Maar in Suid Afrika het ek oor die jare agtergekom dat ek die meeste van Windhoek Lite en Stirling Lite Lager se smake gehou het. As mens dan nou na 'n warm dag iets ysig kouds wou drink, dan was dit die keuse. Dit het min alkohol, maar tog 'n lekker "malt" smaak.
Toe ons hier in Oz kom....nou ja, toe is al wat ek in die winkel herken: Old Brown Sjerrie
Ek het gemeen, die Duitsers maak mos lekker bier, so ek moet soek na iets wat Duits klink...Na so 'n bietjie "hit-and-run" kom ek toe af op Hahn Premium Light. Dit het net 2.7% alkohol en smaak nogal so bietjie na Windhoek Lite. Dit is 'n egte Australiese bier en word gebrou en gebottel in Australië.
So...daar het ek julle nou baie tyd en geld gespaar vir wanneer julle uiteindelik hier aanland.
Alternatiewelik kan julle natuurlik solank by Pick & Pay in Suid Afrika vir julle van daai Bundaberg Ginger Beer koop en solank begin droom vir as julle dit hier in Oz gaan drink. Dit is baaaaie lekkerder as Stoney Ginger beer - vir mense soos ek wat van die fyner drankies in die lewe hou.
Dit lyk my ons bierdrinkgewoontes stem baie ooreen, daar staan op die oomblik 5 Windhoek lites in die yskas, waarvan ek een gedrink het aan die begin van Desember.
ReplyDeleteVan wyn kan ek nie dieselfde sê nie.
SUIPLAP!!!
ReplyDelete