Ons avonture in Australie
▼
Thursday, February 12, 2009
Die skuldige is dus....
Dit wil vir my nou voorkom asof die skuld vir die grootskaalse lewensverlies in die vure in Victoria deels voor die voete van die stadsrade van Victoria gelê kan word, wat die ondeurdagte wetgewing ingevoer het dat inwoners nie toegelaat word om bome verder as 6 meter van huise vir brandvoorkoming af te kap nie. Lees bietjie hierdie storie van hierdie dapper man wat bereid was om 'n boete van $100 000 te betaal aan die stadsraad (en as 'n vyand van die "Green" beweging en natuurbewaring gebrandmerk te word), ter wille van sy familie se veiligheid. Nou na 7 jaar blyk dit dat hy al die tyd reg was om 'n 100 meter ontboste zone rondom sy eiendom af te kap. Sy huis is een van die min huise wat nog staan. Die mense se hande was afgekap om hul eie huise te beveilig teen hierdie veldbrande.
Ek het sopas 'n stukkie geroggel oor die ding, toe lees ek hier. Ek weet van 'n couple wat $30 000 beboet is, toe hulle dit durf waag het om bome af te kap - hulle plek staan nog. Partykeer wonder 'n mens oor die bleddy 'greens' wat deesdae 'n sê het.
ReplyDelete