(Skakel na hierdie blog inskrywing)
Tyd is die beste heelmeester. of soos hulle in Engels sal sê: "Time heals all wounds". Maar 'n mens se herinneringe is nie altyd so genadig met jou nie. Hulle kerm en knaag aan jou wanneer dinge soms moeilik gaan. Hulle kom spook by jou met gedagtes van: "Wat as...? Wat as ons nog naby ons familie was? Wat as ons nog in Wierda Park gebly het? Wat as ons nooit ons huis verkoop het nie? Wat as ons eerder Kaap toe getrek het? Hoe maklik kan mens nie aan die verlede vasklou in die waan dat "Die goeie ou dae" weer sal terugkom nie? Maar tye verander en plekke ook. Soms verander jy en soms verander die wêreld rondom jou. Soms trek jy weg... en soms kom jy agter die lewe waaraan jy wou vasklou het soos mis voor die son verdwyn. Laurika Rauch sing in haar liedjie van "Stille waters": Daar's 'n tyd van kom, en 'n tyd van gaan. Dit het ek gelees maar hoe sal ek dit ooit verstaan. Ek dink ek is nogal iemand wat aan bekende dinge wil bly vashou. Dit gee my gerustheid, dit gee my identiteit. Maar dit is net 'n droom, want as jy nie verander nie, staan jy stil, soos 'n Bonzai boompie deur sy pot en draadjies ingeperk word.
Ek het lanklaas hier op my blog kom filosofeer, 'n mens het mos nie altyd erg daaraan om al die geharwar van jou lewe met die wêreld te deel nie. Selfs die nuutjie van "Facebook" is ook besig om vir my spoedig sy smaak te verloor. Wat de josie hoef mense tog te weet van elke vlietende oomblik van mens se lewe? Sommige mense is so besig om almal op hoogte te hou van hulle lewens dat hulle vergeet om dit te lewe. Dit benadruk net die saaiheid en oppervlakkigheid van ons hedendaagse bestaan. Mense sal eerder vir mekaar boodskappies stuur as om 'n lekker stukkie Rump steak op die rooster te gaan gooi en saam te kuier.

(Ek het hierdie fotos in ons tuin geneem, kliek gerus op die foto - mens kan selfs die stuifmeel sien)
Ons kan regtig nie veel kla oor ons lewe hier in Sydney nie. Mens werk baie hard, dit is nou een ding wat nie twee is nie. By my werk is ek nou baie behendig en het nou al so baie geleer van ons stelsel dat ek 'n groot deel van die dag spandeer om ander raad te gee, stelselfoute te soek en navrae van ons kliente hanteer. En tussendeur moet mens nog ook geprogrammeer kry. Toe ek hier aangekom het was ek net 'n groeintjie (ten minste in my eie oë), maar nadat mens eers 'n paar jaar hier gewerk het kan mens enige tyd en op gelyke voet meeding en 'n bydrae lewer. Groot dele van my dag spandeer ek op die foon met die IT departemente van Brisbane Stadsraad, Randwick in Sydney en werk op interessante projekte vir mynmaatskappye, patologie maatskappye en groot afleweringsmaatskappye. Ek maak 'n verskil, so glo ek. Dis interessant, baie van die kontakpersone wat ek teëkom is ook oud landgenote. Ek hou veral van GIS (Geographical Information Systems) en doen baie werk met die Australiese straatkaarte. Ek werk ook op die Midde Oosterse kaarte van Qatar, Saudi Arabie, die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrain, Koeweit ens. Binne die volgende maand moet ek ook ons stelsel in Arabies laat vertaal. Die maatskappy waarvoor ek werk het sedert ek daar begin het in 2007 met meer as 12 mense gegroei. Aan die begin het ons nie eens 'n ontvangsdame gehad nie. Soos wat die mense meer geword het, het die atmosfeer by die werk ook interessanter geraak. Ek dink ek is 'n persoon wat hou van menslike interaksie, en dus kry heeldag rekenaar werk my soms bietjie onder - ek dink my interpersoonlike vaardighede lei soms daaronder.
Die indruk wat ek van Aussies geleer het is dat hulle deur die resessie maar net skouer aan die wiel sit en "keep at it", ten spyte van terugslae soos die vloede in Brisbane Queensland, die veldbrande in Victoria, en die orkaan in noord Queensland. Vandat ons hier aangekom het in 2007 het ons die petrolprys sien styg van $1.20 per liter tot amper $2 per liter en toe weer sien daal na $1.30. Piesangs in die winkel was eers so $2 per kilogram, maar nou het ons al lankal ons piesangtande getrek. Ek weier uit beginsel om nou $13 per kilogram vir piesangs te betaal. Die pryse het die hoogte in geskiet die dag na die orkaan Yashi. Ek laat my nie vir 'n oomblik vertel die piesangs wat toe reeds in die winkel was het so duur gekos om te groei nie. Lemoene is egter nou op 'n laagtepunt van onder $1.90 per kilogram. Oor die prys van vleis kan ons nie regtig kla nie (behalwe vir biltong), want ons kan maklik 'n lekker stuk Rump steak vir die prys van 'n koppie koffie koop. Jy kry dit hier vir sowat $18 per kilogram vir beesvleis steak en alhoewel skaapvleis normaal weg so $26 per kilogram kos, kan jy skaap voorkwart tjops vir so $13 per kilo kry. As jy meer belang stel in pryse gaan kyk gerus by Woolworths se aanlyn winkel.
Sondag aande gaan koop ek by Woolies die nodigste kosvoorraad vir die week. My vrou stuur my om te shop, want sy is nie so lief vir shop nie. As mens gereëld by die winkel kom leer jy mettertyd die rakke ken en weet jy wat is waar sodat jy nie vir elke artikel deur al die rakke in die winkel te loop nie. Maar as mens nie gereëld genoeg gaan koop nie, loop jy net heeltyd en soek.
Die tipiese etes wat ons in die aande eet is:
- Deep sea Dory met oondgebakte tjips
- Spagetty Bolognese en maalvleis
- My ma se hoendergereg
- Chicken Wings in die oond
- 'n Lekker ou "steakie" of boerwors op die BBQ saam met aartappels en suurroom
($5.89 vir 500g British Sausage Boerewors teen $11.78 / kg)
- Soms koop ons 'n klaar gekookte warmgemaakte hoender in 'n plastieksak vir so net oor die $10 en eet dit saam met Cous-cous
- Soms maak ons ontbyt of brunch vir aandete met Hash browns (van aartappels) en wors of spek
- Vrydagaande is gewoonlik Pizza aand, dan kry ons vir ons pizzas by Pizza Hut in West Pennant Hills. Dit kos gewoonlik so $22 vir 2 groot pizzas en 'n 1.25 liter koeldrank wat heel genoeg is vir ons hele familie. (Ons hou van Hawaiian, Spinach en Feta of Cheeselovers)
Ek kom gewoonlik so 17h40 hier in Round Corner Dural aan en noudat die son so stadig maar seker later in die aande ondergaan sal ons seker weer vir Loukie (die hond) in die aande vir 'n stappie vat.
Ek speel nog Woensdagaande Volleyball by Thornleigh. My span se naam is KAOS - die naam is afkomstig uit die "Get Smart" speur komedie op TV.
Wanneer ons dit kan afknyp, hou ons daarvan om New South Wales se pragtige kuslyn te verken. Ons was nog nie baie keer by Port Stephens noord van Newcastle (die eerste stad aan die noorde van Sydney) nie, en het toe beluit om bietjie 'n naweek na Shoal Bay toe te gaan. Die 12de Augustus het ons direk na werk gery en die sowat 2 en 'n half uur se reis afgelê na Port Stephens. Dit is 'n kalm baai met 'n hele paar pragtige plekke soos Shoal Bay, Fingal Bay en Anna Bay daar naby. Hier is 'n paar kaart fotos waarop julle ook kan kliek. Daar is heelparty eilande, waarvan sommige aan die land verbind is met laagwater. Mens kry 'n baie lekker eiland gevoel en ons reken hierdie plek herrinner ons baie sterk aan Port Douglas naby die Groot Koraalrif.
Ons het hierdie keer bietjie vir Loukie saamgevat en...het hy dit nou vir jou geniet. Hy kon sy geluk nie glo nie. Daar is een laaaaang strand wat honde toelaat en 'n sekere tyd van die oggend en middag sien jy al die "Must love dogs" mense op en af stap langs die strand met hul honde familie.
Die strand hier laat mens dink aan 'n idilliese eiland. Die kinders het gebaljaar in die koeltebome op die Bagnalls reservaat strand.
Ons het die Sondag bietjie die Tomaree koppie gaan uitklim om die 360 grade panoramas oor die baai van bo af te beskou. Dit was eers die plek van die Tomaree Radar stasie in die oorlog toe Australië
gevrees het vir aanvalle vanuit die noorde.
Dit begin met Shoal bay en beweeg na links tot by Fingal bay.
Hier kyk ons oor Fingal Bay.
Bo kan julle Yacaaba Head en Cabbage Tree Island sien
Ek dink die volgende foto van Fingal Bay is besonder mooi. (Kliek gerus op die fotos om hulle te vergroot)
Die kranse is nog bedek met mos.
Kliek op die foto om die geskiedenis van Tomaree Radarstasie te lees.
Hier is heelwat staproetes om te verken (alhoewel Loukie nie kon saamgaan op hulle nie - ons het hom by die woonstel gelos).
Shoal Bay is 'n rustige plekkie om na toe weg te breek en ons het dit baie geniet. Dit het 'n stil baai met 'n reservaat en baie seevoëls.
Hier stap ons in die straat af langs die baai.
Wel, dit is wat in die laaste tyd in ons lewens gebeur het. Tot tyd en wyl ons mekaar weer sien...