Wednesday, May 30, 2007

Vandag lekker saam met Riekie van SAAustralia gekuier.

Ons het vandag tog te lekker by Castle Towers saam met Riekie van SAAustralia.org gekuier. Riekie....BAIE DANKIE VIR JOU BYDRAE AAN DIE SA Expats oppad na Aus. Ons waardeer dit.

Hoe om in kontak te bly as jy Aussie land toe kom

Kyk, 'n boer maak 'n plan...die belangrikste is om DADELIK in kontak te wees met jou geliefdes wanneer jy in Australië aanland.

Ek beveel die volgende aan:

  • Kry vir jou 'n Gmail (Google Mail) e-pos adres so gou as moontlik. Daarmee kry jy amper 3 Gig se aanlyn e-pos spasie, sodat jy al jou briewe sentraal op die Internet kan stuur en ontvang en sodat jy nie van 'n spesifieke PC afhanklik is nie. Dan sal jy NOOIT bang hoef te wees dat jy jou adresboek of belangrike e-pos sal verloor as jou PC crash nie, en jy sal van enige rekenaar af toegang tot al jou kontakte en e-pos hê. Gaan kry vir jou so 'n GRATIS e-pos adres by Google Mail. Jy kan dan sommer in jou "browser" of via Google Talk chat met mense in Suid Afrika.
  • Kry vir jou Google Maps en Google Docs, sodat jy jou dokumente sentraal kan hou en van enige plek af toegang het daartoe. Ek het op hierdie manier byvoorbeeld 'n todo lys gehou wat ek kort kort opgedateer het. Die kaarte is nodig om die adresse van al die mense in Oz aanlyn te kan onthou sodat jy nie hoef te soek vir al die plekke waar jy hul adresse neergeskryf het nie....glo my, as jy hier kom is daar baie dinge om te onthou.
  • Sorg dat jy vooraf jou Suid Afrikaanse selfoon "Voicemail Box" opstel met 'n PIN sodat jy na jou stem boodskappe kan luister vananf enige lokale of oorsese landlyn.
    Vir Vodacom beteken dit jy bel +2782131(en die laatste 7 syfers van jou nommer) en druk dan 1 terwyl die gewone stemboodskap speel. Dit sal dan jou Password vra sodat jy na jou boodskappe kan luister asof jy op jou foon is.
    Vir Cell-C beteken dit jy bel +278413(en die laatste 7 syfers van jou nommer) en druk dan # terwyl die gewone stemboodskap speel. Dit sal dan jou Password vra sodat jy na jou boodskappe kan luister asof jy op jou foon is.
    (Ek weet nie wat dit vir MTN is nie, maar iemand kan dalk 'n "Comment" hier los.)

    Op hierdie manier kan jy dan na jou spraak boodskappe luister, tensy jy jou foon op "Roaming" stel, maar onthou dan net dat jy dan vir die oorsese oproepe betaal.
  • Die volgende is om vir jou 'n Australiese "Prepaid" simkaart te kry. Ek het een gekry by Optus. Ek het dit eenvoudig in my Selfoon gesit en kon dadelik bel. Die GPRS opstellings was ook reeds reg en ek kon met my selfoon MXIT gebruik om goedkoop te chat met my SA vriende en familie. By Optus is die tariewe hier. Om MXIT op te stel op jou foon. Gaan eenvoudig met jou foon se WAP browser na www.mxit.co.za/wap en volg die instruksies verder. Jy vul dan net jou nommer in met 27 og 61 aan die begin. Dit maak nie saak watter nommer (SA of Aus) jy gebruik nie omdat dit net as 'n "username" gebruik word. Ek het ons MXIT asook ons familie se MXIT opgestel toe ons nog in SA was. As jy hier kom werk dit dadelik sonder enige verstellings.
  • Dan moet jy sorg dat jy 'n volledig werkende PC of laptop het om in Oz te gebruik as jy hier aankom. Ek het my PC kas, my keyboard en muis en al die nodige kabels, sowel as die mikrofoon en oorfone (of luidsprekers) saamgebring in 'n tas nadat ek die PC baie goed toegedraai het. Hardeskywe "park" hul leeskoppe outomaties en behoort nie beskadig te word nie. Ek moes net toe ek hier kom een van my RAM/DIM kaarte terugdruk wat uitgeval het tydens die reis. Ek het nie die skerm saamgebring nie en vir my hier net 'n LCD skerm gekoop.
  • Koop vir jou by die Johannesburg lughawe se "duty free" afdeling een van die "converters" wat 'n Suid Afrikaanse driepunt prop omskakel na 'n Australiese een. Bring ook genoeg "multiplug adapters" (wat jy in Suid Afrika gekoop het) saam sowel as kragkabels vir jou rekenaar en skerm. Ek het toe net hier in Oz vir my 'n Aussie multiplug gekoop waarin en alles toe ingeprop het.
  • Koop dan hier in Oz 'n iBurst wireless modem. Dit kos tussen A$170 en A$300, maar ons het sommer een gekry by die landlord van ons tydelike huur verblyf. Mens kry dit by enige winkel soos byvoorbeeld Dick Smith Powerhouse. Kyk waar is hul winkels. Hier is 'n kaart met iBurst dekking vir Sydney. Die spoed is 1 Mbps of 1024 kbps.
  • Die volgende stap is om die "Fat Free Fone Company" te bel by 1800 853 993. Jy kan selfs modems by hulle huur en hulle vereis nie dat jy langtermyn broadband kontrakte met hulle sluit nie. Ons kry 'n byvoorbeeld spesiale afslag saam met ons woonstel op die huur tariewe:
    1-7 dae : $10 per dag
    8-14 dae : $8 per dag
    15-21 dae : $7 per dag
    21-30 dae : $6 per dag
    30+ dae : $5 per dag
    Jy kry 50 Meg om data per dag en dan A$0.15 per meg daarna.
    Ek het sommer my SA kredietkaart gebruik om te betaal. Daar was 'n $25 konneksie fooi.

  • Hulle email of SMS jou dan net vir jou die username en password. Ek belowe...ek het net die netwerk kabel in my PC ingeprop (niks drivers of iets gelaai nie), ek het "Create a new connection", "Connect to the internet", "Set up my connection manually", "Connect using a broadband connection that requires a username and password", my username en password ingesit, "Anyone use" gekies, Finish gekliek....en voila toe ek "Connect" kliek was ek gekonnekteer.
  • Die volgende stap is om reeds in Suid Afrika seker te maak dat jy Skype (voice over IP) geinstalleer het. Daarmee kan jy heeltemal gratis na 'n ander Skype gebruiker bel. Maar jy kan ook met jou kredietkaart "credits" koop sodat jy na enige Suid Afrikaanse landlyn kan bel teen A$ 0.088 per minuut en A$ 0.302 per minuut na 'n landlyn. Maar julle kan ook OzTell gebruik....ek het gehoor dit is dalk nog goedkoper.
  • Bo en behalwe dit onthou ook om die gratis Faksnommer te kry wat ek van gepraat het om my vorige post.
Ek hoop hierdie inligting is vir julle van waarde.

Sunday, May 27, 2007

Mag ons getroue pelgrims wees

Die laaste paar dae is daar 'n liedjie waarvan die woorde af en toe deur my gedagtes kom...miskien is dit vir iemand tot aansporing...mag dit ook in ons lewens waar word.

Dis 'n liedjie wat Steve Green altyd gesing het...

>
We're pilgrims on the journey
Of the narrow road
And those who've gone before us line the way
Cheering on the faithful, encouraging the weary
Their lives a stirring testament to God's sustaining grace


Surrounded by so great a cloud of witnesses
Let us run the race not only for the prize
But as those who've gone before us
Let us leave to those behind us
The heritage of faithfulness passed on through godly lives

CHORUS:
Oh may all who come behind us find us faithful
May the fire of our devotion light their way
May the footprints that we leave
Lead them to believe
And the lives we live inspire them to obey


Oh may all who come behind us find us faithful

After all our hopes and dreams have come and gone
And our children sift through all we've left behind
May the clues that they discover and the memories they uncover
Become the light that leads them to the road we each must find

REPEAT CHORUS

Oh may all who come behind us find us faithful
Oh may all who come behind us find us faithful



>

Sterkte....waarheen julle ook al oppad is en ook aan die wat agterbly waar ook al jy voel jy moet wees.

Nou ja, ons is nou hier in Oz

Wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
Wie weet, waar die vlugteling veilig is
Waar die Swerwer eindelik rus
En as daar is
Neem my saam, neem my saam
(Koos du Plessis...kenwysie van Jopie Adam)

Noem dit maar 'n droom, maar ons "droom" het nou waar geword. Ek het vandag my kamera se battery pap fotos geneem. Ons is nou al van Donderdag middag af in Oostralië. Ek het met die Qantas "time-machine" gery en nou is daar offisiëel 8 ure "missing" uit my lewe. Net iemand wat al "jet-lag" gehad het weet regtig wat dit behels. Dis soos om 'n slaapwandelaar te wees. Dit voel kompleet of mens se geheue net 3 feite ver strek, want as jy by die 3e feit kom wat jy moet onthou val die eerste van die bus af. Waar jy voorheen die magistraatskantoor om 7 uur die oggend besoek het, kry jy snaakse eienaardige "pyne" so 3 uur in die middag. So teen vyfuur die middag voel dit of elke bed jou aan die slaap wil toor en behoede jou as jy so teen 2 uur die oggend wakker word, want dan voel dit of jy van 'n Sondagmiddag slapie wakker geword het so teen 18h00 as 50/50 gaan begin en jy begin verward wonder oor die dinge dink wat jy nog die volgende dag agter die rug moet kry.

Gaan kyk bietjie na ons eerste 2 dae se fotos.

Die eerste 3 fotos is op Jhb. Internasionaal....en die res is in Sydney.


Bogenoemde reënboog parakiete (dink ek) het ek agter in die erf in Castle Hill afgeneem.

Die meeste van die fotos is in die Castel Hill...Pennant Hills omgewing van die Sydney Hills afgeneem. Ons bly by vriende van ons. So my kinders het geen tekort aan maatjies nie. Dit maak die aanpassing vir hulle baie makliker.

Vrydag is ons na die ANZ bank tak om ons bankrekening te aktiveer...al wat ons nodig gehad het was ons paspoorte en die bewys dat ons binne 6 weke hier aangekom het (ons Qantas vliegtuigkaartjies). Daar was geen probleem nie. Die diens was baie persoonlik en professioneel...amper soos private banking in Suid Afrika (en ek is 'n doodgewone klient!). Hulle gee jou baie vriendelike persoonlike aandag... Ons het sommer op een slag die Access Advantage rekening geaktiveer en ook 'n V2Plus spaarrekening oopgemaak. Ons Internet bankdienste is ook dadelik aktief, maar ons wag nog om ons bankkaarte te kry. Ek het ook sommer die reisigerstjeks by die tak gewissel. Baie, baie , baie aangename diens....West Ryde tak.

Later die dag het ons by McDonalds gaan eet....Suid Afrika se burgers is defnitief BAIE meer smaakvol as die Pennant Hills tak syne.

Saterdag is ons saam met die kinders na die publieke park in Castle Hill. Daar was 'n "Dollar-operated electrical barbequeue", 'n "jungle gym" vir die kinders, tennis en basketbal baan en fietspaadjies. Alles langs hoë bome en met groen grasperke. Daar was afdakke waar enigeen 'n kinderpartytjie kon hou as hulle lus is. Die kinders het dit baie geniet. Die park is sommer loopafstand van die huise af.

Julle sal sien die huise lyk of die bakstene soos plakpapier teen die huise vasgeplak is. Ek kon eers nie glo dat dit regte bakstene was nie...maar met nadere ondersoek kan ek bevestig....dit is regte egte bakstene!!! Nie baksteen teëls of plakpapier nie. Ek het nog nooit sulke netjies gepleisterde huise gesien nie. Wat verwag jy vir 'n land waar die messelaars ("brickeys") amper net soveel geld kry as IT mense!

Iets wat my dadelik opgeval het van die omgewing is dat daar bykans oral 'n kenmerkende aroma in die lug is...ek vermoed dat dit al die Eucalyptus bome is, want oral sien jy net bome en helder pers blomme. Selfs die smaak van tamaties is anders as in Suid Afrika...daar is so ietsie van 'n suur waatlemoen smaak daarin. Vegemite ("Marmite") smaak vir my presies dieselfde as in SA, sowel as WheatBix. Wat ek dadelik van gehou het is die "Raisin toast"...defnitief 'n gunsteling...in SA het ek baie van Hot Cross Buns gehou, maar hierdie toast smaak minder na koeksoda.

Saterdag oggend moes ek na die New South Wales se RTA (Roads and Traffic Authority) in Castle Hill om 'n Customer Number te kry sodat ek Maandag my kar op my naam kan sit. Hulle het 'n "rental lease agreement", my paspoort asook 'n bankkaart met my naam en handtekening op benodig sodat ek kon registreer. Vir die wat ooit in Cummunica in Pretoriusstraat elektroniese komponente moes gaan koop...wel, hier werk dit oral net so: by die RTA, by Woolworths, by ANZ bank...oral druk jy 'n knoppie om 'n nommer te kry en dan help hulle jou lyk vir my binne 'n minuut sonder dat jy eers in 'n queue moet staan. By die RTA (lisensiekantoor) het ek skaars my kaartjie gehad, toe word ek al gehelp....en ek is 'n vreemdeling in 'n vreemde stad!

Nog iets wat my opgeval het....al die lorrie berstuuders is...., wel...wit.

Gister is ons na die Maquarie winkelsentrum toe...baie soos Menlyn, Kolonnade of Tygervallei met 'n binneshuise ysskaatsbaan en al. Op 'n paar vlakke gebou....het natuulik vir my 'n Navman N40i GPS gaan koop om verkenningwerk makliker te maak. Ons was ook by Woolworths om kos te koop. Ons kry toe vir ons 9 lekker groot skaaptjoppies vir so $10.50 en maak. Axe deodorant word lykmy hier Lynx genoem. En mens kry ook Vicks vaporub...want om een of ander rede is my neus in die nag so toe dat ek nie kan slaap nie. Binne die eerste 10 minute wat ons in die Woolies was het ander Suid Afrikaners wat al 11 jaar hier is ons dadelik as SAners uitgeken en ons kontakbesonderhede gevra...lyk vir my ons staan nogal uit tussen die Aussies....

Saterdagaand het ons 'n lekker eg Suid Afrikaanse (of is dit nou Oz) "barbie" gehou...die tjoppies smaak maar presies dieselfde.

Ek het Striling lite lager gedrink soos in SA.

O, ja, en hier is ek en my dapper liefling liefling oulike vroulief:



Ons is vandag na Copacabana, by die Central Coast. Dit is Noord van Sydney by die see. Gaan kyk na die fotos wat ons vandag geneem het. Op sommige plekke herinner die pad jou aan die N3 by Pietermaritzburg, op ander plekke aan die tuiroete, soms lyk die winkels en plekke soos in Margate. Ek kon 'n paar baie mooi fotos daar neem.

Daarna het ons by die vriendelikste familie Aussies in Copa gaan kuier, regtig wonderlike mense en ons het land en sand gesels.

Hierna is ons terug met die Newcastle-Sydney snelweg en het toe bietjie na huise in Castle Hill gekyk....almal lyk omtrent of dit uit die Truman Show se TV set afkomstig is...of ten minste vanaf een of ander Hollywood set...blykbaar is hierdie nie juis 'n rykmansbuurt nie. Let bietjie op hoe baie huise omhein is.... In die nag hoor jy omtrent niks honde blaf nie en ek het ook nog geen sirene in die nag gehoor nie. Die Oakhill skool is net so 50 meter af in die straat en die busroete loop net so naby verby.

More kry ons ons kar so ek is nogal bietjie opgewonde, tot nou toe is ons deur ons ons vriende rondgeneem.

Groete uit Aussie land.

Friday, May 25, 2007

Ons is van nou af in Sydney

Goeienag aan almal wat ons ken en vir wie ons so baie liefhet. Ek sit hier en blog omdat ek nie verder kan slaap nie. Dis nou net na 3 in die oggend (so net na 19h00 in my gewone slaaproetine...wanner ek gewoonlik wakker was in Suid Afrika).

Ons is van nou af hier in Sydney Australië. Dit waarvoor ons so lank gewag en beplan het het nou uiteindelik aangebreek. Ons is baie opgewonde (en ook bang oor ons nuwe lewe wat voorlê).

Om te begin terugvoer gee oor ons ervarings die afgelope paar dae....

Ten eerste...baie dankie aan my liefling skoonsuster. Ons het van laasweek Donderdag af al by haar huis geslaap omdat al ons aardse besittingkies wat 'n huis leefbaar kon maak in die vraghouer ingepak was. Al wat oor was, was ons klere.

Die afskeid was baie baie baie moeilik. Dit was vir ons baie baie baie erg. Dit het kompleet gevoel of 'n stuk vleis uit my hart uitgeskeur word sonder verdowing en terwyl ek wawyd wakker op die operasietafel lê. Dit was baie baie baie seer. Mens besef eers hoe verskriklik lief mens die mense rondom jou het wanneer jy afskeid moet neem. Ek is baie baie baie lief vir julle. Ek is jammer. Jammer dat ons julle so seer moes laat kry. Toe ons daar wegry en ons julle soos weeskinders daar agter moes laat. Ek kon die seer in julle oë ervaar, die gemis wat ons julle aandoen voel. Ons hou julle baie naby in ons harte. Asseblief, bly naby aan ons met die moontlikhede wat tegnologie bied en hou ons hande met epos, chat, SMS en telefoonlyn vas. Ons wil julle baie naby aan ons harte hou...ons sal net 37 millisekondes weg wees op die Internet.

Ons goeie vriendin Minke het ons by die lughawe gaan aflaai. Ons het so 14h00 se kant daar aangekom. Daar was NIKS NIKS NIKS parkering by die Internasionale deel van die lughawe parkering nie...nogal op 'n Woensdag middag....wat sal mens sê? Sokker wêreldbeker hier kom ons!

Ons bagasie het so 120 kg geweeg (van die 160 kg wat ons kon saamneem met die IOM kaartjies). Daar was 7 moewiese groot sakke. By die "luggage check in" vra hulle dadelik vir ons..."gaan julle emigreer?" Is dit so "obvious"? Voor die tyd het ons natuurlik ons bagasie met plastiek laat toespin. Dit kos R25 per sak en daarna lyk al 7 sakke asof dit soos die prooi van 'n moerse groot knopiespinnekop toegespin is...net reg om leeggesuig te word.

