Van Swerwer se Daisy…
Ons het soos my Swerwer met julle gedeel het so pas van ‘n wonderlike vakansie af teruggekom. Dit was sommer baie lekker om tussen al ons geliefdes te wees. Daar is mos niks lekkerder as om tussen jou eie bloed familie te wees nie, die mense by wie jy jouself kan wees. As mens hier in die verte sit, besef jy gou hoe ongelooflik kosbaar familie is, jy voel letterlik hoeveel dikker bloed as water is.
Jy sien, die ding met my familie werk so. Hulle vou jou behoorlik toe in hulle liefde, jy kan nie anders as om te weet dat hulle lief is vir jou nie. Hulle liefde borrel sommer net oor.
Daisy se ma…
Vat nou maar my ma, as sy jou vashou, is dit of haar liefde om jou vou soos ‘n knus kombersie. Sy druk jou met alles in haar, want sy glo jy is die wonderlikste “babes” op die aarde, dis mos net ‘n ma wat jou so onvoorwaardelik kan lief hê en druk. As sy my vashou, gee dit my sommer baie moed vir die lewe. Dan verstaan ek ook beter van wat die Bybel ons leer….”die liefde oorwin alles”! Dis so lekker. By my ma is daar nie van moed opgee nie, familie staan bymekaar. Sy is ‘n sterk vrou, sy is die mooiste vrou. Maar kyk, my ma vat nie nonsens nie, maar as daar een ding is wat ek by haar geleer het, is dit hoe om lief te hê. Dankie mamma!
Daisy se sussie…
Dan dink ek ook aan my sussie. Sy is die mees spesiaalste sussie. Dit is net so “maklik” om in haar teenwoordigheid te wees. Dis is net so “maklik” om haar lief te hê. Sy is ongekompliseerd, eerlik en opreg. By my sussie kan ek net “WEES”, ek sê dit weer, dis hoegenaamd geen inspanning om in haar teenwoordigheid te wees nie. Ek noem dit haar gawe. Dis asof ek altyd in my mees ontspanne psige is as ek by haar is. Ek weet nie hoe om dit rerig te beskryf nie. Ek hoef haar nie te vermaak nie, ek is vir haar van nature snaaks. Sy kan so lekker skaterlag vir my, saam het ons sommer baie pret. As ek by haar is wil ek soos Mr Bean maak, daai selfvondane kyk vir die wêreld gee, grinnik en sê: wê pê…dis tog MY sussie daai. My sussie is seker een van die sterkste vroue wat ek ken. Sy moes al in baie moeilike omstandighede kop bo water hou, maar sy doen dit altyd met grasie, met ‘n regop en fier houding. Sy is terselfdertyd vroulik, warm en sagmoedig. Ek is so lief vir haar en sy vir my. Ek sal een prentjie van die vakansie altyd saam met my dra, waar ek knus langs haar op die bed gelê het, nadat ons natuurlik lekker die Sarie of Rapport gelees het, en in mekaar se oë kon kyk en weet ONS IS SUSTERS!
Daisy se Antie…
Een sin: My Antie Plaas is vrek snaaks. “I laugh me dead”. Kyk, by haar is ek eenvoudig uitbundig stuitig. Ons vat elke situasie en verrek en verdraai en begiggel hom. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy is baie kreatief en baie lief vir haar kinders. Sy is my liefste Antie.
Daisy se skoonma…
Ek beledig haar eintlik om haar my skoonma te noem. Want sy is dit nie. Sy is seker die mens wat die hardste kan werk, wat haarself die meeste opoffer vir ander en dit met ‘n groot “smile” doen. Sy maak die heel lekkerste melktert in die hele wêreld. Sy het by die Vader die gawe van gasvryheid ontvang. Dis vir haar die heel lekkerste lekker om vir haar kinders ‘n lekker bord kos voor te berei. Sy is ‘n baie goeie ouma vir my kinders, niks is vir haar te veel moeite nie. Sy het 'n juweel van 'n man vir my grootgemaak. Dankie mamma.
Ten slotte, hierdie is die vier vrouens wat in my lewe ‘n groot impak gemaak het, by wie ek iets geleer het, wat van my ‘n beter mens VIR die samelewing gemaak het. Viva!!
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Monday, October 26, 2009
Vier Vrouens in Daisy se Lewe
Sunday, October 25, 2009
Erens in die Groot Karoo...
Ek ly nog so bietjie aan "Jet-lag" (of noem 'n mens dit vlug-vertraging) na 'n hele maand se kuier in Suid Afrika. Dit is seker ook die rede dat ek reeds vieruur vanoggend groot-oog wakker gelê het in ons bed. Toe staan ek maar op en maak die beste van 'n wonderlike dag wat voorlê... En hoe dan anders as om op ons stoep na die voëls te sit en luister na die natuur se stem en my hart se gevoelens.
Dit was 'n lekker kuier. Ek is baie lief vir my familie. Dit was so lekker om hulle weer te sien in lewende lywe, om hulle in die oë te kyk, om hulle 'n drukkie te gee.
Ons is Vrydagaand 25 September hier weg en het Vrydagaand 23 Oktober weer hier geland. Ons het via Singapoer gevlieg. Die hele "trippie" met die vliegtuig, insluitende die wagtye en konneksievlugte was so 24 uur lank. Suid Afrika is hartseer-vêr van Australië af !! Aartappel-moeder vêr... Die jaar se spaar was die moeite werd.
Dit was weer lekker om:
- om saam met familie te kon kuier en sommer oor nonsens te gesels
- mense in die winkels te hoor Afrikaans praat
- telke male houtvuur braaivleis te hou
- Afrikaanse musiek CDs op die rakke te sien
- Huisgenoot te lees
- Wimpy se ontbyt te eet en koffie te drink
- Spur toe te gaan
- Nuwe Afrikaanse musiekante in die winkelsentrums te sien optree
- Jellietots, Pro-nutro en biltong blare te koop
- Ou vriende te sien
- By my ouers in die Karoo te kon kuier
- Om by die Hartfees in Beaufort Wes na Lize Beekman se optrede te kon wees
- om op 'n Karoo plaas Karoo skaaptjops en tuisgemaakte roomys met arbeikonfyt te kon eet
Hier is die braaivleisvuur by Antie Plaas hulle se plek "Kulula" in Kranspoort.
Ons het te lekker gekuier, en selfs 'n nuwe sêding geleer om in Aus te gebruik - I LAUGH ME DEAD ! (Dit beteken : Ek lag my dood, vir die mense wat nou nie Boere Ingels verstaan nie...)
Ons het by George in die tuinroete geland en toe deur die Outeniqua berge, die Klein Karoo, Meiringspoort in die Swartberge en tot in die Groot Karoo.
Ek het 'n boer sien dans in die Karoo
êrens in die Groot Karoo
Dit was die langste tyd van byna niks,
Maar die kortste pad na waar ek wou wees
Ek het verlang na die see
Dit was ‘n groot verdwaal op ‘n reguit pad
Ek het noord en suid in die veld verlê
Maar na ‘n prentjie op ‘n plaaspad
Was ek seker ek ruik die reën
Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
Hy sê: “ons noem dit hier Genadewater, meisiekind
Hierdie reën – hierdie water bly ‘n seën”
Ek het stilgestaan op ‘n nuwe plek vir die eerste keer
êrens in die Groot Karoo
Dit was die mooiste plek van byna niks
Op ‘n plaas met die naam Berlin
Toe die hemel die aarde seën
‘n prentjie op ‘n plaaspad
die stof, die dans en die reën
Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
Ek het ‘n boer sien dans in die karoo
Hy sê: “ons noem dit hier Genadewater, meisiekind
Hierdie reën – hierdie water bly ‘n seën”
Gaan kry gerus vir julle Lize se liedjies by Rhythmonline:
Die CD "Iemand het gesê" met 'n Sonneblom uit Bethlehem op
Die CD "Draadkar oor die see"
Die CD "Lullabies"
Die CD "Cake" met Soutmansland se kenwysie op
Vandag voel vir my amper soos die eerste dag van 'n nuwe begin. Op 'n manier voel dit of ek ons lewe hier nou met beide hande kan beetpak. My hart is gerus. Ek voel ek hoort hier...
Kontak my gerus...
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe