Ons het saam met ons hond, wat vir die somermaande haaraf gemaak is, gaan stap in die woud hier naby ons huis.


Ek het sommer vandag so 'n paar mooi naby skote in die woud geneem met my kamera.

Die bogenoemde kalant is omtrent so 1 cm groot, maar baie braaf vir sy grootte. Hy het so een keer na die kamera se kant toe gespring, aan sy sydraad gehang en weer op die toutjie geklim. Hy was glad nie ingenome dat ek so naby aan hom gekom het met die kamera nie.

Hier onder is, soos ek kan aflei uit die patroon op sy web, weer 'n St. Andrews familie spinnekop.

'n Paar mooi blaar teksture.


Die volgende miere is so 2 cm lank, met baie formidabele knypers.

Hier is 'n ander soort mier, waarvan party tot 3 cm lank is. Hulle het so 'n metallic groen skynsel.


Kan dit dalk die groot Green Ants wees waarvan die mense so praat in Oz?
Pragtige foto's! Watter kamera gebruik jy?
ReplyDelete