Kan jy glo, gisteraand klop iemand aand ons voordeur. Dis jou werklikwaar 'n busbestuurder. Hy het 'n bestuurderslisensiekaart op die bus opgetel (die huisadres is mos daarop) en gesien ons adres is daar op (alhoewel dit die vorige mense was wat in ons huis gebly het). Hy het net gedink hy kom gee dit sommer by ons huis af...waar kry jy nog sulke mense?
Vanoggend reën dit al weer. Kaapse reën. En nog 'n ingewikkelde dag lê voor, met baie probleme wat ek nog moet uitpluis. Mens moet maar net glo jy gaan dit tog regkry.
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.