Monday, June 28, 2010

Sydney in die aand

Die afgelope 2 weke of so het ons so 'n paar keer in die stad 'n draai gaan maak en ek het weer bietjie fotos van Sydney teen skemer en ook in die aand geneem.

Die 12de Junie is ons met die 621 Hills bus stad toe gewees. Die bus stop so om en by 20 minute na elke uur op 'n Saterdag hier by die Oakhill Shops en gaan laai jou dan naby die Queen Victoria Gebou in die stad af. Ons het na die Sydney Vivid vertoning in die stad gaan kyk. Dis nou wanneer hulle Macquarie straat in 'n skouspel van kleur verander deur digitale projektors op die geboue te rig. Ons het toe tot by die Sydney Operahuis gestap en weer laat die aand die 620X bus by presies hierdie plek gekry in Clarence St, net na King St. Dis nogal moeilik om die bus in die aand te kry indien jy nie presies weet waar dit weer verbyry nie. Hierdie bus loop not na middernag. Julle kan ook die 621/620X se tydtable by CDCBus se website kry hier.

Hier is 'n paar baie mooi aand fotos naby Macquarie st.



Gister het ons na die sonsondergang by North Head in die Sydney Harbour Nasionale Park gaan kyk. Mens sien die stad baie mooi van daar af.


Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings