Onder is die rotse naby Clovelly Baai oppad na Bronte.
Dit wat julle in die agtergrond sien is 'n tamaai begraafplaas regs langs die see...my vrou se oupa het altyd gesê hy wil tog nie so naby aandie see begrawe word sodat sy "juices" met die ander mense se "juices" kan meng nie...
Derduisende grafte...
Grafte vanaf toentertyd tot so onlangs as 'n paar jaar gelede.
Maar die see is natuurlik pragtig waar dit hier op die rotse breek.
Hierdie graf van 'n tannie wat in 1996 dood is op 'n ouderdom van amper 89 het vandag, op moedersdag, 'n bossie blomme op gehad...darem nog nie vergete nie, al was dit nog haar verjaarsdag, nog haar sterfdag.
Sommige mense is grênd...en kry vir hulle sommer 'n permanente huisie hier by die see...vir hulle hele familie.
Oppad met die afdraande na Bronte Baai.
Bronte baai het die heerlikste groen grasperke waarop die mense hierdie Sondag die dag deurgebring het saam met familie en vriende.
Die volgende foto is geneem by Tamarama strand, die volgende strand na Bronte. Dit is 'n heerlike weggesteekte strandjie met die witste skoon sand. Daar was Volleyball nette opgeslaan en die mense het Strand Volleyball gespeel.
'n Pragtige strand, maar niemand het geswem nie, daar was net 'n paar branderplank ryers in die see - ook geen rooi en geel vlae nie.
Tamarama klink eerder soos 'n naam wat in Nieu Zealand tuishoort...defnitief nie tussen Bronte en Bondi nie!
Die volgende fotos is by Hunter Park net langs Bondi geneem...
'n Baie mooi foto van Bondi strand met baie mense op die strand.
Hier het ons bietjie Switserse roomys geëet en na die see en mense gekyk.
Oppad terug met die glim van die sonsondergang wat weerkaats teen die wolke.
Toe ons daar by Bondi op die fietse gery het, was daar 'n baie talentvolle Graffiti kunstenaar wat met "Airbrush" teen die Bondi Graffiti muur skilderye gemaak het
Ons het ook so 'n rukkie die skaatsplankryers by Bondi se eie "skate-park" gesit en gadeslaan...
View Larger Map
Hi ek het bietjie hier op jou blog kom loer en dit is vir my verbaasend hoe amper ooreenstemmend die weer, klimaat en natuur is met SA.
ReplyDeleteGroete
Cecile