Friday, May 15, 2015

Mees populêre voorstede in Australië onder Suid Afrikaners gebaseer op 2011 sensus

Goeiedag

(Skakel na hierdie bladsy)

Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data van 2011 gebruik om 'n paar baie nuttige brokkies inligting aan mense te verskaf wat meer wil weet omtrent die demografiese inligting van Australië.

Julle kan gerus my skrywes gaan lees oor waar die meeste oud Suid Afrikaners hulself in Australië kom vestig het:

Bogenoemde was alles gebaseer op die 2006 sensus data.

Ek het gedink...wat as ek die 2006 en 2011 sensus data op 'n per-voorstad basis vergelyk en dan bereken wat die toename of afname is in die ex - Suid Afrikaanse bevolking vir daardie voorstad.

Sodoende sal mens 'n idee kan kry van watter voorstede is HUIDIGLIK die bestemming vir Suid Afrikaners.  Dit sal die historiese emigrante wat alreeds meer as 20 jaar gelede hiernatoe gekom het 'n kleiner breukdeel laat uitmaak van die data (indien mens sou aanneem dat hulle steeds in hul gevestigde voorstede bly..ek verwys nou hier na voorstede soos Vaucluse en Dover Heights).

Die vrae wat ek wou beantwoord was:
  • Watter voorstede is NOU die setels van die meeste groei in nuwe Suid Afrikaanse immigrante
  • Watter voorstede het (vir watter redes ook al) tussen 2006 en 2011 Suid Afrikaanse mense verloor deur 'n eksodus na ander voorstede.
Ek het toe vir julle 'n interaktiewe Google Kaart  saamgestel wat julle die voorstede aandui met 'n Suid Afrikaanse populasie toename van 25 persone of meer, asook 'n afname van 20 of meer.

Daar is natuurlik heelwat voorstede wat geen Suid Afrikaanse populasie verandering gehad het nie: hoofsaaklik omdat daar glad nie Suid Afrikaners bly nie, of waar dit konstant gebly het.

Julle kan die kaart besigtig deur hier te kliek:

Julle kan ekstra informasie oor die voorstad kry deur op die gekleurde areas te kliek.

Ek het die gebiede ingekleur op grond van die hoeveelheid oud Suid Afrikaners wat tussen 2006 en 2011 in hierdie voorstede ingetrek het.
Rooi = die meeste
Oranje
Geel
Groen
Ligblou
Donkerblou= die minse maar steeds meer as 25 persone

Pers = voorstede waar daar meer as 20 persone (netto) weggetrek het tussen 2006 en 2011

NB - die voorstede wat in PERS gekleur is, het om een of ander rede nie aanklank gevind met Suid Afrikaners nie (derhalwe het hulle WEGGETREK soos nou maar eenmal ons se gewoonte is).

Daar is voorstede soos Ashby in Westelike Australie is waar daar in 5 jaar se tyd 1171 nuwe oud Suid Afrikaners ingetrek het (amper 70% van die totale Suid Afrikaanse populasie van daardie voorstad wat 1711 behels).
Dan is daar ook ander swartskaap voorstede soos Dianella,WA en Tallebudgera, Qld wat onderskeidelik 52 en 74 Suid Afrikaners verloor het oor die afgelope 5 jaar.

Dit mag inderdaat wees dat vir areas wat dieselfde gebly het (groter as minus 20 en kleiner as plus 25), dat daar baie in- en uitbeweeg het, maar ek het hulle nie ingesluit nie.

My kaart dui net 'n groot netto invloei of uitvloei aan.
Julle sal onthou dat St Ives in Sydney voorheen hoog op die ranglys was, maar omdat ek hierdie keer meer na die verandering sedert 2006 gekyk het, kry die nuwe voorstede soos Kellyville, Beaumont Hills en Rouse Hill hierdie keer die meeste NUWE immigrante.

Vir 'n volledige verduideliking van die inligting kyk gerus na my vorige skrywes in die skakels aan die bokant van hierdie post.
Die "Indeks" in die inligting verwys na 'n maatstaf om die mate te bereken waarmee die spesifieke voorstad meer Suid Afrikaners huisves as wat statisties verwag sou word (m.a.w daar is 'n mate van kieskeurigheid vir spesifieke voorstede wat die willekeurige beweging van populasie verontagsaam).

Daar is onder andere ook 'n skakel na die 2011 sensus bron data, en skakels na die nuutste RealEstate.com.au en Domain.com.au webtuistes indien jy op soek is na 'n huis om te huur.

Dieselfde inligting is in die volgende Google Spreadsheets beskikbaar, maar hierdie het ALLE voorsted in Australië. Hierdie dokumente is almal gesorteer volgens die kolom "Change population from SA since 2006 census", maar dit staan julle vry om die rekords te sorteer volgens enige ander kolom soos gemiddelde maandelikse inkomste of "Median monthly rent".

Ek hoop hierdie sameflansing van inligting sal julle handig te pas kom. Groetnis.


Gaan kyk gerus na 'n soortgelyke kaart vanaf SBS se webtuiste. (Dit mag dalk met die 2006 data gemaak wees)

Kaart van Australië wat die lande van afkoms aandui

Gedink julle sal hierdie kaart wat deur die TV Kanaal SBS gemaak is baie insiggewend vind.
Kliek op die verskillende stede om te sien waar die Suid Afrikaners meestal bly.  (Hulle is die oranje gekleurde dele)

Kliek op hierdie skakel om te gaan kyk na 'n baie insiggewende interaktiewe kaart wat wys waarvandaan al die immigrante in Australië afkomstig is.

Adelaide, Suid Australië


Brisbane, Queensland

Canberra, ACT

Hobart, Tasmanië

Melbourne, Victoria

Perth, Westelike Australië

Sydney, NSW

Hierdie data is baie dieselfde as die drie aflewerings wat ek daaroor gedoen het.  Ek beoog nog om eendag die statistieke van die laaste 2 sensus opnames te vergelyk om aan te dui waarheen Suid Afrikaners sederdien getrek het en watter voorstede nou populêr is.

Saturday, May 04, 2013

Wat net onder die wateroppervlak vir ons wag

(Skakel na hierdie inskrywing)

So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry.  Wanneer mens mos by die see bly kom jy later nie meer so gereeld op die strand soos wat jy behoort nie.  Mens se lewe raak dalk net te besig.  Maar laas naweek het ons 'n heerlike warm sonnige dag hier in Sydney gehad en ons het besluit om bietjie na Freshwater strand toe te gaan


View Larger Map

Ons snorkel gewoonlik teen die rotse aan die noordelike kant van die strand.  Hierdie tyd van die jaar is daar 'n verbysterende groot hoeveelheid klein visse vir 'n gebied wat in die gematigde temperatuur waters van Australië voorkom.  In die tropiese streek is daar natuurlik baie meer verskeidenheid in seelewe.

My familie snorkel saam en geniet dit ook baie.  Ek het al 'n paar keer baie besonderse seelewe hier by Freshwater strand gesien, soos byvoorbeel die 2 meter Wobbegong haai wat ek al hier gesien het.  Hulle is nie regtig gevaarlik vir mense nie, behalwe as jy miskien op hulle gaan trap.  Mense egter is wel gevaarlik vir hulle, soos die volgende uittreksel lees: "Although wobbegongs do not eat humans, humans frequently eat wobbegongs; the flesh of a wobbegong or other shark is called flake and it is often used in fish and chips in Australia".

Wel, hierdie keer het ek my bewapen met my klein Olympus mik en druk en my seun belowe dat ek fotografiese bewyse gaan probeer kry van die Wobbegong by Freshwater beach.  Die see het my egter verras met baie meer as wat ek kon gevra het en ek het my fotografiese bewyse gekry.
Wobbegongs leef op die seebodem soos naby rotspoele en daarom is ek altyd op die uitkyk vir hulle tussen die seeplante - juis omdat hulle hulself so goed kamoefleer.

Ek het nou wel nie die ou grote opgespoor nie, maar kon wel hierdie kort videotjie afgeneem kry van die kleiner een (nie seker watter sub spesie van die Wobbegong dit is nie).  As julle fyn dophou sal julle sien hoe dit agter die rotse verdwyn.  Ek het 'n geruime tyd gewag vir dit om uit te kom, maar later aanbeweeg elders.



Ek het die plek waar ek hom gesien het op die onderstaande satellietfoto gemerk.



Die water was heerlik...ek het seker meer as 2 ure gesnorkel en het ook die volgende twee "Rays" gesien, net so 'n entjie verdel langs die rotspoele af, omtrent gelyk met die getypoel.

Die eerste was 'n Fiddler Ray of Banjo Ray.
Hier is die video.

Met hul kenmerkende patrone op hul rug, is hulle baie maklik om te eien.

