Die bron van die baie stof is die groot binnelandse panne in die "Lake Eyre" omgewing. Hierdie gebied is die laagste punt in Australië en sowat 15 meter onder seevlak. Die meer se gemiddelde diepte is 1.5 meter met 'n totale oppervlakte van 9500 vierkante kilometer (Meer as die helfte die oppervlakte van die hele Gauteng (17000 km2).
As gevolg van die groot hoeveelhede reën die afgelope jaar het daardie omgewing 'n baie groot invloei van rivierwater gekry wat baie meer sediment die binneland ingeneem het as normaalweg. (Baie riviere hier in Australië vloei mos na die binneland om hierdie groot mere/panne te voed.) Kyk bietjie na die fotos van Lake Eyre op hierdie webblad. Soos wat die panne dan weer opdroog bly al daardie rivierbedding sediment dan agter....totdat winde soos vandag dit na die kus bring. (Sydney's red storm: where it came from)
Normaalweg
Vanoggend
Omtrent die hele New South Wales was bedek met die stof sodat baie internasionale vlugte op 'n ander plek moes gaan land. Hulle noem dit nie die Red Centre vir niks nie.
Nou is alles darem weer oopgetrek....
Dit laat my mos nou terugding aan daardie Vrydag (14 Januarie 2005) wat ons oppad terug was op die N1 vanaf Beaufort Wes in die Kaap. Ons het deur Bloemfontein gery en 'n soortgelyke stofstorm teëgekom. Die lug was net so onheilspellend donker van die stof in die lug. Hier is so 'n paar fotos wat my vrou geneem het terwyl ons in die kar oppad was terug Pretoria toe.

No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.