Teen 17h40 sit ons op ons plekke in die Qantas 747. So teen 18h10 begin die groot ystervoël grasieus oor die aanloopbaan beweeg en sekondes later begin derduisende "poprivets" sekuur in-formasie die lug in styg. Die Johannesburgse liggies skyn helder deur die kajuitvenster totdat dit uiteindelik in die niet verdwyn. Die 100 ton krag van die 747 trek ons moeiteloos tot by 11000 meter in die lug in. Die kaptein se kenmerkend Aussie aksent heet ons welkom oor die interkom stelsel en stel ons gerus dat "alles OK sal wees", want ons vlieg nou met Qantas.

Ons het heel agter by ry 73 in die middel gesit. Binne die eerste 5 minute van die vlug het my 8 jarige seun reeds die speletjies op die "entertainment system" van die vliegtuig onder die knie en my popelopsie van 'n dogtertjie (6 jaar) is al klaar besig om met intense konsentrasie in die inkleurboek te teken. Ek hou my liefling vrou se hand vas....en ons besef....NOU is omdraaikans verby! Ons het 'n lekker wind van agter gehad, in so 'n mate dat ons teen 1165 km/h die vlug van 11 uur en 45 minute in net bietjie meer as 11 uur afgelê het.

Die mense op die' lug-"bus" is baie vriendelik en hulpvaardig. Ek dink aan 'n liedjie van Laurika Rauch wat ook handel oor mense op 'n bus en oor 'n hart wat stukkend gebreek is...

Die mense op die bus ( dit is geskryf deur Laurika Rauch se man Christopher Torr)
(Ek sien daar is 'n musiekvideo weergawe van hierdie liedjie op YouTube)

Sing vir my saggies, sing van die reën
waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
ek het jou byna, jou byna vergeet

Die mense op die bus beskou
die liefde soos die oggenddou
my hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net-net weggesteek

Dalk is die liefde soos die reën
dit sal die aarde plek-plek seën
Die mense op die bus sê ja
verspreide buie hier en daar
......

Sing vir my saggies, sing van die reën
waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

.....

Ons kan regtig nie sê ons het in Sydney ENIGSINS probleme by die "customs"/doane gehad nie. My ervaring van hulle is...baie vriendelike mense. Heelparty aantreklike vroue wat mens baie vriendelik groet en mens welkom heet in Australië. Die een lag toe ons vir haar sê dat ons nog ons hele lewe lank net in Suid Afrika was (nadat sy wou weet in watter Afrika lande ons al was in die afgelope ruk) en dat dit vir my die heel eerste keer oorsee is. Ons sien 'n paar SA families van meer as 6 mense. Almal versigtig opgewonde oor hul nuwe toekoms. Dus geen probleme gehad met die gevreesde "customs" nie. Die man wat die bagasie deur die "scanners" laai is skoon verbaas toe ek my eie sak vir hom wil oplaai op die vervoerband. "Don't worry, it is my job..but go ahead if you really want.." is sy woorde wat mens sien hy met trots in die woorde vir ons sê.

Buite die lughawe kan ek dadelik agterkom die son skyn hier teen 'n laer hoek as wat ek gewoond is vir 15h00 in die middag. Oral staan netjiese wit sedan-motor taxi's wat mens laat dink aan die New York taxi's in die flieks...maar net wit. Die verkeer van die lughawe af herinner my baie aan Johannesburg verkeer... Die bane op die paaie voel net effens smaller en die motors wat voor mekaar insny voel vreemd normaal. Ons ry deur die tonnel en mense wag vreemd geduldig vir mekaar soos wat die bane soos 'n tregter bymekaar kom en saamsmelt om twee bane deur die tonnel te vorm. Groot vragmotors jaag met 'n spoed baie naby in die bane by ons verby...al die vragmotorbestuurders blyk wit te wees... Wat 'n kontras met Suid Afrika. Oppad na die Hills lyk die paaie baie besiger en smaller as wat ek dit op Google Earth vooraf bekyk het, baie meer heuwelagtig...amper soos Voortrekker weg oppad deur die poort by Wonderboom Suid. Die vulstasie waar ons stop lyk nogal stil...rustig gooi mens self petrol in en stop dan voor die "Quickshop" om self te gaan betaal...niks vreemd hieraan in Oz nie. In Suid Afrika sou baie gedink het "chrismas" het aangebreek... Ons sien ook 'n drive-through drankwinkel...hehe.

Ons bly vir 'n paar dae by vriende in 'n boomryke deel van Castle Hill. Ons eet Suid Afrikaanse macaroni en hoender. Ons kinders speel 'n hond uit 'n bos uit met ons vriende se kinders...nie eers die geringste sprake van vreemdgeit by hulle te bespeur nie...hulle neem die huis op horings.

Vandag wil ons ons ANZ bankrekening laat aktiveer.

Nou ja, hier sit ek en blog en ek dink aan Jannie du Topit se liedjie : "Drie uur in die more".

Al wat ek wil sê is:
Ek pak hierdie avontuur aan met diep vertroue in my liefdevolle Vader God...ek weet Hy sal ons nooit nooit nooit in die steek laat nie. Hy is ons Skaduwee aan ons regterhand, Hy sal ons troos deur sy kosbare kosbare Heilige Gees by ons en in elke voetstap ons hand vashou en met Sy sagte warm hand op my skouer weet ek ek is nie alleen nie...maar dat ek 'n Vriend het wat nader is as 'n broer.

Thursday, May 24, 2007

Tuesday, May 22, 2007

Wish me luck as you wave me goodbye...

Hier is 'n 2e Wêreldoorlog liedjie soos wat dit deur die OVALTINEYS en GRACIE FIELDS gedoen is.

Wish me luck, as you wave me goodbye.
Cheerio, here I go,on my way.

Wish me luck as you wave me goodbye.
With a cheer, not a tear,make it gay.

Give me a smile,I can keep for a while,
In my heart while I'm away.

Till we meet once again you and I,
Wish me luck as you wave me goodbye.

Wish me luck, as you wave me goodbye.
Cheerio, here I go, on my way

Wish me luck, as you wave me goodbye.
With a cheer, not a tear, make it gay

Give me a smile, I can keep for a while,
In my heart while I'm away.
Till we meet once again You and I
wish me luck as you wave me goodbye.



Friday, May 18, 2007

Totsiens Frikkie ons ou hondjie

Ons neem hierdie naweek met hartseer afskeid van ons geliefde Maltese hond Frikkie. Hy gaan van nou af by 'n nuwe familie in Montana sy intrek neem. Ons het lank gesoek vir iemand wat hom ook sal liefhê. Hy was soos 'n kind in die huis, maar ons kan hom nie saamneem nie. Om ses maande in kwarentyn te wees sal vir hom net te veel wees en vir ons te duur. Ons weet hy kry 'n goeie huis.
Totsiens Frikkie...Frikkie jy moet lekker verjaar !



Ons lego blokkies is nou in die container...

Nou weet ek hoe dit voel om alles te los en weg te trek na 'n vreemde land...

Dis soos om die "kunswerk" van jou lewe en familie wat mens die afgelope 34+ jare uit jou lego-blokkies met sorg en presisie blokkie-vir-blokkie aanmekaargesit het op een slag af te breek in honderde kleiner stukkies, en dit dan in bokse weg te bêre en dit 11000 kilometer op 'n ander plek weer aanmekaar te gaan sit.

Daardie "kunswerk" het jy jou "lewe" genoem.

Gister het Biddulphs Interational gekom, nadat hulle van Maandag af met sorg elke koppie, piering en meubelstuk veilig verpak het, alles in 'n 7 meter "container" kom laai. Dit was omtrent die goed wat in 'n 3 slaapkamer woonstel kan pas. Ons het uitgewerk wat die inhoud ver oor die R150 000 werd is maar dit kos ons met 3% versekering ingesluit sowat R38000 om dit met die skip Sydney toe te trek.

Hier trek ons al weer...

Thursday, May 17, 2007

Watter ander kostes het ons gehad?

Hier is 'n paar van daar verskuilde kostes:

R 220 By MAGIC TRAVEL in Menlyn vir 2 Internasionale Bestuurspermitte (Streng gesproke nie nodig nie, maar net in geval)
R 200 By Incredible Connection vir 1 Gig USB memory stick om al ons ingescande dokumente op te hou
R 600 By Incredible Connection vir CANON LIDE 25 SCANNER om dokumente in te scan
R 200 By Incredible Connection vir ekstra SD memory card om BAIE MEER fotos te kan neem.
R 289 By Kodak vir ekstra battery vir Kodak DX6490 kamera
R 398 By Globetrotter Centurion vir 2 handbagasie tasse
R 1196 (4 x R 299) Large K-Way Evo Gear Bags
R 998 (2 x R 499) K-Way Roller Gearbag (M)
R 26373 Vir "furnished" akkommodasie in Sydney
R90 Vir 6 kombinasie slotjies vir sakke by Outdoor warehouse (kyk ook na hul ander travel produkte)

Ek het ook vir my een van daai R20 helder LED liggies gekoop om in die donker in bagasie te kan rondkrap.

PS: Die sakke vat min spasie as jy dit leeg is en is baie goedkoper as om duur R2000 Samsonite tasse te koop...die goedkoopste wat ek kon kry was R1000 vir sowat 'n 80 liter een.

Net om julle so 'n paar idees te gee.

Wie is in aanvraag in Australië

Toe ek my ACS goedkeuring gekry het in Desember laasjaar kon ek nie verstaan waarom die volgende frase op my ACS goedkeurings brief verskyn het nie:
"Based on the provided certified documentation it is the opinion of the ACS that the applicant has 12 months experience in C++/C#/C"

Dit het my nogal ge-"puzzle", want ek het vir hulle gesertifiseerde bewyse gelewer dat ek ten minste 8 jaar en 4 maande ondervinding in C++ het. Maar dit blyk nou dat hulle vir alle suksesvolle MODL kandidate hierdie frase op die brief plaas, ongeag van die hoeveelheid ondervinding:

Die volgende verskyn op die volgende ACS website bladsy:
If you receive a suitable skills assessment and are approved for MODL nomination, the following statement will appear on your result letter:

"Based on the provided certified documentation, it is my opinion that the applicant has 12 months experience in ______ (name of specialisation, for example, SAP)".
Please note that the statement above applies to all successful MODL nomination regardless of the amount of experience the applicant holds."
Net vir interessantheid en om julle ander ook gerus te stel. Hulle sit dus nie jou presiese jare ondervinding in as jy op die MODL lys is nie.

'n "Skilled Independent"/136 aansoeker wat op die MODL lys is word in die "priority queue" geplaas en blykbaar kry jou VISA aansoek dan voorkeur behandeling. Jy kry ook 15 ekstra punte vir die VISA.

Hier is die MODL lys vir vaardighede op hierdie lys soos wat dit 20 September 2006 daaruit gesien het.

MIGRATION OCCUPATIONS IN DEMAND (MODL)

Managers and Administrators ASCO code
Child Care Coordinator 1295-11

Professionals ASCO code
Accountant 2211-11
Anaesthetist 2312-11
Chemical Engineer 2129-17
Civil Engineer 2124-11
Computing Professional - specialising in CISSP * 2231-79
Computing Professional - specialising in C++/C#/C * 2231-79
Computing Professional - specialising in Java * 2231-79
Computing Professional - specialising in J2EE * 2231-79
Computing Professional - specialising in Network Security * 2231-79
Computing Professional - specialising in Oracle * 2231-79
Computing Professional - specialising in PeopleSoft * 2231-79
Computing Professional - specialising in SAP * 2231-79
Computing Professional - specialising in SIEBEL * 2231-79
Dental Specialist 2381-13
Dentist 2381-11
Dermatologist 2312-13
Electrical Engineer 2125-11
Emergency Medicine Specialist 2312-15
General Medical Practitioner 2311-11
Hospital Pharmacist 2382-11
Mechanical Engineer 2126-11
Medical Diagnostic Radiographer 2391-11
Mining Engineer (excluding Petroleum) 2127-11
Obstetrician and Gynaecologist 2312-17
Occupational Therapist 2383-11
Ophthalmologist 2312-19
Paediatrician 2312-21
Pathologist 2312-23
Petroleum Engineer 2127-13
Physiotherapist 2385-11
Podiatrist 2388-11
Psychiatrist 2312-27
Radiologist 2312-29
Registered Mental Health Nurse 2325-11
Registered Midwife 2324-11
Registered Nurse 2323-11
Retail Pharmacist 2382-15
Specialist Medical Practitioners (not elsewhere classified) 2312-79
Specialist Physician 2312-25
Speech Pathologist 2386-11
Sonographer 2391-17
Surgeon 2312-31
Surveyor 2123-13

Associate Professionals ASCO Code
Chef (excluding Commis Chef) 3322-11 (part)

Trades Persons ASCO codes
Automotive Electrician 4212-11
Baker 4512-11
Boat Builder and Repairer 4981-13
Bricklayer 4414-11
Cabinetmaker 4922-11
Carpenter 4411-13
Carpenter and Joiner 4411-11
Cook 4513-11
Drainer 4431-15
Electrical Powerline Tradesperson 4313-11
Electrician (Special Class) 4311-13
Electronic Equipment Tradesperson 4315-11
Fibrous Plasterer 4412-11
Fitter 4112-11
Floor Finisher 4423-11
Furniture Upholsterer 4942-11
Gasfitter 4431-13
General Electrician 4311-11
General Electronic Instrument-Tradesperson 4314-11
General Plumber 4431-11
Hairdresser 4931-11
Joiner 4411-15
Lift Mechanic 4311-15
Mechanical Services and Air-conditioning Plumber 4431-19
Metal Fabricator (Boilermaker) 4122-11
Metal Machinist (First Class) 4112-13
Motor Mechanic 4211-11
Panel Beater 4213-11
Pastry Cook 4512-13
Pressure Welder 4122-13
Refrigeration and Air-conditioning Mechanic 4312-11
Roof Plumber 4431-17
Roof Slater and Tiler 4413-11
Solid Plasterer 4415-11
Sheetmetal Worker (First Class) 4124-11
Stonemason 4416-13
Toolmaker 4113-11
Vehicle Body Maker 4215-11
Vehicle Painter 4214-11
Wall and Floor Tiler 4416-11
Welder (First Class) 4122-15

Hoekom is hierdie vaardighede in aanvraag....wel seker omdat daar nog 'n tekort is aan mense met hierdie vaardighede. Dit beteken dus soos wat meer en meer mense met hierdie vaardighede (veral van Suid Afrika) emigreer na Australië, hoe korter gaan hierdie lys word.
Moet dus nie slaap nie...skrik wakker en doen aansoek, want soos wat die plekke gevul word gaan dit al hoe moeiliker word.

Tuesday, May 15, 2007

Ek ry nou met die aposteldonkie

Ek is nou offisieel kar loos, skuld loos, huis loos en al ons geld sit vir ons en wag in Australië...
Ek gaan nou te voet wanneer ek nie by familie of kollegas 'n saamrygeleentheid kan kry nie. Baie dankie aan Mariana vir die daaglikse "lift" werktoe en terug. Ek waardeer dit. Dankie aan my spesiale skoonma en skoonsus vir jul opoffering om hierdie familie "haweloses" te help.

Alles vir ons 136 PR (Permanent Residence VISA) is afgehandel in Suid Afrika, ek het 'n werk waar my plekkie vir my sit en wag, ons het ons tydelike 457 VISA, die pakkers is gereël van Biddulphs, die vliegtuigkaartjie is bespreek, ons akkommodasie in Aussie land is bespreek en betaal en ons reissakke is gekoop. Ek het laas naweek alles wat ons op die vliegtuig gaan in die sakke gepak en geweeg sodat ons makliker kan besluit wat alles in die houer ("container") in moet gaan.

Soos in Egipte van ouds is ons feitlik klaar "...aangetrek vir die reis, skoene aan die voete en kierie in die hand." Eksodus 12:11

Wat 'n voorreg...wat 'n avontuur! Wat 'n hartseer storie... Moontlik een keer in mens se lewe kry jy die geleentheid om te voel wat dit is om "alles" te los en die groot onbekende aan te durf. Om uit jou gemaksone te kom en te besef "die lewe is meer as die kos wat jy eet en die liggaam meer as die klere wat jy aanhet", die duur huis waarin jy woon, die "fensie" kar wat jy ry, die sterkte van jou palisade heining, die spoed van jou gewapende reaksiemag.... Ons gaan ons konsep van die lewe vergroot, ons besef van hoe groot die wêreld werklik is in heroorweging neem, en ons bekende horisonne verbreed verby enigiets wat ons die afgelope 34 plus jaar ervaar het !! Ons gaan in ander mense verander word...ons gaan onsself verbaas. Want wie sou nou ooit kon dink dat gewone mense soos ons so iets sou kon aanpak?

Ons het die afgelope paar weke saam met baie van ons wonderlike familie en vriende gekuier en gebraai - dankie aan julle almal dat julle ons besluit respekteer... Ons is hartseer om te gaan. Maar ons doen dit vir ons kinders. Ons wil graag aan hulle ook die geleenthede en vryheid bied wat ons as kinders gehad het.

Ek het nou net ons SABC TV lisense "probeer" kanselleer. Kom ons hoop dit werk. Want mens moet 'n faks stuur na die "Cancellation Department" by 011 3309560 en 'n beëdigde verklaring aanheg wat sê sat jy die land verlaat en jou TV stel saamneem, jy moet jou vliegtuigkaartjie, ID, paspoort en VISA afskrifte aanheg, en ek het sommer ook ons Biddulphs kwotasie aangeheg. Daarby moet jy ook jou TV lisensie nommer meld. Kom ons hoop ek hoef dit nie 10 keer te doen nie.

Daarby sorg ek dat al ons karre en sleepwaens van ons naam af is. Mens vul 'n NCO vorm in waarop jy en die nuwe eienaar geteken het, heg 'n afskrif van jou ID aan sowel as bewys van verblyf. As die kar dan nog op jou naam was, kry jy 'n "de-registration certificate".

Sorg dat al jou rekenings (behalwe jou bankrekening) gesluit is...al daai klerewinkel rekenings wat jou so in slawerny van skuld gehou het al die jare. Sorg dat alles in orde is as jy vertrek en dat jy niemand geld skuld nie....mens brand nie brue af agter jou nie !

Sorg dat jy jou pensioen sake afgehandel het voor jy vertrek en dat jy gereël het om dit in 'n voorsorgvonds in te betaal of in kontant uit te betaal voor jy vertrek. Sorg ook dat jou medies reg afgehandel word....as jy meer as jou mediese spaarrekening gebruik het tot op datum, dan sal jy moet inbetaal...

Maak seker dat daar nie onnodige debietorders van jou bankrekening af gaan nie. Later as alles uitgewerk het kan ons die bankrekenings sluit.

In kort....maak seker dat die wortels van hierdie groot potplant wat jy besig is om oor te plant mooi afgesny word anders gaan dit afbreek en die wortels gaan seerkry... Net soos 'n boom blare verloor wanneer dit oorgeplant word, sodat dit minder water nodig het vanuit die grond (omdat die fyn haarworteltjies nog nie so goed in die grondwater van die nuwe "potting soil" ingeweef is nie), net so gaan ons "blare" maar vir die eerste ruk minder welig groei. Ons moet eers ons voete vind in die nuwe omgewing. Ons "blare" draai sodat dit die maksimum sonlig vang in 'n nuwe kamer waar die vensters op 'n ander plek sit en ons wortels diep laat stoot om ons weer vas en stewig te anker in nuwe grond met 'n ander minerale samestelling. Dalk gaan ons aanvanklik soos 'n rankplant op die ondersteuning van 'n ander boom staatmaak, en dalk gaan ons vir 'n rukkie soos 'n sonneblom alleen die son moet volg om uiteindelik weer vars olie vir ander te kan maak.

Na so 'n lang proses van verandering wat in mens se lewe plaasvind moet mens hier aan die einde jouself herinner WAAROM jy dit nou weer doen. Mens besef wat jy aan jou familie doen wat agterbly. Amper soos 'n mossel wat losgeskeur word van 'n rots.

Dit laat my dink aan Koos du Plessis se liedjie...so los ons hulle agter met 'n droom en 'n gebreekte kitaar....


Koos du Plessis - Herman
------------------------

D Bm G D
Herman jou skepe lê weer in die baai,
A7 D
Hulle kom van ou oorde, waar ver winde waai,
G A7 D
Van Java en Malta, Beiroet en Bombaai,
G A7 D
Maar waar jy vanaand is kan ons maar net raai.
A7 D G D Bm A7
Ons wou nog praat oor Leningrad, Khartoem en Zanzibar
Em A7 Em A7
Toe laat jy vir my, alleen agter bly
Em A7 G D
Met 'n droom en gebreekte kitaar


Woorde & musiek - Koos du Plessis

Thursday, May 10, 2007

Hierdie tydsone verskynsel is nogal interessant

Iets wat julle seker al teen hierdie tyd al agtergekom het van my, is dat ek daarvan hou om dinge uit te werk en te meet...feite maak nie altyd vir my sin totdat ek dit vir myself omgesit het in nuttige informasie nie. Een so 'n voorbeeld is hierdie tydsone ding. Hier is my gedagtes daaroor. Ek gaan probeer om dit vir myself en vir julle op 'n eenvoudige manier uit te pluis.

Soos julle weet het 'n ronde ding soos 'n sirkel 360 grade, ok. Dit beteken dit het 360° gedraai as dit een keer in die rondte is. Soos julle seker teen hierdie tyd al agter gekom het draai die aarde om sy as een keer in 24 uur. Dit beteken dat die hoeksnelheid dus 360°/24uur = 15°/uur is.
Die aarde draai dus om sy as teen 'n hoeksnelheid van 15° per uur. As 'n uur verby is op enige plek op aarde het dit dus 15° gedraai. Hierdie 360° indelings van 'n sirkel beteken dan ook dat die aarde (as jy dit van die noordpool af bekyk) dus in 24 sulke koeksnye van 15° ingedeel kan word - elke 15° draaiing is 1 uur uitmekaar. Elkeen van hierdie 15° indelings verteenwoordig een van 24 tydsones. Mens meet dit in grade op die oos-wes breedtegraad (latitude) indelings van die aarde. As mens van die suidpool se kant af kyk neem die breedtegrade kloksgewys toe.

Die 0° tydsone begin by Greenwich in Engeland en die aarde word dan Ooswaarts elke 15° in 24 tydsones verdeel. As jy oos beweeg tel jy 1 uur by vir elke 15° wat jy aflê en as jy wes beweeg trek jy 1 uur af vir elke 15°.

Suid Afrika lê rondom die 30° breedtegraad. Dit beteken dat die son 30/15 = 2 uur voor Greenwich reg bokant ons is. Ons tyd is dus by die GMT+2 (Greenwich Mean Time+2) tydsone.

As 'n nuwe dag dus om 05h00 breek in Suid Afrika, dan is dit nog 2 ure vroeër by die 0° breedtegraad en ons moet 2 ure aftrek: 5-2 = 3 (dus 3 uur die oggend op dieselfde dag).

Die nuwe dag op die kalender begin egter nie by 0° nie, maar by 180° (iewers net oos van Nieu Zealand). Die 180° breedtegraad staan bekend as die iternasionale datumlyn. Plekke by die internasionale datumlyn sal dus 180/15 = 12 ure voor Greenwich (0°) dagbreek hê.

As 'n nuwe dag dus om 05h00 breek by die 180° breedtegraad, dan is dit nog 12 ure vroeër by die 0° breedtegraad en ons moet 12 ure aftrek: 5-12 = -7 (dus 7 ure voor 24h00 die vorige dag), en dit gee vir ons 24-7 = 17h00.

Iets interessants in verband met die internasionale datumlyn:
Wanneer die nuwe dag (sê maar 23 Mei) om 0h01 (net na middernag) begin net links van die internasionale datumlyn by die +180° breedtegraad (GMT+12 Tydsone),
dan is dit nog 12 ure vroeër by die 0° breedtegraad en die tyd by Greenwich (GMT+0) is dan 12h01 die middag van 22 Mei. Wat interessant is, is dat die tyd dan direk regs van die internasionale datumlyn by die -180° breedtegraad (GMT-12 Tydsone) nog maar eers (24-12-12=0) 0h01 is op 22 Mei. Dit beteken dat die tyd net links en die tyd net regs van die internasionale datumlyn met 'n hele 24 uur verskil ('n hele dag)!

Indien mens dus met 'n vliegtuig oos sou vlieg van +180° na +181° (oftewel -179°), jy met 'n hele dag in die verlede in vlieg....
As jy egter met 'n vliegtuig wes sou vlieg van -179° na +180°, dan spring jy in 'n oogwink in tyd van 0h01 op 22 Mei in die verlede tot in 0h01 op 23 Mei in die hede....dink daaraan.
Die aarde moet nog eers 'n hele 24 uur draai voordat dit 0h01 op 23 Mei net regs van die 180° datumlyn (by -179°) gaan wees.

Nog iets wat bydra tot wat ons "jet-lag" (vlugvoosheid?) noem is die feit dat mens verskuif tussen tydsones wanneer mens oos of wes vlieg oor die breedtelyne van die aarde.

Kyk bietjie na die volgende verduideliking:
Die aarde het 24 tydsones (GMT-12 tot GMT+12), reg?
Daar word 360° deur die aarde afgelê in 24 uur as gevolg van die omwenteling van die aarde om sy as. Dit draai teen 'n hoeksnelheid van 15° per uur van wes na oos (wat die illusie skep dat die son van oos na wes beweeg).

Die omtrek van die aarde by die ewenaar is 40074.16 km. (Truce bob...)
Dit neem 'n punt by die ewenaar dus 24 uur om 40074.16 km af te lê teen 'n spoed van nagenoeg 1669.757 km/h. Omdat daar 360 grade is in een omwenteling beteken dit dan ook dat die afstand tussen opeenvolgende breedtegrade by die ewenaar dan 40074.16/360 = 111.32km is.
Omdat die aarde nagenoeg 'n sfeer is, is die omtrek baie groter by die ewenaar as by ons hier in Suid Afrika.
By Johannesburg lughawe is ons 26.1389° Suid. Die aantal kilometers tussen opeenvolgende breedtegrade is hier (111.32km)(cosinus(26.1389)) = (111.32)(0.898) = 99.93km
Dit beteken dan dat die omtrek van die aarde by ons sowat 360(99.93)=35975.73km is.
Ons "vlieg" dus deur die ruimte teen 35975.73/24uur = 1500 km/h oftewel 417 meter per sekonde. Hoe verder suid jy afbeweeg, hoe meer neem jou spoed af, totdat jy uiteindelik op die suidpool net stilstaan en in die rondte draai (maar dit lyk egter of die son al rondom jou beweeg, behalwe in die winter wanneer dit permanent donker is vir ses maande).

Gestel jy is in 'n vliegtuig wat op die 26.1389° suidelike breedtegraad teen 1500 km/h reg wes (teen die draaiing van die aarde of heeltyd agter die son aan) vlieg. Onthou 1500km/h beteken jy lê die afstand tussen tydsones (15°) in 1 uur af.

Wanneer jou vliegtuig dan sê, 12 uur die middag 23 Mei, verby die GMT+2 (SA tyd) tydsone vlieg teen 1500km/h (15° per uur oftewel 1 tydsone per uur), is die son reg bokant jou. Op daardie tydstip is dit egter nog 11 uur die oggend by tydsone GMT+1. 'n Uur later (wanneer jou vliegtuig by tydsone GMT+1 aankom) is dit 13h00 by die tydsone (GMT+2) waar jy begin het (want daar het 1 uur tyd verloop), maar dit is dan nog eers 12h00 oor tydsone GMT+1. Dit beteken soos wat jy vlieg bly die tyd in die tydsone waar jy jou bevind oral 12h00. Jy kry dus die illusie dat tyd stilstaan waar ook al jy vlieg. Na byvoorbeeld 14 ure se vlieg, het jy dus oor 14 tydsones gevlieg en jy is by tydsone (GMT-12). Terwyl die tyd in Suid Afrika (jou oorspronklike verwysingspunt vir tyd) dan alreeds 14 ure later is (12h00 + 14 = 02h00 die volgende oggend van 24 Mei), is die lokale tyd waar jy jou bevind (-180°) nogsteeds net 12h00 in die middag omdat die son nogsteeds reg bokant jou is. Die lokale tyd by daardie tydsone is dan nogsteeds 12 uur die middag. Maar....dink nou bietjie...wat is die datum? Is dit 23 of 24 Mei? Op daai oomblik is dit nog 12 uur die middag van 23 Mei by -179° reg oos van 180° (naby Nieu Zealand), alhoewel dit reeds 02h00 op 24 Mei in Suid Afrika is. Toe jy 14 ure vroeër in Suid Afrika begin het was dit 12h00 23 Mei by GMT+2 en dus 12h00+10=22h00 by GMT+12 (+180°). 2 ure na jou vertrek was dit dus 0h00 24 Mei naby Nieu Zealand en na 14 ure is die tyd by +180° dus 12h00 op 24 Mei. Kan jy dit glo....so as jy nou om 12 uur die middag van -179° na +179° vlieg spring die datum van 23 Mei na 24 Mei, maar dit is steeds in die middel van die dag!!! Dit beteken as mens saam met die son vlieg, dan lyk dit of jou lokale tyd effektief stilstaan, alhoewel ons weet dat tyd nie kan stilstaan nie....dit is dus net ons ervaring van die tyd wat bly stil te staan. As jy 24 uur lank gevlieg het teen 1500km/h saam met die son, dan lyk dit of jou tyd 24 uur lank stilgestaan het, maar die datum skuif steeds 1 dag aan.

Jy kan sê ons aardbewonders gebruik die son en die draaiing van die aarde as 'n baie groot horlosie om vir ons aan te dui hoe tyd aanstap. Maar, net soos wat tyd aanhou loop al is jou polshorlosie se battery pap, net so stap tyd steeds aan al werk die aarde-son horlosie nie meer so goed omdat mens se tyd-verwysingspunt skuif nie. Dink byvoorbeeld hieraan: hoe sou jy tyd gemeet het as jy baie ver bokant die aarde in 'n ruimteskip was - jy kan dalk die son heeltyd sien vir 24 uur, maar net omdat dit nie dag en nag word nie, beteken nie die tyd stap nie aan nie, dis net jou posisie wat maak dat jy nie meer die aarde se draaiing as jou tydhouer kan gebruik nie.

Tyd stap aan, ongeag waar jy jouself op aarde of bo die aarde bevind.

Die probleem met vlieg en "jet-lag" is dat ons liggame se natuurlike lig-donker siklusse gesinkroniseer is met die tydsone waar ons bly. Al ooit wakker geskrik net om op jou wekker te kyk en te sien dis 'n minuut of so voordat die wekker afgaan? Jy word al selfs op die regte tyd wakker. Jou interne horlosie is al so ingestel op jou huidige tydsone, dit weet al presies hoe lank voor jy moet opstaan.

Kyk bietjie by hierdie "meeting planner" site. Dit dui die tye aan in Pretoria en Sydney.
Die rooi bleur is wanneer die mense in Pretoria en Sydney gewoonlik slaap.

As mense in Pretoria slaap tussen 22h00 en 06h00 (GMT+2), dan is dit in Sydney tussen 06h00 en 14h00 (GMT+10).
So as jy nou in Sydney kom, dan "dink" jou liggaam dat jy moet slaap
van 06h00 tot 14h00 in die dag. En as die mense in Sydney gaan slaap, dan "dink" jou liggaam dis tussen 14h00 en 22h00 in die dag, en kiepie is wawyd wakker....want die' is mos gewoond om te jol die tyd van die dag. Jou gestel dink dus dis boereverneukery, want sê maar jy kom 14h00 daar in Sydney aan (as jou liggaam dink dis 06h00 in die oggend), dan is jy natuurlik wakker tot wanneer dit aand word daar en die mense gaan slaap om 22h00. Op daardie tyd dink jou liggaam nog dis 14h00 in die middag. Nou gaan vang jy maar 'n "middagslapie", maar so paar ure later word jy wakker, want jou middagslapies was nog nooit so lank nie en jy kom agter as jy uiteindelik vaak wil begin word so teen jou gewone slaaptyd (22h00), dan is dit 06h00 in Sydney en tyd om op te staan.... eish...wie het met my horlosie gepeuter!!!

Die vlieg afstand tussen Johannesburg en Sydney is sowat 11024 km. Die vlug neem 11 uur en 45 minute. Dit beteken die Boeing 747-400 moet dus 'n beraamde spoed van
11024/11.75 = 938.2 km/h vlieg om by hierdie skedule te kan hou. Die tydsones (op elke 15°) is mos 1500km uitmekaar op die breedtegraad wat die vliegtuig vlieg. Tussen Johannesburg en Sydney is daar 8 tydsones. By beraming kruis die vliegtuig dus 8 tydsones in 12 uur se vlieg, dus 2/3 tydsones per uur oftewel elke 1.5 uur (1 uur en 30 minute) kruis dit die volgende tydsone oppad Sydney toe.

As ons op 23 Mei om 18h10 Suid Afrikaanse tyd (GMT+2) opstyg, dan is ons by beraming, op die volgende tye by die verskillende tydsones oppad Sydney toe

































































Tyd in

Suid Afrika

(GMT+2)


Tydsone

waar die

vliegtuig

is


Lokale tyd

waar die

vliegtuig

is


Tyd in

Sydney

(GMT+10)

18h00


GMT+2


18h00


02h00


19h30


GMT+3


20h30


03h30


21h00


GMT+4


11h00


05h00


22h30


GMT+5


01h30


06h30


00h00


GMT+6


04h00


08h00


01h30


GMT+7


06h30


09h30


03h00


GMT+8


09h00


11h00


04h30


GMT+9


11h30


12h30


06h00


GMT+10


14h00


14h00


Uit die tabel kan gesien word dat die lokale tyd waar jy jou bevind deur die vliegtuig ge-"fast forward" word. M.a.w. jy styg 18h00 op by Johannesburg en land 14h00 die volgende dag in Sydney...'n hele 20 ure later. Maar jy was net 12 ure lank op die vliegtuig?!! Hoe is dit moontlik dink jy by jouself. Die illusie is dus dat tyd 20/12= 1.6667 = 1 en 2/3 keer vinniger verbygaan as normaalweg.
Jou interne klok is ingestel op die GMT+2 tydsone (SA-tyd).

Van 18h00 tot 0h00 SA-tyd verloop dinge vir jou dieselfde as gewoonlik, want die tyd waar jy is wissel van 18h00 tot 04h00 (10 ure) en dit voel vir jou soos 'n nag wat 4 ure lank is.
Maar so teen 01h30 (SA-tyd) is die son al op, want waar jy op daardie stadium vlieg is dit 06h30 in die oggend (van 24 Mei).
Om 03h00 (SA-tyd) wanneer jy gewoonlik rustig nog in die bed lê, skyn die son nou so helder soos wanneer jy in die oggende 09h00 reeds by die werk al al jou emails gelees het.
Wanneer die son vir jou sou sê: dis amper tyd vir ete, om 11h30 (lokale tyd), dan kyk jy op jou horlosie, en wonder of die batterye pap is want hoekom sê dit dan vir jou dis nog maar net 04h30 in die oggend?
Teen 06h00 (SA-tyd), na 'n lang nag van ongemaklik sit, sê hulle op die interkom dat julle gaan land, en dis nou reeds 14h00 in die middag...en jy wonder wat van jou dag geword het, want dis nou al 20 ure later in Sydney.







Wednesday, May 09, 2007

Voila...ons geld is oorgeplaas

Gister het ons die paspoorte teruggekry vanaf VFS in Hatfield, nadat ons dit Vrydag ingegee het. Die 457 VISA plakkers is netjies in dit aangebring. (Dit het dus net 2 werks dae geneem)

Ons was nou net by Standard Bank se Forex afdeling om die Reistoelaag oor te plaas na ons Australiese ANZ bankrekening. Ons het ons vliegkaartjies (wat deur IOM bespreek is en net eenrigting is, so terloops) gewys, ons paspoorte (met die tydelike 457 VISA plakkers in). Ons het hulle van die ANZ bankrekening besonderhede voorsien en die geld is oorgeplaas teen R5.80 per Aussie dollar (die Forex agente se "koop" wisselkoers is mos verskillend van die "verkoop" wisselkoers.) Geen probleme met die oorplasing nie. Hulle was baie hulpvaardig....ons "weet mos nie hoe lank ons gaan nie", alhoewel ons wel vir langer beplan, want niemand weet wat in die toekoms lê nie.
Ons kon ook vir 'n sekere bedrag reisigerstjeks koop, maar die meeste is elektronies oorgeplaas. Hulle kommissie is sowat 0.4% vir die elektroniese oorplasing.

Verder het ek ook 'n brief van die bank gekry wat bevestig dat ek daar 'n klient is en dat ek my rekening "satisfactorily" bedryf - dit kan dalk handig te pas kom oorsee.

Onthou ook om die daaglikse ontrekkingslimiet te verhoog na R5000, wat die maksimum is. Dit sal handig te pas kom as mens in Oz wil geld trek by masjiene.

Wat die reissakke betref het ons by Cape Union Mart van hulle groot K-Way reissakke gekoop. Dit is lekker sterk, maar neem min plek op as dit leeg is...vir as ons dit in Oz moet wegbêre.

Monday, May 07, 2007

Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom

Hierdie emigrasieproses verander mens....dit verander jou uitkyk op die lewe. Dit laat jou weer voorraadopname doen van wat in die lewe vir jou belangrik is. Soms is dit asof jy op 'n afstand staan en afkyk na jou eie lewe en besef hoe min werd dinge soos 'n luukse kar en 'n bewonderingswaardige huis nou regtig is. Jy besef in hoe 'n mate jy jou eiewaarde begin meet het aan al die ou dolleë materiële dinge hier in Gauteng. Ons almal leef mos deesdae 'n dag tot dag bestaan: leef vir naweke, leef vir die einde van die maand, leef op ons eie, gaan nie deesdae meer so baie na parke en mensgemaakte mere nie. Die tyd van opelug musiekkonserte tot laat in die aand is ook lykmy grootliks verby. Ons leef nou binneshuis, oftewel binnesvesting. Mense is uitermate gestram, hul snare is te styf gestem...en mens kan dit agterkom op die paaie. Hoe sê mens in Engels:"On Edge". Almal is agterdogtig...met rede. Jy voel nie meer so sorgeloos veilig en goedgelowig soos in die dae toe jy nog sommer enige troepie langs die pad kon oplaai en dik stukke gesels met 'n totale vreemdeling nie. Nee, deesdae kan mens nie eens meer barmhartige samaritaan speel nie - jy weet nie of dit net weer 'n slenter is om jou van jou swaarverdiende kar (of jou gratis lewe) te beroof nie. Deesdae speel mens se broekspype selfs kitaar wanneer jy deur die "metro polisie" afgetrek word, want jy weet nie of die klere en "badge" nie dalk êrens uit 'n geplunderde polisiekantoor geaas is nie.

Elke naweek sien mens hoe die "gemiddelde" swart en wit welgestelde mense toesak op die winkelsentrums om dan soos pakdonkies te kreun onder al die pakkies nuwerwetse ontwerpers klere en nuutste tegnologiese wonders. Daar is beslis 'n koop-partytjie aan die gang, maar as jy vroegoggend op 'n Saterdagoggend deur die strate van Wierdapark ry, is dit verstommend hoe geweldig baie swart mense langs die strate rondstaan sonder werk. Elke twintig meter of so sit, staan of lê daar groepies van ten minste ses na tien brandarm swart mans met verfrollers, teëlsnyers of met net 'n vinger in die lug en bedel vir werk. Waar kom al hierdie mense vandaan? Hulle is klaarblyklik nie meer onder die geledere van die gelukkiges wat 'n vaste werk het nie. Hulle raap en skraap....en ek sê ook nie dis nie hul eie skuld nie. Hulle val ooglopend in die kategorie mense wat nie genoegsaam geletterd is om in 'n standhoudende inkomste te kan verdien nie. Hierdie prentjie is in strak kontras met die rojale lewe van die middelklas welgestelde inwoner van hierdie woonbuurt en talle ander woonbuurte. En ek wonder by myself....hoe lank nog? Hoe lank gaan hulle tevrede wees om te "wag" vir werk? Hoe lank gaan hulle die bevoordeelde posisie van die ander respekteer? Hoe lank voordat hulle dit maklik in hul kop kan regverdig om bietjie van daai rykdom vir hulself toe te eien? Hoe lank voor hulle verontreg met haat aan die "voorheen (en tans) bevoordeeldes" begin dink? Die damwal van begerigheid en wrewel gaan dalk net eendag eenvoudig breek... Ek wil ook nie nou spoke opjaag of mense vir pampoenspoke bang maak nie, maar na MY EIE BESKEIE mening is die damwal tussen die rykes en armes in Afrika gevaarlik onder stremming. Daar is reeds krake in die dam... Hoë mure en geëlektrifiseerde heinings is deesdae die kasteelmure wat die adel skei van die gepeupel....

Ek het myself al baiemaal die vraag gevra: gaan ek iets hieraan kan verander? Sê maar ek was baie vrygewig en kon vir elkeen van hulle elke dag kos verskaf...sou dit iets verander? Sal hulle dit kon regkry om uit hul van-die-hand-na-die-mond-bestaan te kan ontsnap as ek alles wat ek besit vir hulle sou gee....ek dink nie so nie. Ek dink ook nie al die belasting wat ek in my lewe in Suid Afrika kon betaal sou veel salf aan die situasie kon smeer nie. Nee wat, al lê hierdie land my na aan die hart, dit het tyd geword om die bul vierkantig in die oë te kyk, ...en om so gou as wat ons kon om te draai en oor die kampheining te spring...want wie gaan wen tussen ons en die bul? Die bul natuurlik.

Ek het besluit om te loop voor die pad vol duwweltjies word. Mens voel jy staan tussen die duiwel en die diep blou see. Die bekende "duiwel" of die onbekende land vêr oor die see. Ek het in my lewe geleer dat die mooiste korale nie in die warmer water naby die oppervlak is nie, maar diep onder die water wat 'n langer asem verg om by uit te kom. Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom in. Niks wat die moeite werd is kom maklik nie. Ek het besef ek sal maar my vrese in my sak moet steek. Ek was nog altyd nie een vir verandering nie, het nog nooit eens oorsee gereis nie. Die verste wat ek al ooit was is Kaapstad. Mens kan sê ek is net so bang vir verandering soos 'n bolander vir donderweer en 'n bok vir 'n skoot hael. Ek hou daarvan om vir die "oplossing" te soek naby die straatlig waar mens goed kan sien, in plaas van waar dit regtig lê. Hierdie besluit om te verhuis na groener weivelde het dus nie vir my maklik gekom nie. Ek is bo-my-verwagtinge gerek. Ek moes 'n daadwerkilke besluit neem om uit die boot te klim en om op stormagtige water te begin loop...want die verslag van die mense wat reeds die reis afgelê het het my oortuig dat daar wel 'n beter toekoms vir my gesin daar anderkant wink. Ek kon die kans op 'n lewe waar ons nie gedurig oor ons skouer kyk eenvoudig nie laat verbygaan nie...as ek dit ten minste probeer het sal ek myself nie verwyt as ek oor tien jaar sou wens dat ek dit eerder gedoen het nie. Maar dan sou dit te laat wees...want sien , oor 10 jaar is ek 45: die afsnypunt vir emigrasie na Australië. Vlug is net goed as mens betyds vlug. Maar as mens sou bly moet jy met hart en siel bly en kan saamleef met jou besluit omdat jy weet jy het alles geprobeer en nie kanse deur jou vingers laat glip het nie.

Ek gaan al my kragte inspan om hierdie Australië droom van ons te laat werk en dit 'n "good sporting chance" gee van ten minste 'n paar jaar. Probeer is die beste geweer, maar as jy nie probeer nie, wel, handig dan jou geweer in. Eerder bang Jan as dooie Jan sê ek, want 'n lewendige hond (wat stert tussen sy bene vlug), is beter as 'n dooie leeu. Waarvoor het al die troepies in elk geval gesterf op die grense van Suid Afrika?

Saturday, May 05, 2007

My vrou is nou offisieel ok ingels

Beide ek en my vrou (almal bo 18 jaar) moet vir die 136 VISA 'n IELTS engelse toets by die British Council in Johannesburg gaan aflê om seker te maak dat ons darem kop of stert uitmaak van die Engelse taal....wel, beide van ons het geslaag, want toe sy vandag in die pos gaan kyk....voila...daar is haar uitslae. Ek het myne mos al in Januarie gekry. Nou het ons ALLES wat mens denkbaar vir die PR VISA nodig het afgehandel!!!!

Jippeee ons kriminele rekord is vlekkeloos, lelieblank, superblue-surf wit en Jik blykmiddel rein

Voor die Aussies mens mos jou Permanente VISA uitreik wil hulle seker wees ons is nie aartskriminele wat voortvlugtig is voor die Suid Afrikaanse regstelsel soos sommige mense wat Rusland toe is nie....

Ons moes dus 'n PCC "Police Clearance Certificate" aanvra.
Op 15 Maart het ons by die Wierdabrug polisie stasie die vingerafdrukke gaan neem...dit was R59 elk. Op 5 April het ons dit oorkant die Sanlam sentrum in Pretoria gaan ingee in Schoemanstraat.
Vandag 4 Mei het ons dit gaan afhaal. Die sertifikate is egter al vir 26 April gedateer, wat beteken dat dit sowat 21 dae geneem het.

Friday, May 04, 2007

Ons vlug die 23ste Mei 2007...ek bedoel vlieg

Ons is nou reeds 9 maande "swanger" met ons Australiese droom sedert die saadjie in Augustus laasjaar in ons harte en koppe "bevrug" is. Terugdraai gaan ons nie....hierdie "baba" moet gebore word en dit is reeds in die geboortekanaal oppad om binnekort die nuwe lewenslig te aanskou.

Ons het vandag ons vliegkaartjies deur IOM bespreek deur vir Deeksha Bhoola van IOM te skakel by 012 342-2789. Ek het die paspoorte en VISA bewyse vir haar deurgefaks en die betaling kan mens met Internet bankdienste doen. R6000 per volwassene en R4500 per kind....en dit sluit alle lughawebelastings en fooie in...en daarby kry ons elk 'n 40kg bagasie toelaag.

Slotsom: ons vlieg op 23 Mei 2007 met 'n Quantas Boeing 747-400.
Gaan kyk gerus na meer fotos van hierdie massiewe ystervoël van die lugruim by Airliners.net.
Gaan lees ook hier.

Vir die wat nog nie weet nie, Qantas staan vir "Queensland and Northern Territory Aerial Services".

Die nuutste modelle 747-400ER is in November 2000 deur Qantas in gebruik geneem en heet die 747-400ER, waar die ER staan vir "Extended Range". Daar is reeds meer as 1315 Boeing 747-400's in die lug "vrygelaat".

Om julle 'n idee te gee van hoe groot hierdie vliegtuig is:
Dit is 70 meter lank, het 'n 64.4 meter vlerkspan, is 19.41 meter hoog en het 'n vlerkoppervlak van 541 vierkante meter. Dit het 'n "Maximum Take-Off Weight" van 412,770 kg en sonder enige vrag of passasiers weeg dit 180,000 kg.

Dit word aangedryf deur 4 "turbofan" enjins wat gesamentlik sowat 1040 Kilonewton oftewel 104000 kg stukrag (thrust) kan uitoefen... genoeg om 'n kwart van die vliegtuig se maksimum gewig vertikaal in die lug op te kan trek.

Hierdie geweldige 412 ton pelsrob van die lug word deur 2 vlieeniers beheer wat 'n hele 5300 keer kleiner en ligter is as dit. Dit kan tot 939 km/h bereik en vlieg gewoonlik teen 907 km/h.
Dit kan 416 passasiers dra waarvan 23 eersteklas, 78 besigheidsklas en 315 ekonomiese klas bedra, asook 140 kubieke meter bagasie.
Dit kan 'n maksimum afstand van 14205km aflê (voor dit natuurlik moet land om te hervul). Die standaard 747-400 se rykafstand is 13491 km.
Vir die van julle wat nou wonder hoe ver Johannesburg rêrig vanaf Sydney lê, gebruik gerus die volgende "great circle distance" (groot sirkel afstand) calculator, want die kortste pad tussen 2 punte op die aarde is NIE 'n reguit lyn nie, omdat jy dan deur die aardkors sal moet vlieg.
Johannesburg Internasionaal lê by 26° 8.3333' Suid, 28° 14.75' Oos en
Sydney Internasionaal lê by -33° 56.4333' Suid, 151° 10.45' Oos

Met berekening is die kortste afstand tussen Johannesburg en Sydney 11024 km, wat dan beteken dat die 747-400ER nog ten minste 3181 km verder kan vlieg (of 2467 km as dit 'n standaard 747-400 is)....so moenie worry nie...ons gaan eers ons scuba gear nodig hê as ons reeds in Sydney is.

Ons styg 23 Mei vanaf Jan Smuts/Johannesburg/(daai Dali Tambo se pa) Internasionale Lughawe op om 18h10-SA Tyd (24 Mei 2:10:00 Aussie tyd) en land dan weer by Sydney Kingsford Smith Internasionale Lughawe om 13h55-Australiese tyd (24 Mei 5:55:00 SA Tyd).
Gaan gerus julle Qantas vlugskedule na by Qantas se Flight Info.

Julle kan die tye omskakel tussen Johannesburg en Sydney deur gebruik te maak van hierdie: "Time Zone Calculator".

Hierdie gedierte is GROOT hoor, kyk bietjie na hierdie fotos...





Vir die wat belang stel om te weet hoe lyk die sitplekke op die 747-400, hier is 'n foto afkomstig vanaf SeatGuru-747-400, wat 'n interaktiewe voorsteling met terugvoer het oor waar die beste plekke is om te sit op die vliegtuig.

Ons vlieg natuurlik soos al die normale mense in die ekonomiese klas sitplekke....want ons is nie die adjunk staatspresident nie...ten minste is die ekonomiese klas aan die agterkant...het dus 'n groter buffer tussen die neus en ons...

Thursday, May 03, 2007

Veldsman is nie meer met ons nie

Onthou julle nog ou oom Veldsman (Emgee Pretorius) van Kooperasiestories. Wel, die oom is Dinsdagoggend op die rype ouderdom van 83 rustig in sy slaap dood. Mag ons almal so 'n vol lewe lei en so rustig heengaan. Ons sal hom altyd onthou....
Lees die nuusberigte hier en hier.

Gaan luister gerus na die kenwysie van KOOPERASIESTORIES (1983) en sommer na ander bekende ou gunsteling TV programme se kenwysies by SOUTH AFRICAN TELEVISION SOUND FILES soos byvoorbeeld DIE MEISIE VAN AVIGNON (1976) en BUCK ROGERS IN DIE 25STE EEU (1980), en moenie DIE BRANDKLUIS (1979) vergeet nie.

Wednesday, May 02, 2007

Die Groot Australië avontuur het begin

Die Groot Australië avontuur voorbereidings is nou in volle swang en die "Skip" lê nou alreeds in die hawe net reg om deur 'n gebreekte sjampanjebottel op haar "lang" tog na die land vêr oor die see afgesien te word. Die opwinding begin nou 'n hoogtepunt bereik soos wat ons wag vir die laaste tou van die "lugballon" om deur die byl afgekap te word sodat ons op ons reis byna halfpad om die aarde te vertrek.

Ons was die afgelope naweek nogal besig. Het lekker warm baadjies by Outdoor Warehouse gaan koop asook slotte vir ons bagasie en 'n kragprop van Australië sodat ons darem die eerste aand in die nuwe land die kamera se batterye kan herlaai. Die foto met die Koala beer op die sakke van ons eie land se kampwinkel is heel gepas vir die avontuur wat voorlê.

Toe ek vanoggend op die Elektroniese VISA aansoek ingaan sien ek hulle is weer besig met ons aansoek:
"02/05/2007 Application being processed further"

Toe kry ek ook 'n oproep van my toekomstige werkgewer om te sê dat die immigrasie departement hom gekontak het om te sê dat die VISA vandag afgehandel gaan word.

Toe ek nou net weer op die website kyk toe staan daar:
Application Status
Application 457 Business Long Stay Primary - ......
27/03/2007 Application received - processing commenced Message
27/03/2007 Application fee received Message
View your receipt details

Person 1 Date of birth: .... 1972 Passport No: ......
02/05/2007 Applicant Approved Message
Applicant approved

Person 2 Date of birth: .... 1970
02/05/2007 Applicant Approved Message
Applicant approved

Person 3 Date of birth: .... 2001
02/05/2007 Applicant Approved Message
Applicant approved

Person 4 Date of birth: .... 1999
02/05/2007 Applicant Approved Message
Applicant approved


Die VISA Timeline is dus:
14 Maart - Maatskappy doen elektronies aansoek vir sponsor
27 Maart - Ons doen elektronies aansoek vir VISA met TRN nommer vanaf maatskappy (voor hulle nog weet of hulle my sal mag sponsor)
2 April - Ons doen ons medies in Hatfield
18 April - Ons medies word goedgekeur
23 April - Sponsor en Nomination goedgekeur
2 Mei - Ons VISA word goedgekeur

49 dae in totaal = 7 weke

Volgende stop van die "trein" is dan om vliegtuig kaartjies te koop deur IOM (International Organization for Migration).
Mens moet blykbaar met Deeksha praat en die nommer is +27 12 342-2789
Faks vir haar by +27 12 342 0932 die bestemming in Australië, die paspoorte met die VISAs in en die tyd wat jy wil vlieg.
Dit het nou volgens iemand wat dit onlangs gekoop het R5900 gekos per volwassene en R4400 per kind.


Kan enigiemand enige terugvoer gee oor die IOM proses? Met wie het julle gepraat? Wat was julle ervaring?

Maar voordat mens die vliegkaartjies kan bespreek moet ons eers die VISA goedkeurings brief vir VFS Global neem sodat hulle die VISA in ons paspoorte kan sit. Ek sien hulle het kantore in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban.

Adres: 1067, Arcadia Street, SAQA House, 2nd Floor, Room 202, Hatfield, Pretoria
Fax No : +27 12 342 7450.
Tel No: +27 12 342 7943.
Working Hours:
Submission : 0800 - 1230 and 1330 - 1500 Hours
Collection : 1400 - 1600 Hours
Working Days : Monday to Friday
Helpdesk: +27 (0) 11 447 8988



Dit kos R74 per paspoort om die VISA daarin aan te bring. Mens moet net die email saambring wat sê:

Visa Transaction Reference Number (TRN): ..........
Visa Approval Number/Permission Request ID: ............
Name of Approved Visa Holder: ...........
Passport Number: ........
Visa validity period: 02 May 2007 - 02 May ......

Name of Business Sponsor: ...... Pty Ltd
Sponsorship Approval Number/Permission Request ID: ............

Primary Visa Holder Occupation: COMPUTING PROFESSIONALS NEC
Location/Postcode of proposed employment: 2115
Primary Visa Holder Base Salary: .........
Primary Visa Holder Total Remuneration: ..........


I refer to the application for a Temporary Business entry (Long Stay) visa (Subclass 457) for .........................

DECISION:
I am pleased to advise that ................ has been granted a Subclass 457 visa. This visa provides for multiple entries to Australia and is valid until the date specified above.

VISA GRANT NUMBER

The visa grant number is xxxxxxxxxxx. This is the unique number assigned to the visa. Visa holders should keep this visa grant number with them, as they may have to provide it to the Department during the life of the visa.

Dan is daar nog iets....ons is op soek na TYDELIKE gemeubileerde verblyf in Sydney se Hills omgewing....enige voorstelle. Ek sal nogal graag naby die treinspoor lyn wat verby Thornleigh en Pennant Hills loop, wil bly....enige voorstelle. Ons soek plek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Laat gerus vir my 'n "Comment" op hierdie post. Sal lekker wees om die eerste ruk net my en my familie te wees...die aanpassings is so groot en ons wil graag relatief onafhanklik kan wees.

Ek sou sê ons mikpunt om te vlieg is die week van die 20 ste tot die 24 ste Mei.

As ek dink aan hoe "maklik" dinge tot dusver eintlik vir ons verloop het kan ek nie help om te dink aan Spreuke 3:6 nie:
"Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak."

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings