Saturday, August 06, 2011

Wat is jou afkoms of "Ancestry" ?


Soos die Aussies seker teen nou al weet is dit hierdie Dinsdag aand 9 Augustus die Australiese sensus aand. Die sensus gee 'n baie akkurate prentjie van die samestelling van die Australiese bevolking. Ek is veral baie geinteresseerd hierin omdat dit so 'n duidelike prentjie weergee van waar my ou landgenote hulself nou bevind.

'n Paar van die vrae in die sensusvorm wat ons almal Dinsdag moet invul is:
  • Waar was die persoon/e in die huishouding woonagtig 5 jaar gelede ?
  • Is die persoon 'n Australiese burger ?
  • In watter land is die persoon gebore ?
  • In watter jaar het die persoon die eerste keer aangekom in Australië om hier te kom bly vir een jaar of meer ?
  • Is die persoon se pa in Australië of oorsee gebore ?
  • Is die persoon se ma in Australië of oorsee gebore ?
  • Praat die persoon/e 'n ander taal as Engels by die huis ? (Afrikaans natuurlik)
  • Hoe goed praat die persoon/e Engels? (Baie goed/goed/nie goed nie/glad nie)
  • Wat is die persoon/e se afkoms of "Ancestry" ?
  • Wat is die persoon se godsdiens ? (Katoliek / Anglikaans / Uniting church / Presbiteriaans /Boeddis / Grieks Ortodoks / Islam / Baptis / Lutheraans / Iets anders - (nie Jedi Knight nie !)
Ek het gewonder wat ons gaan skryf by die vraag vir afkoms: Want Suid Afrikaner is nie 'n afkoms nie, dis die "Country of Origin".



9 - Sub-Saharan African
90 - Sub-Saharan African, nfd
9000 - Sub-Saharan African, nfd
91 - Central and West African
9100 - Central and West African, nfd
9101 - Akan
9102 - Fulani
9103 - Ghanaian
9104 - Nigerian
9105 - Yoruba
9106 - Ivorean
9107 - Liberian
9108 - Sierra Leonean
9111 - Acholi
9112 - Cameroonian
9113 - Congolese
9114 - Gio
9115 - Igbo
9116 - Krahn
9117 - Mandinka
9118 - Senegalese
9121 - Themne
9122 - Togolese
9199 - Central and West African, nec
92 - Southern and East African
9200 - Southern and East African, nfd
9201 - Afrikaner
9202 - Angolan
9203 - Eritrean
9204 - Ethiopian
9205 - Kenyan
9206 - Malawian
9207 - Mauritian
9208 - Mozambican
9211 - Namibian
9212 - Oromo
9213 - Seychellois
9214 - Somali
9215 - South African
9216 - Tanzanian
9217 - Ugandan
9218 - Zambian
9221 - Zimbabwean
9222 - Amhara
9223 - Batswana
9225 - Hutu
9226 - Masai
9228 - Tigrayan
9231 - Tigre
9232 - Zulu
9233 - Burundian
9234 - Kunama
9235 - Madi (Ma'di)
9236 - Ogaden
9237 - Rwandan
9238 - Shona
9241 - Swahili
9242 - Swazilander
9299 - Southern and East African, nec


Die Kode vir ons afkoms is dus : 9201 AFRIKANER

Die korrekte antwoord is dus : AFRIKANER

Ek sien daar is wel 'n ander opsie (9215 South African) vir almal wat hulleself nie as 'n Afrikaner sien nie. Volgens 'n Professor J A Heese wat vir sy boek "Die Herkoms van die Afrikaner" navorsing gedoen het is 'n Afrikaner:
35.5% Hollands
34.4% Duits
13.9% Frans
7.2% African/Asian/Khoi
2.6% Brits
2.6% Ander Europees
3.5% Onbepaald

Die resultate van hierdie sensus sal eers in Junie 2012 (eerste uitgawe) en dan weer Oktober 2012 (tweede uitgawe) beskikbaar wees volgens hierdie publikasie.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings