Monday, August 21, 2006

Om afskeid te neem van jou land...

Dit is nou al 'n geruime tyd wat ek en my vrou daaraan dink om na veiliger en groener weivelde te verhuis. Dis moeilik om afskeid te neem van 'n land wat jy reeds 34 jaar as jou tuiste beskou het. Ons was nog altyd lief vir ons land: Suid Afrika. Ons het al op 'n paar plekke baie lekker gaan vakansie hou wanneer ons die kans kon kry. Ook die laaste jaar begin Scuba by Sodwana. Ons hou van kamp en die Drakensberge, die see en die bosveld.

Maar hierdie is nie meer ons land nie...die dorpe het nou ander name en die mense in bewind dink net aan hoe hulle hulself kan verryk.... Die regering gee nie om oor misdaad nie en is meer gepla om politieke speletjies te speel... Onskuldige mense word daagliks vermoor, en nie meer net vir hul geld nie, maar eenvoudig uit haat.... so ons is ook op pad...Australië toe. Ek weet nie hoekom nie, ek is mos'n snaakse mens (hehe), maar ons het nogal hierdie geneigdheid om graag in 'n land te wil bly waar daar nog wet en orde is...waar mense beskaafd is...

So, vanaand gaan ons na een van daai byeenkomste by die Lyttelton biblioteek oor emmigrasie na Australië...ons is besig om soveel as moontlik inligting in te samel oor ons nuwe bestemming...op die oomblik nog Perth, maar Melbourne is ook 'n opsie. Sal maar sien, maar alles hang af van waar ek 'n werk kan kry. Ons beoog om ons huis te verkoop, ons motors en om een "container" oor te neem. Ons gaan sak en pak, man, vrou, kinders, skoonma. Ons vriende is hierdie maand Sydney toe, ok vir altyd. Maar ons sal nog geduldig moet wag...want dit neem tot 2 maande vir die paspoorte. Die bal is aan die rol. Dit het ons so R1000 rand gekos om paspoorte en geboortesertifikate aan te vra by binnelandse sake vir my en my vrou en skoonma en die 2 kinders.

No comments:

Post a Comment

Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings