Hier is die winkeltjie..

Ek het die volgende "prentjie" in een CD rak in die winkel raakgeloop wat vir my nogal toepaslik was op al ons "uitgewekenes" in Sydney...

Daar is allerhande snuisterye wat mens daar te vinde kry...ProNutro, Jungle Oats, Ina Paarman se souse, Robertsons Steak en Chops speserye en nog vele meer.
'n Ander Suid Afrikaanse winkel in die omgewing is blykbaar Springbok Delights in Mowbray Road, Lane Cove. Die plek is hier op die kaart. Ons sal wel nog daar gaan inloer. Toe ons laas week met ons woonstelle se opsigter, Sam, nogal 'n Italianer, gesels, kon hy nie uitgepraat raak oor die biltong en droƫwors wat hy daar by hulle koop nie.
So skrop ons Boertjies maar nes oral op die ou aarde.
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.