Friday, May 15, 2015

Mees populêre voorstede in Australië onder Suid Afrikaners gebaseer op 2011 sensus

Goeiedag

(Skakel na hierdie bladsy)

Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data van 2011 gebruik om 'n paar baie nuttige brokkies inligting aan mense te verskaf wat meer wil weet omtrent die demografiese inligting van Australië.

Julle kan gerus my skrywes gaan lees oor waar die meeste oud Suid Afrikaners hulself in Australië kom vestig het:

Bogenoemde was alles gebaseer op die 2006 sensus data.

Ek het gedink...wat as ek die 2006 en 2011 sensus data op 'n per-voorstad basis vergelyk en dan bereken wat die toename of afname is in die ex - Suid Afrikaanse bevolking vir daardie voorstad.

Sodoende sal mens 'n idee kan kry van watter voorstede is HUIDIGLIK die bestemming vir Suid Afrikaners.  Dit sal die historiese emigrante wat alreeds meer as 20 jaar gelede hiernatoe gekom het 'n kleiner breukdeel laat uitmaak van die data (indien mens sou aanneem dat hulle steeds in hul gevestigde voorstede bly..ek verwys nou hier na voorstede soos Vaucluse en Dover Heights).

Die vrae wat ek wou beantwoord was:
  • Watter voorstede is NOU die setels van die meeste groei in nuwe Suid Afrikaanse immigrante
  • Watter voorstede het (vir watter redes ook al) tussen 2006 en 2011 Suid Afrikaanse mense verloor deur 'n eksodus na ander voorstede.
Ek het toe vir julle 'n interaktiewe Google Kaart  saamgestel wat julle die voorstede aandui met 'n Suid Afrikaanse populasie toename van 25 persone of meer, asook 'n afname van 20 of meer.

Daar is natuurlik heelwat voorstede wat geen Suid Afrikaanse populasie verandering gehad het nie: hoofsaaklik omdat daar glad nie Suid Afrikaners bly nie, of waar dit konstant gebly het.

Julle kan die kaart besigtig deur hier te kliek:

Julle kan ekstra informasie oor die voorstad kry deur op die gekleurde areas te kliek.

Ek het die gebiede ingekleur op grond van die hoeveelheid oud Suid Afrikaners wat tussen 2006 en 2011 in hierdie voorstede ingetrek het.
Rooi = die meeste
Oranje
Geel
Groen
Ligblou
Donkerblou= die minse maar steeds meer as 25 persone

Pers = voorstede waar daar meer as 20 persone (netto) weggetrek het tussen 2006 en 2011

NB - die voorstede wat in PERS gekleur is, het om een of ander rede nie aanklank gevind met Suid Afrikaners nie (derhalwe het hulle WEGGETREK soos nou maar eenmal ons se gewoonte is).

Daar is voorstede soos Ashby in Westelike Australie is waar daar in 5 jaar se tyd 1171 nuwe oud Suid Afrikaners ingetrek het (amper 70% van die totale Suid Afrikaanse populasie van daardie voorstad wat 1711 behels).
Dan is daar ook ander swartskaap voorstede soos Dianella,WA en Tallebudgera, Qld wat onderskeidelik 52 en 74 Suid Afrikaners verloor het oor die afgelope 5 jaar.

Dit mag inderdaat wees dat vir areas wat dieselfde gebly het (groter as minus 20 en kleiner as plus 25), dat daar baie in- en uitbeweeg het, maar ek het hulle nie ingesluit nie.

My kaart dui net 'n groot netto invloei of uitvloei aan.
Julle sal onthou dat St Ives in Sydney voorheen hoog op die ranglys was, maar omdat ek hierdie keer meer na die verandering sedert 2006 gekyk het, kry die nuwe voorstede soos Kellyville, Beaumont Hills en Rouse Hill hierdie keer die meeste NUWE immigrante.

Vir 'n volledige verduideliking van die inligting kyk gerus na my vorige skrywes in die skakels aan die bokant van hierdie post.
Die "Indeks" in die inligting verwys na 'n maatstaf om die mate te bereken waarmee die spesifieke voorstad meer Suid Afrikaners huisves as wat statisties verwag sou word (m.a.w daar is 'n mate van kieskeurigheid vir spesifieke voorstede wat die willekeurige beweging van populasie verontagsaam).

Daar is onder andere ook 'n skakel na die 2011 sensus bron data, en skakels na die nuutste RealEstate.com.au en Domain.com.au webtuistes indien jy op soek is na 'n huis om te huur.

Dieselfde inligting is in die volgende Google Spreadsheets beskikbaar, maar hierdie het ALLE voorsted in Australië. Hierdie dokumente is almal gesorteer volgens die kolom "Change population from SA since 2006 census", maar dit staan julle vry om die rekords te sorteer volgens enige ander kolom soos gemiddelde maandelikse inkomste of "Median monthly rent".

Ek hoop hierdie sameflansing van inligting sal julle handig te pas kom. Groetnis.


Gaan kyk gerus na 'n soortgelyke kaart vanaf SBS se webtuiste. (Dit mag dalk met die 2006 data gemaak wees)

Kaart van Australië wat die lande van afkoms aandui

Gedink julle sal hierdie kaart wat deur die TV Kanaal SBS gemaak is baie insiggewend vind.
Kliek op die verskillende stede om te sien waar die Suid Afrikaners meestal bly.  (Hulle is die oranje gekleurde dele)

Kliek op hierdie skakel om te gaan kyk na 'n baie insiggewende interaktiewe kaart wat wys waarvandaan al die immigrante in Australië afkomstig is.

Adelaide, Suid Australië


Brisbane, Queensland

Canberra, ACT

Hobart, Tasmanië

Melbourne, Victoria

Perth, Westelike Australië

Sydney, NSW

Hierdie data is baie dieselfde as die drie aflewerings wat ek daaroor gedoen het.  Ek beoog nog om eendag die statistieke van die laaste 2 sensus opnames te vergelyk om aan te dui waarheen Suid Afrikaners sederdien getrek het en watter voorstede nou populêr is.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings