Met die Vancouver 2010 Winter Olimpiese Spele wat hierdie naweek in Kanada afgeskop het, waag ek dit om 'n kort video van ons manewales op Valentynsdag by die ysskaatsbaan hier in die Hills vir julle op te laai.
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Monday, February 15, 2010
Valentynsdag by die Ysskaatsbaan
Met die Vancouver 2010 Winter Olimpiese Spele wat hierdie naweek in Kanada afgeskop het, waag ek dit om 'n kort video van ons manewales op Valentynsdag by die ysskaatsbaan hier in die Hills vir julle op te laai.
Friday, February 05, 2010
Nasionale braai dag in Australië
Dalk weet almal dit nie, maar op 26 Januarie vier Aussies mos nasionale braai dag (Australia Day). Daar is selfs winkels wat meer advertensies oor BBQ/braaiers uitsaai so 'n rukkie voor die tyd. Dit is die dag wat Aussies alles wat hulle trots maak op hul land vier. Op hierdie dag word daar ook oral oor die land burgerskap inhuldiging seremonies gehou. Die afgelope paar jaar het ons gewoonlik koers gekies na een van die strande in die omgewing en dan 'n BREKKIE langs die see gehou en die son en die see geniet. Wel, hierdie jaar het ons besluit om bietjie te gaan ondersoek instel wat hierdie land se mense in die stad aanvang. Soos 'n klein peloton het ons toe opgeruk en die trein stad toe gevat. Gestewel en gespoor met sonbrandolie, baie bottels water en "sweeties" of "lollies" (soos hulle dit hier noem) is ons toe met die trein via die nuwe Chatswood lyn tot by Milsons Point. Ons het toe te voet deur Kirribilli gestap en van die noordekant af oor die Sydney hawebrug gestap om die tamaai veerbootresies onderdeur die brug gade te slaan.
Die stad se mense was in volle sterkte daar. Oral het mense met TUCKERBOXES of piekniek mandjies en rugsakke op die grasperke uitgespan. Ons het natuurlik oor die reling van die brug geleun en fotos van die spulletjie geneem.
Die' toekomstige Aussie het nie op haar laat wag nie. My kinders het hierdie jaar begin met hul vierde skooljaar in Oz. Daar is steeds 'n trotse patriotisme hier, sonder die kenmerkende politieke sametrekke wat mense verdeel, waaraan ons jare terug so aan gewoond moes raak.
Hier is vir julle 'n mooi POSKAART FOTO wat ek vir julle van die Operahuis geneem het...hier kan enigiemand met 'n kamera sulke fotos neem. Kliek gerus op die foto met jou muis se regterkantste knoppie, SAVE die foto en laat maak vir jou 'n poskaart by Express Foto...komaan "WISH YOU WERE HERE"
Tuesday, February 02, 2010
Weer Suidkus toe
'n Mens waardeer mos 'n welverdiende ruskansie wanneer jy hard gewerk het. So 'n breuk van die daaglikse roetine doen 'n mens nogal goed. Dit is altyd lekker om iets het om na uit te sien. Dit hou jou tenk vol en gee jou moed om deur te druk wanneer die stres by die werk te veel word en jou laaste vakansie doer vêr in die verskiet lê. Soms voel dit so min as mens dink jy het net 20 dae verlof in 'n jaar - dit beteken omtrent net so een week se vol vakansie en 15 langnaweke deur die jaar. Mens moet dit maar so gelykop spasieer sodat jy kort-kort 'n blaaskans kan vat. Daar is nog so baie plekke in Australië om te verken...so min verlof. Ek en my vrou droom al klaar daarvan hoe ons nog eendag om die "eiland" gaan toer, dalk op 'n Harley, dalk in 'n kampeer-"kombi".
Hierdie keer het ons dit saam met vriende gaan doen, want hoe meer siele hoe meer vreugde. So het ons twee families reg langs mekaar "laer getrek"...
As ek sê dat ek elke dag gesnorkel het oordryf ek nie, sommige dae was dit selfs twee keer. Ek het eendag self twee kilometer gestap om te gaan snorkel op 'n plek. Batemans Baai is ook deel van 'n "Marine Sanctuary" of Marine Heiligdom en mens kan dit duidelik sien, want visse wat rondom Sydney maar doodgewone grootte is, is in hierdie geweste baie groot.
Ek was hierdie keer baie gelukkig om twee keer af te kom op 'n rog of "ray" wat ek nog nie voorheen gesien het nie. Die een se lyf was omtrent so 50 cm in deursnee en die een wat ek hieronder afgeneem het was so 40 cm. Dit het, anders as 'n sand rog nie 'n pylvormige stert nie, maar dieselfde stert as 'n haai (net soos die "shovelnose ray" wat ek so 'n rukkie gelede afgeneem het. Ek kon sowat 'n meter van die vis af kom en ons het vir 'n kort oomblik in tyd mekaar goed in die oog gehou voordat dit grasieus weggeswem het. Markus het langs my gesnorkel toe ek die een hieronder afgeneem het.
Ek het lank gesoek om uit te vind wat dit is, maar uiteindelik bepaal wat die rog se naam is:
'n Fiddler ray / Banjo haai (Trygonorrhina fasciata)
(Hier is nog 'n foto op 'n ander website)
Toe ons by North Head gesnorkel het, het ek afgekom op 'n Southern Eagle Ray (Myliobatis australis). Dit het 'n baie lang stert gehad (in teenstelling met die kort benerige stert van die ander) en het stadig verby my geswem gekom. Hier is 'n foto van een wat iemand anders naby Wattamolla geneem het (naby waar ons ook al gaan stap het).
Ek het heelwat "Sand Rays" gesien hierdie keer, op een plek by Suid Durras het ek sommer meer as 12 getel wat onder die sand teen die rotse gelê en wegkruip het. Hulle is baie volop in die vlak sandbanke naby die strand.
Ek het hieridie keer nog 'n ray gesien wat amper geen stert gehad het nie, maar meer gelyk het soos 'n ovaalvormige valletjies tafeldoek. Dit is die eerste keer wat ek so iets teegekom het en het aanvanklik nie geweet wat dit is nie. Dit het deur die water beweeg deur met sy hele lyf golwende bewegings te maak. Ek het een by Suid Durras sowel as by Gorilla Bay gesien - ek het nou net toe ek op die Internet gesoek het vir fotos gesien dit was 'n "Coffin Ray" of "Electric numbfish" (Hypnos monopterygium). Ek het by Suid Durras dit 'n geruime tyd gelê en dophou so 5 meter onder my, dit was net so om en by 30 meter van die strand af by die rotse. Dit het so onskadelik gelyk, maar kan mens blykbaar 'n gevaarlike elektriese skok gee. Hier is 'n video van een in die water.
Daar is 'n magdom visse by Guerill Bay, ek het onder andere 'n pers "Threebar Porcupine fish" (Dicotylichthys punctulatus) daar gesien. Hier is 'n foto op 'n ander webtuiste.
Een soort vis wat daar baie is, is die "Footballer" of Stripey (Microcanthus strigatus)
Hier is 'n foto wat ek van dit geneem het.
Hier is 'n foto wat ek by Guerilla Baai geneem het, dit is net suid van Batemans Bay en is 'n uitstekende plek vir snorkel omdat dit 'n baie beskutte baai het.
Ag man, daar is nog baie ander soorte visse, regte visse, hul ma en hul pa is visse, en ek het nou nie soos die toeriste in die Krugerwildtuin fotos van almal van hulle geneem soos van die rooibokke en bobejane nie.
Soos julle kan sien het ek vir my 'n boek gekoop om al die visse wat ek raakloop te kan identifiseer. Dit is Graham J. Edgar se boek "Australian Marine Life" (Second Edition) ISBN 9781877069482. Daar is oor die 1400 spesies plante en vissoorte in die boek.
Verder het ons lekker ge-"bodyboard" in die uitstekende branderry strand van Durras...hier is 'n agter-die-skerms video waar ek bodyboard ry...
Een oggend het ons vroeg opgestaan (soos wat ons gewoonte is) om na die sonsopkoms te kyk.
Hier onder is die ligtoring by Kiama oppad na Wollongong.
Kontak my gerus...
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe