Ons avonture in Australie

Wednesday, February 02, 2011

Sikloon Yasi

(Skakel na hierdie post by blogspot)

Asof Queensland nie al genoeg rampspoed beleef het nie!  'n Kategorie 5 tropiese sikloon met winde van 300 km/h is huidiglik besig om die noord Queensland kus te nader en sal oor so 4 ure (tussen 22h00 en 24h00 vanaand Australiese tyd - dus 11h00 en 13h00 Suid Afrikaanse tyd) die kus tussen Cairns en Townsville tref.  Die kusdorp wat die grootste spit sal afbyt sal Innesfail wees.

Julle kan by die ABC (Australian Broadcasting Corporation) lewendige BLOG deurentyd op hoogte gehou word van gebeure. Daar word kort kort videos en terugvoer opgelaai soos wat dit gebeur. Julle kan die nuus nou kyk by ABC.  Sien Queensland se weer by Weatherzone.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.