Die stad se mense was in volle sterkte daar. Oral het mense met TUCKERBOXES of piekniek mandjies en rugsakke op die grasperke uitgespan. Ons het natuurlik oor die reling van die brug geleun en fotos van die spulletjie geneem.
Die pienk kombi aan die linkerkant is natuurlik die roomyskarretjie.
Sommige mense het dit egter verkies om die gebeurtenis vanaf 'n boot te geniet soos hierdie boot met die Suid Afrikaanse vlag daarop. Die brug is sowat 'n kilometer lank. Hier onder stap ons die brug, wat vir jou soos 'n pelgrimstog kan voel om die rede dat dit so lank vat. Ek is seker dit is 'n gesig wat baie Sydney-aners elke dag begroet - gelukkig werk ek buite die middestad, so elke besoek voel soos 'n uitstappie.
Hier onder kan julle 'n paar van die groot veerbote sien wat hierdie jaar aan die kragmeting deelgeneem het (weet nou net nie hoe regverdig die kanse was nie), want daar was Ferries van elke "shape and size".
Die Port Jackson Hawe is omskep in 'n skuim massa soos die manne dit uitgespook het vir die wenpaal - die Hawebrug. Ek is seker daar was nie 'n beskikbare boot oor in die hele Sydney nie.
Hier is 'n kort video van die gedoente...
Kyk, ek weet ook maar nie wat ons stad sou gedoen het sonder haar geliefde Operahuis nie. Dit moet seker die mees gefotografeerde gebou in die hele Australië wees. Moet die kunstige lyne wees. Daar is iets van die mariene natuurlewe vasgevang in die Operahuis....soos 'n paar mossels of skulpe staan dit daar...amper soos 'n Sydney "rock oyster" die smaak sensasie ervaring van vars skuimende seewater daarin vasgevang hou.
Die "Sydney Rock Oyster"
Hier in die voorgrond is een van die "bridge pilons" waarop die tamaai konstruksie rus.
Die vloot se helikopters was ook in volle glorie daar.
Hier is 'n pub (met 'n paar opblaas thongs/plakkies( in die bekende Sydney Rocks net langs die Sirkelkaai waar die Ferries vasmeer.
Die' toekomstige Aussie het nie op haar laat wag nie. My kinders het hierdie jaar begin met hul vierde skooljaar in Oz. Daar is steeds 'n trotse patriotisme hier, sonder die kenmerkende politieke sametrekke wat mense verdeel, waaraan ons jare terug so aan gewoond moes raak.
Dit was 'n snikhete dag. Die Kurrajongs (Swart Kraaie) kon nie een slaap nie, want die aircon was gebreek. Mense het oraloor sommer in die waterfonteine by die waterfront afgekoel. Die "ranger" het hulle toe kom waarsku dat dit "recycled" water is waarin hulle so plas...maar wie skrik nou vir 'n bietjie gebruikte water as jy warm kry.
'n Paar ander het hulself soos kangaroes gedra soos julle in die volgende video kan sien.
Hier sit ons...amper soos "DIE DENKER" en bekyk die spulletjie se manewales in die water...al die kinders was later sopnat.
Daar was 'n geskarrel van mense. Net soos by baie "waterfront" areas was daar 'n koepel met kunstenaars wat opgetree het. Net om julle 'n idee te gee van die atmosfeer, hier is nog 'n kort video...
Hier is vir julle 'n mooi POSKAART FOTO wat ek vir julle van die Operahuis geneem het...hier kan enigiemand met 'n kamera sulke fotos neem. Kliek gerus op die foto met jou muis se regterkantste knoppie, SAVE die foto en laat maak vir jou 'n poskaart by Express Foto...komaan "WISH YOU WERE HERE"
Hier is vir julle 'n mooi POSKAART FOTO wat ek vir julle van die Operahuis geneem het...hier kan enigiemand met 'n kamera sulke fotos neem. Kliek gerus op die foto met jou muis se regterkantste knoppie, SAVE die foto en laat maak vir jou 'n poskaart by Express Foto...komaan "WISH YOU WERE HERE"
Groetnis to volgende keer.
Hello julle
ReplyDeleteWeereens dit laat ons terug dink aan die tyd wat ons saam met julle in Sydney deurgebring het.Ons geniet jou blog baie.
Het julle ons laasste kommentaar gekry.
Kaptein en Katryn