karavaanpark wat die kinders baie geniet is al die maats wat hulle ontmoet. Elke aand wys die park vir die kinders fliek op 'n grootskerm TV naby die klimrame. Dan vergader al die kinders bymekaar en mens weet omtrent nie van hulle nie - kom eers tent toe as hulle begin honger word. So ontmoet mens dan ook weer nuwe mense, want die ander kinders kom vra of ons spruite saam met hulle kan "beach" toe gaan. Daar was mense van Wollongong, Sydney en selfs ander oud-Durbaniete wat nou in Albury bly. Oral waar ons kom ontmoet mens Suid Afrikaners, want ons het baiemaal dieselfde belangstellings en dan kuier ons te lekker...soos ou vriende. Daar is omtrent 'n klomp nasies...regs van ons was 'n hele familie Duitsers (seker op vakansie van oorsee af, want self die kinders praat net Duits met mekaar), 'n familie rou Franse links van ons, ander Suid Afrikaners en Aussies van Sydney.
Ons het die week by die see werklikwaar baie geniet. Ek en my seun het saam die branders gery, want ek het vir hom ook 'n klein wetsuit gekoop. Hy kry nou al die boogey-boarding goed reg.
Ek het vir julle die fotos opgelaai wat ek geneem het van die week. Julle kan ook met die link na die fotoalbum gaan. Geniet.
Hoe algemeen is dit nie op Suid Afrikaanse paaie om motors met "Venter" sleepwaens agter hulle te sien nie. Dis so volop soos swaeltjies in die somer. En hoeveel kampeerplekke het ons nie met ons ou sleepwa in Suid Afrika besoek nie! Die kenmerkende toe-deksel sleepwa met sy vaartbelynde "nose-cone" het so getrou soos 'n troetel brakkie altyd oral waar ons heen geswerf het agterna gekom.
Volgelaai met alles wat die kamplewe so bietjie gemakliker sou maak. 'n Kamp vrieskassie (wat werk op gas, battery en krag) is natuurlik 'n MOET, asook 'n lekker seil tent wat mens koel kan hou in die somer en droog en warm in die winter. Voeg daarby so 'n paar opblaas matrasse wat enige lappie harde grond in die Drakensberge in 'n Sealy nagrus kan verander en so 'n paar Campmaster seil kampstoele waarop jy vir ure die veld kan sit en gadeslaan na 'n moeisame stap deur die Magoebaskloof bosse terwyl jy aan 'n stukkie Olifantsbiltong sit en suig (wat jy natuurlik die vorige dag naby die Phalaborwa hek vir jou bekom het toe jy jou twee voortande daarvoor verruil het). 'n Gasstofie om te sorg vir 'n lekker koppie koffie uit 'n blikketel in die oggende as die son sy kop vaak-vaak uisteek onder die kameeldoringbome.
Ons het oor die jare al so 'n klein opslagplek bymekaargemaak van kampeergoed, en toe ons hier na Sydney toe gekom het, toe het die meeste van die goed natuurlik saamgekom...alles behalwe ons toe-deksel sleepwa! Snik. Dit het natuulik die gevolg gehad dat meeste van ons kampgoed net so agterweë gelaat is in die Buddulphs bokse. My ou kampbeker het nou al amper 2 jaar in 'n boks vir my gesit en wag, selfs ons tent was tot vandag toe nog net so in die plastiek toegedraai waarin dit in April 2007 toegedraai is...daar het selfs so 'n bietjie Afrika lug ontsnap toe ek die ding vanoggend oopsny!
Wel, om te kan kamp het mens 'n sleepwa nodig wat lank genoeg is vir die tentpale en hoog genoeg is vir ons kamp vrieskassie...want daarsonder gaan ek nêrens nie. Ons het egter met 'n skok agtergekom dat mense hier in Australië nie so 'n gehegtheid aan 'n netjiese vaartbelynde sleepwa met 'n toemaak deksel het nie. Van 'n "nose-cone" het hulle nog nie gehoor nie en meeste van die sleepwaens wat jy hier kan kry is of sulke vlak ysterraam "joppies" wat mens omtrent net kan gebruik om vuilgoed mee weg te ry, of dit is sulke hoë hokke op wiele om 'n tuindienste besigheid mee te begin. As jy vir hulle vra van 'n TOE sleepwa, dan dink hulle dis die soort waarmee mens perde mee rondry. Wel, na ietwat van 'n gesoek het een van ons vriende ons die naam gegee van 'n besigheid wat "Custom" sleepwaens maak. Die besigheid se naam is MARIO TRAILERS. Die' Italianer maak sleepwaens vir elke gier wat mens dalk mag hê. Ek het nou wel nie 'n VENTER nie, maar nou het ek 'n MARIO. En ek moet sê dat ek nie net 'n bietjie ingenome is met my nuwe sleepwa nie, ek voel sommer weer soos 'n man. Want 'n man moet mos 'n sleepwa hê! Dit gee jou daardie selfde gevoel wat 'n ou met 'n bakkie het...so 'n gevoel van vryheid. Want nou kan ek met my eie tent gaan kamp (en nie ten duurste in sjalette gaan bly nie), my eie tweedenhandse meubels langs die straat oplaai, self kaste en goed wat ons gekoop het huis toe bring, my eie gemors wegry en my eie planke by Bunnings gaan koop en huistoe bring!
Omdat ons nou nie 'n V8 ry soos meeste mense nie, het ons 'n "light duty" sleepwa by Mario bestel. Dis een met bietjie dieper kante (om die vrieskas te kan hou), maar sonder 'n staal deksel. Ons het besluit dit vat net ekstra gewig en Mario het gesê hy sal vir ons 'n baie netjiese "canvas" seil maak vir die sleepwa wat met hakies vasgetrek kan word. Maar om te verhoed dat die water kan opdam op die seil, het hy 'n verwyderbare raam onder die seil sodat die water skuins kan afloop van die dakkie. Man...ek is trots op my sleepwa!
Dit het selfs 'n plek vir ons 20 Liter "Jerry" waterkan.
Die seil word netjies met hakies en 'n ritssluiter vasgemaak sodat dit knus oor die sleepwa pas om te verhoed dat daar enige water kan inkom.
Daarby het die sleepwa ook nog LED liggies, want ek onthou nog goed hoe 'n swak aardverbinding die sleepwa se liggies kan laat verdof as jou hoofligte aan is.
Oral rondom die sleepwa is sulke relings wat mens kan gebruik om die sleepwa mee te hanteer en ook om toue om vas te bind. Soos julle kan sien is Mario se mense se vakmanskap baie goed en netjies.
Aan die binnekant is ons sleepwa 52 cm diep, 1.21 meter breed en 1.75 meter lank. Net groot genoeg vir ons behoeftes. Dit het meer volume omdat die goed wat ons saamneem hoofsaaklik ligte goed is, maar wat meer spasie benodig...soos byvoorbeel "boogey boards".
Hier is die verwyderbare raamwerk wat die water van die seil laat afloop.
Die hele sleepwa is binne en buite mooi geverf.
Die agterste kap swaai na onder oop.
Nou kan ek vir die eerste keer my sleepstang gebruik wat ek van die begin af aan die Honda laat aanbring het. Maar ons het intussen darem al die fietsrak se passtuk onder die knop vasgemaak.
Dit is 'n plesier om die sleepwa te haak omdat dit 'n vegvoubare wiel het wat hierdie ou ligte sleepwaentjie soos niks op en af kan draai.
Hier kan julle die 7 punt kragpunt sien. Mens kry die ronde prop ook hier, maar ek hou nogal van hierdie een.
Kry vir julle ook 'n Mario. Die ou is al 20 jaar in die besigheid en hy klink kompleet soos daai gasvrye Italianers in die flieks. Ek vra vir hom hoe ek die sleepwa deur die toets moet kry...nee sê hy vir my "Your job isa justa to pay, and my jopa isa justa to do all the papers. You justa enjoya your holidaya! I will take care of the rest!"
Die jaar lê op sy rug en die tyd van kers kaperjolle kom nader. Dis nou die tyd van die jaar wanneer elke Jan-rap-en-sy-maat die winkelsentrums in vaar vir "shop"-therapy, op soek na daardie adrenalie-"rush" wat verkry kan word deur daardie kredietkaarte tot in die rooi in te "rev" met die vertroosting dat dit mos maar die in-ding is om te doen, dis darem vir 'n goeie doel. Wel, Castle Hill (Kasteelheuwel) is geen uitsondering nie. Net soos wat daar mos altyd sulke vinnige musiek in die restaurante speel wanneer die eienaar die mense vinniger wil laat eet, of soos wat die polsende musiek in die Gym die mense by die "spinning"-klasse aanmoedig, net so por die Jingle-Bells mense aan om hulle sente te laat klingel hierdie tyd van die jaar.
Ek het vir julle so 'n paar fotos in die Castle Hill Winkelsentrum geneem, wat alreeds opgemaak is vir die voorspel tot die verkope.
Hierdie is by die groete en vrugte afdeling op die onderste vloer.
Ek was bietjie daar vir my haarsny. Soos julle kan sien is daar 'n miernes van bedrywighede, baie soortgelyk aan Menlyn winkelsentrum, maar sonder die gewapende rowers by die juwelierswinkels.
Onse Antie Plaas sal hierdie glaswerk interessant vind. Sy maak mos hoeka soortgelyke glaswerk.
Hieronder is die travelators...amper soos by die lughawe. Jy stoot jou trolle daarop, dan sak dit so in die groefies in en dan kan dit nie afgly by die afdraande nie.
Ons buurman het natuurlik 'n ander manier van om in die kersfees gevoel in te kom. Hy het sy huis sommer al vroeg opgedollie met liggies net soos in Brink straat in Wierda Park.
Daar is selfs 'n kersfeesvader wat aan 'n pilaar vasgeknoop is.
Wat ons betref...ons wag nou net vir ons sleepwa, want binnekort gaan ons met ons "Canvas" tent wat al die pad van Suid Afrika af saamgebring is vir die eerste keer kampeer by die suidkus van Nuwe Suid Wallis....
Ek het hierdie week 'n baie unieke geleentheid gehad. Julle weet mos dat ek in die vorige bloginskrywing berig het dat daar laasjaar 'n totaal van 205940 permanente Australiese werkspermitte (visas) aan mense uitgereik is. Van hierdie getal was daar 65404 mense aan wie die Skilled Independent Visa as die primêre applikant toegeken is as gevolg van hul vaardighede.
Die Australiese Departement van Immigrasie en Burgerskap (DIAC) het op 7 November 2008 aan 'n diverse groep van nagenoeg 2500 vanuit hierdie mense aan wie in die laaste 18 maande 'n Skilled Independent visa toegeken is 'n meningsopname vraelys gestuur. Die vrae het gehandel oor die "Parent Migration Visa".
Omdat daar vir al hierdie 205940 mense net 2000 (ja NET tweeduisend) plekke per jaar beskikbaar is op die gewone "non-contributory parent" visa, is daar huidiglik 'n wagtyd van meer as 10 jaar! Dit is hoe lank hulle kan verwag om te wag voordat jou ouers se aansoek eers in ag geneem sal word! Daar is egter 'n ander opsie genaamd die "contributory parent" visa wat oop is vir diegene met baie geld - om hul pad in Australië in te koop. In hierdie klas visa is daar darem 6500 plekke beskikbaar en aansoekers kan verwag om na tussen 18 maande en 2 jaar in aanmerking te kom vir 'n visa. Dt kom egter teen 'n prys: $ 35560 per persoon. Dit werk huidiglik nog uit op sowat: R 231 140 per persoon! Dus, indien beide jou ouers hiernatoe wil kom met hierdie visa is dit dus: R 462 280
Dit is dus te verstane dat hierdie toedrag van sake die gevoelens jeens die Immigrasie Departement laat hoog loop. Jy kom hiernatoe en gee die beste van jou jare en die sweet van jou aangesig, maar jy kan nie eens die mense wat naby aan jou hart lê hiernatoe laat kom nie. Indien jy egter die gewone visa roete volg, beteken dit dat jou ouers vêr gevorderd van jare kan wees voordat hul aansoek eers na gekyk gaan word!
Die immigrasie departement is dus besig met 'n meningsopname onder die permanente visa houers om te hoor wat hul gevoelens is jeens hierdie buitensporige hoë koste van die "contributory parent visa" asook die baie lang wagtydperk om jou ouers hier na Australië toe te kan laat kom op die gewone "non-contributory parent" visa. Baie van julle het dalk ook hierdie vraelyste gekry. Aangesien die aantal Suid Afrikaners wat onder die totaal is sowat 7762 is, is die persentasie wat moontlik so 'n vraelys gekry het (indien dit gelykop toegedeel is aan al die lande), sowat 7762/205940 => 3.78%, wat op 'n totaal van sowat 94 Suid Afrikaners dui. Indien mens sou kon aanneem dat Suid Afrikaners dus sowat 3.78% van die totaal uitmaak (siende dat hulle 3.78% van die primêre applikante is), beteken dit dat die aantal Suid Afrikaners wat hul ouers sal kan oorbring sowat (3.78/100) (2000+6500) = 321 is. Aangesien die primêre applikante (65404/205940)= 31.7 % uitmaak van die totaal, beteken dit daar is 0.317(7762)=2465 primêre "skilled" applikante uit Suid Afrika. Dus is die persentasie wat hul ouers sal kan saambring gelyk aan (321/2465) = 13 %, waaruit 75 reeds 10 jaar gelede aansoek gedoen het en die oorblywende 245 vrek baie geld sou moes betaal.
Julle kan gerus julle kommentaar byvoeg by hierdie blog indien julle dalk ook hierdie vraelys gekry het. Die navorsing is deur 'n groot marknavorsingsmaatskappy behartig.
Nou ja, omdat ons baie sterk voel oor hierdie toedrag van sake het ek toe besluit om my antwoorde aan hulle terug te stuur. Van die inligting wat hulle wou weet was:
Waar ek vandaan kom
Hoe lank gelede ons Australië binnegekom het
Wat my huwelikstatus is
Wat ons totale bruto inkomste is
Of ons 'n ouer het aan wie die permanente ouer visa toegeken is
Of ons daaraan dink om 'n ouer of ouers in die toekoms hiernatoe sal wil laat kom
Wat die ouderdomme, beroepe en lande van oorsprong is van ons ouers
Wat die redes is waarom ons ons ouers hiernatoe sal wil laat kom: Soos ondersteuning van die gesin Om ons kinders se kultuur en taal te bewaar Om ons familie te herenig Vir veiligheidsredes Behoefte aan sorg en ondersteuning Familie verpligtinge
Hoeveel geld ons per jaar sal spaar indien hulle hier by ons sou kon bly
Of ons bereid sou wees om die "contributory parent" visa kostes te betaal indien ons die 10 jaar wagtyd sou wou vermy?
Die beraamde kapitaal wat ons ouers saam met hulle sou bring na Australië indien hulle hiernatoe sou emigreer: van minder as $50000 tot meer as $1 000 000 (get real!)
Watter persentasie van ons inkomste ons oorsee stuur om ons ouers te onderhou waar hule bly
Watter persentasie van ons inkomste ons bereid sou wees om te spandeer om ons ouers hiernatoe te bring
Hoe belangrik dit was om ons ouer/s te hiernatoe te kon bring toe ons die besluit geneem het om na Australië te emigreer.
Hoe lank ons in Australië sal bly indien ons ouer/s ons nie hiernatoe kan volg nie
Hoeveel ons huidiglik per jaar spandeer op kommunikasie kostes met ons oorsese ouers.
Nou ja, van die 2500 persone wat die vraelys ontvang het, en teruggestuur het, het die navorsingsmaatskappy toe minder as 32 mense geselekteer om deel te neem aan 4 fokus groep sessies van 8 persone elk. Twee aande in Sydney en twee aande in Melbourne, waartydens hulle tydens interaktiewe besprekingsessies terugvoer sou kry van immigrante self. Julle kan dus sien hoe 'n UNIEKE geleentheid dit dus vir my was: 32 mense gekies uit 65404 primêre visa applikante! 1 kans in 2044 - dis 'n baie klein kans! (Maar aangesien nie almal hierdie vraelys teruggestuur het nie, is die kans waarskynlik bietjie groter. Die kans om in die 2500 te wees is:1/26, en indien 'n kwart die vraelys teruggestuur het, is die kans sowat (1/19)(1/26) amper 1/500. Nogsteeds 'n klein kans.
Dit was Dinsdag aand. Saam met my was daar persone van ten minste 3 verskillende gelowe en uit verskillende lande. Ek het grappenderwys gesê ons is amper die "United nations". Ons moes elkeen onsself voorstel, die redes gee waarom ons juis Australië gekies het en wat die redes wat waarom ons ons geboorteland verlaat het. Die redes onder die mense het gewissel van korrupsie en armoede tot misdaad in die lande van herkoms. Gou het ek besef daar is baie mense uit ander lande wat dieselfde storie het as ek. Vir almal van hulle was dit baie moeilik om hul familie en vriende agter te laat en almal verlang maar baie. Hulle besoek hulle familie tussen 2 keer per jaar tot 1 keer in 2 jaar en baie worstel met die hoë koste of wagtyd van die "parent" visas. Ons is vertel dat die mense tydens beide sessies dieselfde bekommernisse gehad het. Elkeen van ons is geleentheid gegee om in diepte ons teleurstelling, griewe en voorstelle te gee. Die onderhoudvoerders het fluks notas geneem - notas wat nou hopelik onder die regte oë sal kom en waarvan die immigrasie departement kennis sal moet neem.
Net soos die deurdringende reën wat die afgelope week in sekere dele van Australië geval het die aarde deurweek het met water, dring die besef van die ware toedrag van sake ook na 'n tyd tot mens deur. Die "besef" waarna ek verwys, het betrekking op die ware getal Suid Afrikaners wat hulself in Australië permanent kom vestig. Daar is nie regtig so 'n groot toeloop van Suid Afrikaners na Australië soos wat almal sou verwag nie.
Uit my eie ervaring is daar wel sekere gebiede in Sydney waar die kans groter is om in ander oud-landgenote vas te loop, maar die reël is eerder dat ons maar bra dun gesaai is hier in Aussie land. Mens loop nie sommer elke dag in hulle vas nie. Dit hang natuulik af of jy doelbewus poog om jou net met oud Suid Afrikaners te omring of nie.
Ek het oor die afgelope 2 jaar op heelparty publikasies afgekom wat mens ietwat van 'n idee gee van hoeveel van onse mense hulself hier bevind. Die publikasies strek van 2005 tot 2008. As mens byvoorbeeld na die werklike sensusdata van die Australiese buro van Statistiek gaan kyk, dan blyk die volgende waar te wees:
(Dus...in die 10 jaar van 1995 tot 2005 het 55000 Suid Afrikaners hiernatoe gekom...amper net soveel as wat in die vorige 50 jaar hiernatoe gekom het!!)
Suid Afrika was maar 10-de in die ry naas die volgende lande:
Land
Persone
Brittanje
1 137 400
New Zealand
455 100
Italië
224 300
Sjina
191 200
Viëtnam
177 700
Indië
138 700
Filippyne
129 400
Griekeland
127 200
Duitsland
115 200
Suid Afrika
113 800
Maleisië
100 300
Nederland
87 700
Libanon
85 300
Uit 'n populasie van sowat 21 miljoen, beteken dit dat oud-Suid Afrikaners maar sowat 0.54% van die bevolking uitmaak. Nou nie juis genoeg om oor huistoe te skryf nie.
As mens ook na Zimbabwe kyk dan is die aantal oud-Zimbabwiers 1019 persone. Vanuit die hele Afrika, suid van die Sahara met 'n totaal van 10603 maak Suid Afrika en Zimbabwe dus 58% van die permanente settelaars uit.
Meeste van ons is egter baie duidelik daarvan bewus dat die meerderheid mense vanaf Suid Afrika op 'n tydelike VISA die land binnekom en dan hier in Australië vir PR aansoek doen, daarom kan mens ook gaan kyk na die departement se "Immigration Update" van Desember 2007. Tydelike VISAs val basies onder 3 kategorieë:
Tydelike studente Visas
"Temporary Resident" Visas, soos die 457 visa (maksimum 4 jaar) of 417 visa (werkende vakansiegangers)
Tydelike besoekers (soos toeriste)
Op bladsy 43 kan mens sien dat daar op 31 Desember 2007 'n totaal van 19703 Suid Afrikaners op tydelike Visas in Oz was: 56% van almal uit sub-sahara Afrika.
Sensus datum
Aantal persone met tydelike Visas
31 Desember 2006
16517 (6116)
31 Maart 2007
14258 (7270)
30 Junie 2007
13630 (7834)
30 September 2007
13782 (8268)
31 Desember 2007
19703 (8011)
Julle kan sien dat die aantal tydelike visa houers baie gewissel het deur die jaar soos wat die aantal besoekers wissel, maar ek het vir julle die 457 visa houers in hakies na die totale geplaas. Julle kan dus sien dat daar 'n geleidelike toename in tydelike werksvisas was oor die jaar in teenstelling met die wisselvalligheid van die besoekers.
Van hierdie 19703 Suid Afrikaners wat tydelike Visa houers was einde laasjaar hier in Australië, was
9595 besoekers
8812 mense op tydelike werks visas (457 asook ander klasse visas)
350 was hier op studente visas.
Bogenoemde was die aantal Suid Afrikaners wat teenwoordig was op daardie spesifieke tye toe die opname gedoen is, maar as mens egter na die totale aantal Suid Afrikaners kyk wat Australië op tydelike Visas binnegekom het gedurende 'n 6 maande tydperk tussen Julie en Desember 2007, dan sien mens daar was:
31408 besoekers oor 6 maande (en 56022 besoekers in die hele jaar)
5921 wat op tydelike werks-visas ingekom het oor daardie 6 maande tydperk.
Indien daar aangeneem kan word dat die getal wat die land binnegekom het univorm versprei was oor die jaar van 2007, dan was daar 'n beraamde totaal van (2 x 5921) = 11842 wat op tydelike werkspermitte soos die 457 Visa die land binnegekom het
Hoeveel van die 56022 besoekers hier was op LSD "Look See and Decide"toere sal mens nou nie weet nie, dalk was dit familie wat kom kuier het, of dalk mense wat werk kom soek het of op sakereise was.
As ons dan 'n optelsom maak was die totale aantal mense van Suid Afrika wat gedurende 2007-2008 hier aangekom het op tydelike of permanente werks Visas dus om en by gelyk aan 5166 (met PR) + 11842 (op tydelike werks visas soos 457) = wat vir ons 'n totaal gee van 17008.
Daar het dus in 2007 'n totaal van 17008 Suid Afrikaners hierheen gekom met die doel om hier te kom bly en werk. Hierdie getal kom neer op so 46 Suid Afrikaners per dag of plus minus 12 families per dag wat hulle heenkome hier in Oz kom soek.
Hoeveel van hulle keer terug?
Wel, volgens die "Emigration 2007-2008" publikasie (p. 14), het daar oor dieselfde tydperk 589 van die permanente Visa houers vanaf Suid Afrika weer Australië verlaat. Dit is so 11 persone per week. As 'n persentasie is dit : 589/5166 = 11% wat of terugkeer, of êrens anders heen gaan.
Nog 'n baie interessante publikasie wat uitgereik is in die afgelope 2 maande is die Australiese menseregtekomissie se navorsingsverslag Face the Facts 2008 wat nou elke jaar die demografiese samestelling van Australie lys asook die lande van afkoms van al die immigrante.
Volgens die verslag het 205 940 mense in 2007-2008 van lande regoor die wêreld permanente verblyfreg (PR) verkry om permanent in Australië te kan bly en werk. Hiervan het 149365 dit verkry voordat hulle Australië toe gekom het (hulle staan bekend as "settler arrivals") en 56575 dit verkry nadat hulle die land binnegekom het op tydelike visas en toe later vir PR aansoek gedoen het. Die 205 940 was 'n 7.3% toename in mense tussen 2007 na 2008.
Die 149 365 wat PR vooraf verkry het ("settler arrivals / offshore migrants") kan verder opgedeel word in:
65404 (43.8 %) wat dit verkry het as gevolg van hul vaardighede
38404 (25.7 %) was familie van die primêre visa houer
9507 (6.4%) het as vlugtelinge die visa gekry
131 (0.09%) het ingekom omdat hulle a.g.v spesiale kriteria geregtig is daarop
34 491 (23.1%) was New Zealanders wat volgens 'n ooreenkoms tussen die lande daarop geregtig is
1428 (1.0%) wat oud -Aussie burgers insluit
Die 56575 wat as "onshore migrants" bekend staan kan weer onderverdeel word in:
42 065 (74.4%) wat dit verkry het as gevolg van hul vaardighede
12 276 (21.7%) was familie van die primêre visa houer
2222 (3.9%) het as vlugtelinge die visa gekry
12 (0.02%) het ingekom omdat hulle a.g.v spesiale kriteria geregtig is daarop
Oor die jare sedert 1945 het 6.8 miljoen mense van oorsee Australië toe ge-emigreer:
1.6 miljoen van 1946 tot 1960
1.3 miljoen van 1960 tot 1970
960 000 van 1970 tot 1980
1.1 miljoen van 1980 tot 1990
>900 000 van 1990 tot 2000
>900 000 sedert 2000
Tot en met 1970 mag net mense van Europese lande en afkoms hierheen ge-emigreer het, maar sederdien kom hulle van regoor die wêreld, onder andere is die Top 10 waarvandaan mense emigreer:
Land van herkoms
Persone wat PR kry in 2007-2008
Brittanje
30 841
New Zealand
27 619
Indië
22 688
Sjina
21 208
Suid Afrika
7762
Filippyne
7382
Maleisië
5139
Korea
4953
Sri Lanka
4824
Thailand
3384
Baie mense kry natuulik eers New Zealand burgerskap, waarna hulle dan na Australië toe kom, dus mag baie van die 27619 mense vanaf New Zealand ook Suid Afrikaners wees.
Hierdie 10 lande maak 66% van die totaal van 205 940 uit. Die res is van 190 ander lande afkomstig. Die 7762 in hierdie tabel vir Suid Afrika sluit die PR asook die "onshore migrants" in. Volgens hierdie opname wys dit dat 7762 Suid Afrikaners (waarvan 5166 met PR die land ingekom het en die oorblywende 2596 hulle PR gekry het nadat hulle op tydelike visas hier aangekom het in vorige jare).
Dus...wat die breukdeel van die totale bevolking aanbetref lê oud Suid Afrikaners nog in die 10-de plek, maar wat jaarlikse verkryging van PR betref lê hulle in die 5-de plek in 2008.
As mens nou ook kyk na die aantal immigrante wat Australiese burgerskap in 2007-2008 verkry het (afdeling 2.9), dan is oud Suid Afrikaners voor in die koor. Van die totaal van 121 221 mense wat Australiese burgerskap verkry het in 2007-2008, was:
22% vanaf Brittanje
7% vanaf Indië
6% vanaf Sjina
5% vanaf New Zealand
4% van Suid Afrika
Volgens die voorafgaande Immigrasie "Update" was die aantal "settler arrivals" vanuit Suid-Afrika in:
1992 nie binne die eerste 10 nie
1997 in die 4 de plek (wonder wat het tussen 1992 en 1997 gebeur?)
2002 in die 5 de plek
2005 in die 6 de plek
2006 in die 6 de plek
2007 in die 6 de plek
2008 in die 5 de plek
Nou vra mens jouself ook die vraag: Na watter van die Australiese state gaan die meeste Suid Afrikaners? Op bladsy 25 van die "Immigration Update 2007" is die bestemmings van Suid Afrikaners wat oor die 6 maande tydperk tussen Julie tot Desember 2007 Australië binnegekom het (en aangedui het waarnatoe hulle gaan) die volgende:
NSW (Sydney as hoofstad) = 502
VIC (Melbourne as hoofstad) = 292
QLD (Brisbane as hoofstad) = 628
SA (Suid Australie met Adelaide as hoofstad) = 97
WA (Perth as hoofstad) = 576
TAS (Hobart as hoofstad) = 8
NT (Darwin as hoofstad) = 5
ACT (Canberra as hoofstad) = 15
TOTAAL = 2123
Die mees populêre bestemmings vir Suid Afrikaners is dus:
QLD = 30 % (waarskynlik meestal Brisbane)
WA = 27 % (waarskynlik meestal Perth)
NSW = 24 % (waarskynlik meestal Sydney)
VIC = 14 % (waarskynlik meestal Melbourne)
SA = 5 % (waarskynlik meestal Adelaide)
Wat interessant is, is hoe dit verskil van die bestemmings vir alle immigrante, waar die mees populêre bestemmings as volg is:
NSW = 32 %
VIC = 25 %
QLD = 19 %
WA = 14 %
Dit vertel vir my net EEN ding...Suid Afrikaners hou van 'n warmer klimaar as die res van die immigrante !
Nog interessante feite is dat Wes Australië die hoogste persentasie inwoners het wat oorsee gebore is, naamlik 27.14%, gevolg deur VIC met 23.79%, NSW met 23.76%, ACT met 21.71%, Suid Australië met 20.32 %, QLD met 17.91%, NT met 13.76% en Tasmanië met 10.61 %.
As mens na die volke van afkoms kyk vir die populasie, dan is 37.7% Australërs van afkoms 31.6% Engelse 9.1% Iere 7.6% Skotte 4.3% Italiaans 4.1% Duits 3.4% Sjinees 1.8% Grieks 1.6% Hollands 1.2% Indiërs 0.54% Suid Afrikaans
Nog 'n interessante feit is dat 77.1% van die Suid Afrikaners wat 2 jaar of langer hier op permanente verblyf visas is die keuse maak om Australiese burgers te word. Ons het dus van die hoogste persentasies vir aanvaarding van burgerskap - wat aandui dat ons hier is om te bly. Die ander is:
Grieke 97.2%
Viëtnamese 93.7%
Filippyne 88.1%
Italianers 80.5%
Nederlanders 78%
Suid Afrikaners 77.1%
Duitsers 74.4%
Indiërs 67.8%
Sjinese 67%
Britte 65.9%
New Zealanders 39.4%
Wat uitstaan hieruit is dat die mense van Brittanje en New Zealand minder gretig is om Australiese burgers te word as ons.
Kom ons bekyk hierdie statistiek nou bietjie op 'n ander manier: Meeste Suid Afrikaanse immigrante bereik Australië waarskynlik in 'n Boeing 747-400, wat nagenoeg 390 ekonomiese en besigheidsklas sitplekke het. As daar in 2007-2008 'n totaal van 17008 Suid Afrikaners hierheen gekom het vir werk, beteken dit daar het 44 Boeing 747's hier kom land in een jaar vol Suid Afrikaners met groot drome. Dis amper 1 per week. Om die totale getal van 205940 immigrante wat in 2007-2008 hierheen gekom het hier te kry was 'n totaal van 528 sulke Boeing 747's nodig. Dit is 10 per week vir 'n hele jaar.
Dus, om op te som: As al die permanente settelaars 'n jaar neem om in Boeing 747's hiernatoe te vlieg, teen 'n tempo van 10 vliegtuie per week, sal die totale getal Suid Afrikaanse settelaars maar die laaste 2 weke van die hele jaar in beslag neem...
Goeiedag aan al my getroue lesers, waarvan sommige waarskynlik familie is wat aspris baie "hits" op hierdie blog maak sodat ek darem nie te alleen hier voel in Australië nie. Ek sien daar is wragtiewaar al 94 mense ingeskryf op my blog se nuusbrief en dat ek het reeds 21000 besoekers gehad het. Ek voel soms soos ou "Forest Gump", wat net een goeie dag besluit het hy gaan hol, en toe hol hy. Later het hy nie meer regtigwaar geweet hoekom hy hol nie, maar hy het aanhou hol. Almal por hom dan aan met: "Run Forest! Run!" So gebeur dit dan nou ook vandag dat ek my 268 ste blog inskrywing maak! Soms sit ek en dink, en ek belowe julle ek dink hard, sodat ek darem iets sinvol kan kwytraak en julle nie verveel met sinnelose geskryf nie.
Kyk, dis vir my nogal komies...hier is ek, 'n doodgewone ou, en so baie mense volg hierdie blog soos 'n sepie. Meeste van julle ken my waarskynlik nie eens nie, daar is niks spesiaals of uitsonderlik aan my, ek is nie ryk nie, hoofsaaklik onbekend, het nog nooit in 'n fliek gespeel nie, maar ek ek skryf sommer oor ditjies en datjies uit my alledaagse lewe. En daarby is ek nie eens 'n skrywer nie. My hoofdoel met hierdie blog is egter: om my eie lappie aarde te kan hê waar ek met woorde en gedagtes en prentjies kan boer. Om my liefde vir my taal Afrikaans te kan beoefen, sodat dit nie durf gebeur dat ek die taal van my hart en my gedagtes verloor nie. Om luisteraars te kan hê is natuulik 'n bonus...en dan voel ek nie so "stupid" om opstelle vir myself te sit en skryf nie. Dankie natuulik ook vir Mnr. de Klerk wat by my so 'n liefde vir skryf laat posvat het.
My ander liefdes is natuulik die natuur, en soos julle seker al agtergekom het...om fotos te neem. Kyk, my vrou lag altyd vir my as ek selfs soms my kos afneem...hehe. Ja nee, soos my geliefde skoonma sê: daar is net een soos ek. Hulle moes die gietvorm weggooi nadat ek gemaak is, want al die haakplekke het die gietvorm laat breek.
Nog 'n groot liefde is liedjies, of anders gestel, gedigte wat jy kan sing. Ai, was ek maar 'n digter... Of 'n liedjieskrywer... Maar ek is heel tevrede om my te verlustig in die pragtige woorde wat mense in musiek kan voortbring.
'n Baie besondere lied oor ons taal is "Taal van staal", wat hier deur Leon Ferreira gesing word. "Staalsnaar" is die naam van die skrywer... Kan iemand vir my sê wie hierdie Staalsnaar is?
Hier is die liedjie se woorde
Taal van Staal (deur Staalsnaar)
1 Ek weet jou wêreld is 'n merry-go-round Ek weet jou hart lê by die lost-and-found Ek weet die spook van gister spook In die drome wat jy oor more droom Ek weet nie hoe ons wêreld sonder jou sou wees nie Ek vrees nie Jy's die taal van staal
2 Jy is die een wat in my hart kom lê Dit is met jou wat ek my sê wil sê 'n Vreemdeling in jou eie land Jy mag nie terugpraat nie, sê wie?
3 Is met jou wat ek wil droom en dink Dis jy wat die kinders se oë laat blink My jeans is blou en my bloed is rooi My T-shirt is vuil, maar my taal is mooi
4 Ek weet die aarde moet regs om draai Ek weet dis erg om te sê: koebaai Ek weet riviere moet see toe loop En die winter die bome se blare stroop
Herhaal 1
Jy gaan sê jy's sommer net groot bek Jy't saam gestap, oor 'n berg getrek 'n Pik en 'n graaf in die grond kom steek 'n dorp geplant, 'n stad gekweek
My kart skop vas en my oë kyk noord Dis hoe dit is en dis hoe dit hoort Die nuwe dag sê ek is vry So vat aan my taal en jy vat aan my
Herhaal 4
Ek weet jou wêreld is 'n merry-go-round Ek weet jou hart lê by die lost-and-found Ek weet die spook van gister spook In die drome wat jy oor more droom Jy's soveel meer as 'n klipmuseum wat op 'n koppie staan Jy is die held van 'n volk en 'n stem en sy moed Taal van staal, taal van staal
Herhaal 4 Herhaal 1
So 'n bietjie nuus hier van ons kant af is dat ek en my vrou hierdie maand 12 jaar lank getroud is. Ek het haar op 4 April 1996 gevra om met my te "kys", en dis waar alles begin het. Min sou ek geweet het ons sou ons vandag in Australië bevind. Dit was die 12 beste jare van my lewe. Die volgende 54 lê nou voor... Ons het onsself bietjie bederf en "My Fair Lady" by die Theatre Royal in die stad gaan kyk. Die bekende akteur Richard E Grant (wat in Swaziland gebore is), speel daarin. Soos julle in die link sal kan sien, het Richard Grant Esterhuysen al in 'n magdom produksies en films gespeel.
Verder is ons nog fris en gesond. Dit gaan goed by my werk en ek is weer aan die boonste sportjie van my spreekwoordelike leer, nadat ek die leer na 'n ander muur moes verskuif. Dit is nou nie regtig met verwysing na hoeveel geld ek kry nie...eerder hoeveel raad almal my kom vra.
Die somer sluip nader en ons was die naweek vir so 'n kort rukkie by die see, alhoewel dit maar deesdae weer baie hier reën. Ons is baie dankbaar vir die reën, want daar was 'n hele rits baie warm dae gewees hier in Sydney. Hier is so 'n paar fotos van die rose voor in die tuin wat ek geneem het voor en nadat dit gereën het.
Jy kan sommer sien hoe die reën oor Dural uitsak. Hierdie foto het ek by die McDonalds geneem.
Kyk net hierdie reëndruppels op die roos se kroonblare.
Verder het ons verneem dat Brisbane Sondag die ergste storm in 25 jaar gehad het en groot dele is rampgebied. Daar was 100 000 huise sonder elektrisiteit en meer as 3000 huise is onbewoonbaar. Hier is so 'n paar fotos van die verwoestende storm. Daar is ook fotos wat deur mense ingestuur is. Hier by ons in Sydney is dinge darem rustig.
Verder gons dit behoorlik vandag in Sydney. George street in die stad is al heeldag gesluit in afwagting vir die groot Premiëre van die fliek "Australia" waarin Hugh Jackman en Nicole Kidman (beide Aussies van geboorte) in speel. Dit handel oor die lewe in Australië en die gebeure rondom die bomaanval deur Japan op Darwin gedurende die 2e wêreldoorlog. Dit is 'n epiese liefdesverhaal soos dit beskryf word. Daar is 'n rooi tapyt...die werke. Dit was vannaand op Channel 9 uitgesaai. Ons pleps kan dit egter eers volgende Woensdag sien as dit offisieel vrygestel word.
Hier is 'n voorsmakie van die fliek (of flick soos dit ook in Oz gebruik word):
Volgens baie die grootste Aussie fliek sedert "The man from Snowy River", wat gebaseer is op die gedig van A. B. (Banjo) Patterson, wat ook die skrywer van Waltzing Matilda is. Ek weet nie of baie van julle geweet het nie, maar daar is 'n foto van Banjo Patterson op die 10 dollar noot:
As julle op die foto kliek en baie mooi kyk, sal julle aan die onderkant van die gesig van Banjo, die woorde "THERE was movement at the station, for the word had passed around That the colt from old Regret had got away," sien, wat ook die eerste vers is van die gedig. Interessant ne? Daar is 'n baie goeie bloginskrywing hier met die hele gedig van Banjo Patterson en die boek gebaseer op die gedig.
Hier is 'n uittreksel van tonele uit daardie fliek (waarin die gedig voorgelees word):
"THERE was movement at the station, for the word had passed around That the colt from old Regret had got away, And had joined the wild bush horses — he was worth a thousand pound, So all the cracks had gathered to the fray. All the tried and noted riders from the stations near and far Had mustered at the homestead overnight, For the bushmen love hard riding where the wild bush horses are, And the stock-horse snuffs the battle with delight."
Ek het die audio boek (wat gebaseer is op die gedig) deur Elyne Mitchell laasjaar op die trein geluister. Ek het die CDs by die biblioteek uitgeneem. Gaan soek vir "The man from snowy river" by die biblioteek.
Vir baie mense wat oor land en see gekom het om Australië as hul nuwe tuiste aan te neem, is daar 'n paar liedere wat die gees van die nasie vasvang en hulle met trots vervul - dit wat hierdie klein lappieskombers nasietjie oor slegs 200 jaar bereik het.
Die Aussie volkslied
Australians all let us rejoice, For we are young and free; We've golden soil and wealth for toil, Our home is girt by sea; Our land abounds in Nature's gifts Of beauty rich and rare; In history's page, let every stage Advance Australia fair! In joyful strains then let us sing, "Advance Australia fair!"
When gallant Cook from Albion sail'd, To trace wide oceans o'er, True British courage bore him on, Till he landed on our shore. Then here he raised Old England's flag, The standard of the brave; With all her faults we love her still, "Brittannia rules the wave!" In joyful strains then let us sing "Advance Australia fair!"
Beneath our radiant southern Cross, We'll toil with hearts and hands; To make this Commonwealth of ours Renowned of all the lands; For those who've come across the seas We've boundless plains to share; With courage let us all combine To advance Australia fair. In joyful strains then let us sing "Advance Australia fair!"
While other nations of the globe Behold us from afar, We'll rise to high renown and shine Like our glorious southern star; From England, Scotia, Erin's Isle, Who come our lot to share, Let all combine with heart and hand To advance Australia fair! In joyful strains then let us sing "Advance Australia fair!"
Shou'd foreign foe e'er sight our coast, Or dare a foot to land, We'll rouse to arms like sires of yore To guard our native strand; Brittannia then shall surely know, Beyond wide ocean's roll, Her sons in fair Australia's land Still keep a British soul. In joyful strains the let us sing "Advance Australia fair!"
I Am Australian...and from all the lands on earth we come
I came from the dreamtime, from the dusty red soil plains, I am the ancient heart - the keeper of the flame, I stood upon the rocky shore; I watched the tall ships come, For forty thousand years I'd been, the first Australian.
Chorus:
We are one, but we are many, And from all the lands on earth we come, we share a dream, And sing with one voice, I am, you are, we are Australian.
Verse 2: I came upon the prison ship bound down by iron chains, I cleared the land, endured the lash and waited for the rains. I'm a settler; I'm a farmer's wife, On a dry and barren run, A convict then a free man, I became Australian.
I'm the daughter of a digger, who sought the mother lode, The girl became a woman on the long and dusty road, I'm a child of the depression; I saw the good times come, I'm a bushy, I'm a battler, I am Australian.
Chorus
Verse 3: I'm a teller of stories; I'm a singer of songs, I am Albert Namatjira, and I paint the ghostly gums, I am Clancy on his horse; I'm Ned Kelly on the run, I'm the one who waltzed Matilda, I am Australian.
I'm the hot wind from the desert; I'm the black soil of the plains, I'm the mountains and the valleys, I'm the drought and flooding rains, I am the rock; I am the sky, the rivers when they run, The spirit of this great land, I am Australian.
Chorus
I still call Australia home
I've been to cities that never close down From New York to Rio and old London town But no matter how far Or how wide I roam I still call Australia home.
I'm always travelin' And I love bein' free So I keep leavin' the sun and the sea But my heart lies waiting over the foam I still call Australia home.
All the sons and daughters spinning 'round the world Away from their families and friends Ah, but as the world gets older and colder It's good to know where your journey ends.
And someday we'll all be together once more When all the ships come back to the shore Then I realize something I've always known I still call Australia home.
No matter how far Or how wide I roam I still call Australia home.
Waltzing Matilda
Once a jolly swagman Camped by a billabong, Under the shade Of a coolibah tree. And he sang as he watched And waited 'till his billy boiled, "You'll come a-waltzing Matilda with me!"
2.
Down came a jumbuck To drink at the water hole. Up jumped the swagman And grabbed him with glee. And he sang as shoved That jumbuck in his tucker bag, "You'll come a-waltzing, Matilda, with me!"
3.
Down came the stockman, Riding on his thoroughbred; Down came the troopers, One, two, three. "Whose the jolly jumbuck You've got in your tucker bag?" You'll come a-waltzing, Matilda, with me.
4.
Up jumped the swagman And sprang into the billabong. "You'll never take me Alive!" cried he. And his ghost may be heard As you pass the billabong, "You'll come a-waltzing, Matilda, with me!"
Waltzing Matilda, Waltzing Matilda, You'll come a-waltzing, Matilda with me. And he sang as he watched And waited 'till his billy boiled, You'll come a-waltzing, Matilda, with me.
Waltzing Matilda, Waltzing Matilda, You'll come a-waltzing, Matilda with me. And he sang as he shoved That jumbuck in his tucker bag, "You'll come a-waltzing, Matilda, with me!"
Waltzing Matilda, Waltzing Matilda, You'll come a-waltzing, Matilda with me. "Whose the jolly jumbuck You've got in your tucker bag?" You'll come a-waltzing, Matilda, with me.
Waltzing Matilda, Waltzing Matilda, You'll come a-waltzing, Matilda with me. And his ghost may be heard As you pass the billabong, "You'll come a-waltzing, Matilda, with me!"
En...moet ook nie die volgende komiese liedjies van Rolf Harris vergeet nie - hy is al sinoniem met Australië
Ses en dertig jaar. Net soveel tamaties as wat daar in 'n All Gold bottel tamatiesous is...
Een tamatie vir elke jaar wat ek nou al op hierdie groot klip rondloop (...ek het vroeg begin opstaan teen goed... ;-)
Dis hoeveel jare ek nou al die voorreg het om mens te wees, om die vryheid te smaak om my eie identiteit uit te leef, om foute te maak, om te leer uit my foute, om lief te hê, om lief ge-hê te word, om geluk te ervaar, om hartseer te wees, om rus te ervaar, maar ook om hard te moet werk om enigsins iets te kan bereik...die lewe skuld mens mos niks.
Daar is so baie dinge wat mens deur moeitevolle ondervinding in hierdie aardse bestaan leer. Soos 'n marathon atleet spring mens met 'n spoed weg in jou jongmens dae...die lewe wink, die onbekende wag...wie weet watter van jou drome sal waar word...net die tyd leer jou. Aanvanklik dink jy mos jy kan die wêreld alles wysmaak, van waar jy op die grasperke voor Merenski biblioteek as ledige student tob oor "belangrike" vraagstukke en met ander studente redeneer oor "die lewe en die dood".
Dan...na heelwat jare kom jy agter dat jy, soos die oorgrote meerderheid van die mensdom, meeste van jou wakker ure moet spandeer om in die basiese behoeftes van jou en jou familie se bestaan te moet voorsien. Jy kom agter, dat, gee nie om HOE INTERESSANT OF BELANGRIK 'n WERK MAG VOORKOM OP 'n WERK-ADVERTENSIE NIE...dat alle loopbane maar een doel het: om die ratte van die wêreldekonomie-masjien aan die draai te hou. Hetsy dit is om die wiel te draai, of om die werkers wat die wiel draai geolie en gesond te hou. En ons almal neem elke dag vlytig hieraan deel, want die teendeel sal vir ons almal 'n gewisse hongersnood in werking laat tree, met bykans onmiddelike effek, want die pas van die hedendaagse samelewing is geskoei op die voorbeeld van 'n arbeidsame mierkolonie. Elkeen het sy rol om te speel. Ons is nou interafhanklik van mekaar en net soos 'n netwerk tonnels in 'n miernes verbind, vorm geld die kanale waarlangs lewensmiddele van ander kontinente oor see en land na ons beweeg en ons aan die lewe hou. So werk almal om hierdie geld aan die vloei te hou...en as dit ophou vloei of verstop raak...dan noem ons dit : RESESSIE (MIERNES KONSTIPASIE).
Ek is soms verbaas oor die hoeveelheid werk wat hierdie vlytige Aussie miere in hul dag kan pas. Hierdie mense kan werk hoor. As "komper-ingenieur" sit ek baie oggende en kopkrap hoe ek sekere rekenaar raaisels gaan oplos - jy word beproef tot op die tippie van jou tegniese talente. Soms maak ek regtig nie kop of stert uit van hoe ek iets moet oplos nie. Dan, na baie sit en sukkel "maak ek die probleem moeg" en kry ek uiteindelik die oplossing. Dan stres mens maar so bietjie. Want sien, jy sit hier in 'n vreemde land, op 'n Aussie tydskaal is jy maar 'n groeintjie in hierdie land...jy wil ook nie hê die mense moet die verkeerde indrukke oor jou kry nie. Netnou netnou dink hulle jy is een van daai mense wat hul graadpapiere oor die Internet bestel het sonder dat hulle ooit 'n boek oopgemaak het... Want as 'n boom geskud begin word, wil jy nie een van die avokadopere wees wat eerste afval nie. Ons baas het hoeka vandag op 'n vergadering gesê: ons maatskappy is nie immuun teen die wêreldwye finansiële krisis nie!
Ek het gelukkig al geleer...hierdie is 'n langafstand resies, jy kry jou "oppe" en jou "affe". Wat ook al na jou kant toe kom...hanteer elke dag net op sy eie. Jy kan net aan VANDAG se uitdagings iets doen, want jy is daar. GISTER is water onderdeur die waterwiel waarmee jy nie meel kan maal nie en jy kan niks uitrig in jou gedagtes aan Môre se probleme nie, want jy is nog nie daar nie. Nou vat ek maar elke dag op 'n slag. As ek in die middae by die stasie in die volgende fotos staan en wag vir my trein...dan los ek die werk by die werk. Dan sien ek uit na die tydjie saam met my vrou en kinders, die mense wat ek saam met my in die toekoms in neem.
Ons beleef 'n baie goeie tyd in ons familielewe. Vanaand was soos meeste aande die tyd wat ek dolgelukkig is. Om lekker te skaterlag oor die gesellige samesyn by die eetkamertafel, om by mekaar uit te vis hoe hulle dag was, om saam met my seun en vrou te kon tafeltennis speel, om in die koel aandluggie saam met my vrou te staan terwyl sy tuin natspuit en die kinders by ons voor in die straat op hul skopfietse ry. Om met die mense wat voor ons huis verbygestap het 'n geselsie aan te knoop, om soms 'n lekker koppie koffie saam met ons vriende te geniet, Om vir my kinders te kon stories lees teen slaaptyd en om dan aan die einde van die dag...hier te sit en blog oor hoe gelukkig ek is om te kan leef saam met die mense wat aan my toevertrou is in hierdie wêreld. Nou is elke dag vir my 'n ete wat ek op sy eie eet, sonder om my te ooreet aan die dag van more...elke dag het net genoeg vir my om te hanteer. Dis maar soos om 'n waatlemoen te eet, eet die rooi deel...en spoeg die pitte uit. En sien al die pêrels in elke dag raak - gryp dit dan met albei hande aan.
"KOM SNY DIE PAPAJA BREEK STUKKEND DIE SON OM DIE GOUDGEEL VREUGDE TE RUIK GRYP BONDELS SWART PÊRELS UIT DIE SUIKERSOET SKATKIS VIR DIE NUWE SON SE GEBRUIK" - Laurika Rach