Terwyl ek besig was om hierdie kalant te bewonder het ek skielik in die hoek van my oog 'n tamaai "Bullray" of "Southern Eagle Ray" gesien.  Ek het eers gedink dit is dalk 'n Stringray, maar het na 'n soektog uitgevind dit is die "Asutraliese Southern Eagle Ray (Myliobatis australis)"

Ek het dit op 'n veilige afstand gevolg en die volgende video daarvan geneem terwyl ek gesorkel het:


Ek is redelik seker dit is die Bullray - hier is 'n ander video wat in Sydney deur Scuba duikers geneem is.

Dit was die "Cherry" op die koek vir my.

My enigste spyt is dat ek nie 'n beter onderwaterkamera gehad het om dit vir julle af te neem nie.

Hoe bevoorreg is ons nie om die see so op ons voorstoep te hê nie...
Ek het 'n 8 minute video gemaak van die magdom ander vissies wat ek Sondag daar gesien het wat julle kan sien deur hier te kliek.

Op 'n effense ander noot....  Het julle geweet jy kry nou die Google Street View ekwivalent vir die "Great Barrier Reef".  Dit is nou wel nog in wording, maar mens kan die onderwater skatte van die koraalrif verken deur slegs die kliek van jou muis.  www.catlinseaviewsurvey.com
Dit staan bekend as die Catlin Sea View Survey (www.catlinseaviewsurvey.com)

Jy kan op 'n virtuele skubaduik gaan.  Hulle het reeds 'n hele paar koraalriwwe met spesiale 360 grade kameras afgeneem.






Wat nogal besonders is van die webblad is dat mens dit in volskerm met realistiese onderwater klank kan bekyk, wat jou amper laat voel of jy werklik daar is.

Kliek op "Locations" en kies een van die riwwe, soos byvoorbeeld die Opal Reef.

Gaan besoek asseblief hierdie Webblad....dit is uitstekend.  Nou kan almal die Groot Australiese Rif besoek.
Hier is 'n koerantartikel oor die webblad uit die SMH.

Op dieselfde onderwerp:  Die Verenigde Nasies het Australië blykbaar kennis gegee dat hulle die Groot Australiese Rif op die lys van bedreigde wêrelderfenisgebiede gaan plaas wat in die woorde van 'n Australiese senator beteken dat "it was worrying that Australia was on the brink of joining the ‘‘list of shame’’ as a country that could not manage its world heritage sites." " ‘‘Australia would be the only developed country in the world to have a world heritage site on endangered list. It would be a huge international embarrassment and it would be a big blow to our tourism industry,’’ she said.


Saturday, December 22, 2012

Missie rollemskaats

(Blog skakel)

Woensdagaand van 9:00 PM tot 12:30 AM het ons 'n mission rollemskaats/rollerblade gedoen van so by die 18.7km ver vanaf Queens Park, verby Randwick, Kensington,Alexandria, Surry Hills en terug deur Darlinghurst terug tot waar ons begin het.  Daar was so 13 skaatsers.  Daar is voorwaar baie fietsroetes om te skaats in die stad en watter beter oefening.

Hier is die kaart roete wat ek met my Garmin Foretrex 101 opgeneem het.


View Rollerblade 20121219 in a larger map




Aussie Krismis

(Blog skakel)

Soos in meeste ander lande in die suidelike halfrond is 'n wit kersfees met sneeu so uit soos koekies in die weeshuis, want dis eenvoudig te warm hier.  Hoe komies is hierdie video van die kersfees vaders wat Surf in hulle warm jasse nie?
Hier is 'n video van die Kersfees TV advertensie van 'n kruideniersware winkel ALDI wat nou hier op ons TV wys:



Sunday, December 16, 2012

Eerste somer snorkel by Clovelly strand

Hierdie naweek was dit weer 'n heerlike dag by die see.  Ons het ons skuilinkie op die strand opgeslaan teen die son se ergste strale, heerlik gekuier en gesnorkel saam met vriende.  Hier is sommer so 'n kort video van die visse wat ek gesien het.

Snorkel by Clovelly



Kersfees liggies

Hierdie tyd van die jaar versier die mense hul huise en kerke alte fraai met die helderste en veelkleurigste kersfees liggies.  As jy in jou motor spring en na donker bietjie gaan rondry is daar op telke plekke net liggies waar jy kyk  Hier is 'n paar fotos wat ek gisteraand geneem het.  (Kliek op die huise en kerke om te sien waar)





























Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings