(Blog skakel)
Woensdagaand van 9:00 PM tot 12:30 AM het ons 'n mission rollemskaats/rollerblade gedoen van so by die 18.7km ver vanaf Queens Park, verby Randwick, Kensington,Alexandria, Surry Hills en terug deur Darlinghurst terug tot waar ons begin het. Daar was so 13 skaatsers. Daar is voorwaar baie fietsroetes om te skaats in die stad en watter beter oefening.
Hier is die kaart roete wat ek met my Garmin Foretrex 101 opgeneem het.
View Rollerblade 20121219 in a larger map
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Saturday, December 22, 2012
Missie rollemskaats
Aussie Krismis
(Blog skakel)
Soos in meeste ander lande in die suidelike halfrond is 'n wit kersfees met sneeu so uit soos koekies in die weeshuis, want dis eenvoudig te warm hier. Hoe komies is hierdie video van die kersfees vaders wat Surf in hulle warm jasse nie?
Hier is 'n video van die Kersfees TV advertensie van 'n kruideniersware winkel ALDI wat nou hier op ons TV wys:
Sunday, December 16, 2012
Eerste somer snorkel by Clovelly strand
Hierdie naweek was dit weer 'n heerlike dag by die see. Ons het ons skuilinkie op die strand opgeslaan teen die son se ergste strale, heerlik gekuier en gesnorkel saam met vriende. Hier is sommer so 'n kort video van die visse wat ek gesien het.
Snorkel by Clovelly
Kersfees liggies
Hierdie tyd van die jaar versier die mense hul huise en kerke alte fraai met die helderste en veelkleurigste kersfees liggies. As jy in jou motor spring en na donker bietjie gaan rondry is daar op telke plekke net liggies waar jy kyk Hier is 'n paar fotos wat ek gisteraand geneem het. (Kliek op die huise en kerke om te sien waar)
Friday, December 14, 2012
'n Oorsig oor ons Suid Afrikaanse geskiedenis tot die slag van Spioenkop
(Skakel na hierdie inskrywing)
Alhoewel ek hier in die verte bly, lê my land van herkoms se geskiedenis my steeds naby aan die hart - dit het my gemaak wat ek is en wie ek is. Ek lees op die oomblik 'n boek van Thomas Pakenham oor die Anglo Boereoorlog (ISBN: 1868420744). Wat vir my so fassinerend is, is die groot hoeveelheid hoë kwalitiet fotos wat daarin is wat die mense van daardie tyd tuisbring aan mens).
Toe kom ek af op die volgende paar uitstekende vertellings van die geskiedkundige verteller. Raymond Heron.
Hy gee in 'n kort paar videos vir mens so 'n goeie oorsig van ons hele geskiedenis van Jan Van Riebeeck af tot by die slag van Spioenkop waar die Boere teen die Britte geveg het.
Battle of Spionkop: Webisode 1: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 2: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 3: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 4: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 5: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 6: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 7: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 8: Narrated by Raymond Heron
Battle of Spionkop: Webisode 9: Narrated by Raymond Heron
Raymond Heron gives a gripping account of the perils of war and draws you into the narrative. He really knows his subject matter and brings the year 1900 to life as if one's present to experience it.
Daar is ook nou 'n permanente skakel aan die regterkant van my blog na 'n permanente bladsy waar ek al die interessante inligting oor ons ryke Suid Afrikaanse geskiedenis gaan plaas.
Ek hoop julle vind dit insiggewend
Groete van die Boertjie in die verte
Wednesday, December 12, 2012
My gunsteling tydverdryf op die trein en bus - oudio vertellings/podcasts oor tegnologie en geskiedenis
(Skakel na hierdie inskrywing)
Een van die groot salighede wat my hier in Australië te beurt geval het is die feit dat ek nie meer soos in my geboorteland in die oggende en middae in verseersknope hoef vas te sit nie. Ek laat daardie las oor aan die busdrywers wat my in die oggende by die stadie moet aflewer. As die busrit langer vat is dit alles vir my heel gewensd, want dit beteken eenvoudig dat daar meer tyd is om na my gunsteling potgooie (podcasts) te luister. Hetsy op die bus of op die trein traak die tyd my nie meer soveel nie, want ek kan in elk geval nie meer daaraan verander nie. Dan sit ek maar eerder rustig en ontspan terwyl ek my wy aan intellektuele stimulasie uit die boonste rakke.
Soos wat ek luister na allerlei temas oor tegnologie, wetenskap en geskiedenis leer ek op hierdie manier ontsettend baie van die wêreld rondom my. Ek het heelwat gunsteling potgooie waarna ek luister en ek wil graag die RSS skakels met julle deel sodat julle ook daarna kan luister:
Die RSS feed skakels na my heel gunsteling podcasts is die volgende: (Julle behoort dit te kan gebruik om jul oudio spelers op te stel.)
- How Stuff Works : TechStuff : http://www.howstuffworks.com/podcasts/techstuff.rss
- Stuff you should know : http://www.howstuffworks.com/podcasts/stuff-you-should-know.rss
- Stuff you missed in history class : http://www.howstuffworks.com/podcasts/stuff-you-missed-in-history-class.rss
- Die geskiedenis van Alexander die Grote - deur Jamie Redfern
560 vC tot 276 vC
Hierdie podcast handel oor die tyd voor, gedurende en na die lewe van Alexander van Macedonië (noord van Griekeland) wat in 356 vC gebore is en in 323 vC oorlede is en in sy kort lewe van net 33 jaar die eens magtige Persiese Ryk onder Darius II op hul neus laat kyk het.
Daarword baie agtergrond gegee oor die Persiese ryk wat Alexander voorafgegaan het, tot so ver terug as 560 vC. Dit dek selfs die oorlog in 480 vC tussen die Grieke, Spartane en die Persiese koning Xerxes I in die oorlog van in die fliek 300 so goed uitgebeeld is, waar koning Leonidas van die Spartane gespeel is deur Gerhard Butler.
Die storie van Alexander begin by die oorloë van sy pa, Philip II van Macedonië om en by 358 vC teen onder meer Bizantium (die oos Romeinse Ryk), die geboorte en lewe van Alexander totdat hy op die ouderdom van 16 jaar saam met sy pa in oorloë teen die Grieke in Athene en later saam met die Grieke teen die Persiese Koning Darius II. Dit vertel die storie van hoe Alexander al op ouderdom 33 kort voor sy dood die hele mediterreense streek insluitende Egipte, Babilon tot sover as Indië onder sy beweind gehad het. Daarna word daar ook verduidelik wat met die Grieks/Macedoniese ryk gebeur het tot en met 276 vC wanneer die Romeinse Ryk na vore begin tree het. Dit is ook in die tyd dat die Gaulliers (soos in Asterix en Obelix) begin het.
Dit is 'n uitstekende podcast deur Jamie Redfern en julle kan na sy blog gaan kyk by:
thehistoryofpodcast.blogspot.com.au.
Die RSS feed van die Alexander Podcast is:
RSS FEED : Die Geskiedenis van Alexander van Macedonië : http://thehistoryofpodcast.weebly.com/uploads/1/3/4/7/13473658/alexander.xml
Of as julle wil kan julle aanlyn daarna gaan luister by:
www.learnoutloud.com : A-History-Of-Alexander-the-Great
- Die Geskiedenis van Hannibal en die oorloë tussen die ryk in Carthage in noord Afrika (nou Tunisië) en die Romeinse Ryk - deur Jamie Redfern
264 vC - 182 vC
Dit handel onder andere oor hoe Hannibal 'n weermag met olifante deur die Alpe gelei het.
RSS FEED : Die geskiedenis van Hannibal van Carthage
www.learnoutloud.com : A-History-Of-Hannibal
Dit is nog 'n podcast van Jamie Redfern (wat met sy Noord Engelse/ Ierse aksent en humorsin die geskiedenis besonder lewendig kan maak)
- Die Geskiedenis van Rome - deur Mike Duncan
800 vC - 480 nC
Besoek Mike se blog by thehistoryofrome.typepad.com
Luister dit aanlyn bywww.learnoutloud.com : The-History-of-Rome
Dit is 179 episodes wat handel oor die ontstaan van Rome (om en by die tyd van die Trojaanse Perd) tot en met die val van die Westelike Romeinse Ryk om en by 405 nC. Die vaandel van die Romeinse Ryk is verder deur die Oosterse Romeinse ryk in Konstantinopel as die Bizantynse Ryk voortgedra to sover as 1453 nC waaroor julle kan leer in 'n podcast van Lars Brownworth.
- Die Geskiedenis van die Bizantynse/Oostelike Romeinse Ryk aan die hand van 12 Bizantynse Regeerders - deur Lars Brownworth
285 nC - 1453 nC
Hierdie is 'n in-diepte en baie insiggewende podcast wat handel oor die Oos Romeinse Ryk wat deur Keiser Konstantyn in Konstantinopel (nou Instanbul in Turkye) begin is. Dit dek ook die geskiedenis voor die vol van die Westelike Romeinse Ryk gesetel in Rome.
RSS FEED : 12 Byzantine Rulers
Luister dit aanlyn by Lars se webtuiste : 12 Byzantine Rulers : The History of The Byzantine Empire (By Lars Brownworth) : 12byzantinerulers.com
Dit begin in 285 nC toe die Romeinse keiser Diocletian die Romeinse Ryk opgesplit het in die Westelike en Oostelike Romeinse Ryk, met Rome as die hoofstad van die Oostelike Ryk en Bizantium (Later Konstantinopel) as die beter hoofstad van die Oostelike Romeinse Ryk. Dit was alles gedoen om die Ryk beter te kan regeer. Dit dek die lewens en tye van 12 van die Oos Romeinse Ryk se Keisers en eindig in 1453 nC met die val van Konstantinopel tydens die inval van die Turke en die dood van die keiser. Die Byzantynse Ryk word gesien as die skans wat die kultuurskatte en westerse kultuur van die Romeinse Ryk vir eeue vir die latere nageslagte behoue laat bly het juis omdat dit vir 'n hele 1000 jaar na die val van Rome nog weerstand kon bied teen die inval van die oosterse plunderaars- met Konstantinopel 'n tipe van 'n Fort wat die insuipeling gekeer het.
Baie geskiedenis oor die Gotiese volke soos die Vandale, die Lombarde, Franke en die Normanne word ook genoem, maar die meeste oor die Noormanne kan julle leer in Lars se ander podcast: Norman Centuries.
Lars Brownworth is 'n uitstekende geskiedenis verteller en sy vertellings sal julle geboei hou. Maak gerus 'n draai op sy blog : Finding History
- Die Geskiedenis van die Noormanne / Vikings - deur Lars Brownworth
793 nC - 1194 nC
Luister aanlyn na hierdie uitstekende podcast : Norman Centuries
Dit begin met die plundering van die Europese wêreld van Westelike Europa en Brittanje deur groepe van Skandinawiese Viking "avonturiers". Dit vertel die storie van 'n Noorweegse Viking Rolf die Viking wat so groot was dat hy altyd net gestap het omdat hulle nie 'n perd kon kry wat hom kon dra nie. Daar word vertel van hoe Karel die Grote (Charlemagne) se Frankiese koningkryk toenemend die prooi was van hierdie Noormanne wat die kus van Noordelike Frankryk geplunder het. Uiteindelik het die Franke in 911 nC besluit om vir hulle 'n groot kusstreek te oorhandig wat ons nou ken as Normandië - in ruil daarvoor dat hulle die Christelike geloof aanneem en hulle "beserker" gode Odin opgee. Op hierdie manier moes die Vikings hul eie grondgebied beskerm. Daar word breedvoerig ingegaan op die magtige Vikings wat eeue lank die beskaafde wêreld geterroriseer het. Vikings het ook Brittanje ingeval en selfs Dublin in Ierland gestig. Hulle het Konstantinopel ingeval en selfs Rusland se naam is van hulle afkomstig. Die lewens van baie van die Noormanne word behandel asook die inval van Brittanke deur William die Veroweraar. Later was daar selfs 'n Noorweegse koning op die Britse kroon sodat daar tot vandag nog bande tussen die Britse en Noorwee is.
Dit is 'n baie, baie interessante podcast en ek sal dit hoogs aanbeveel.
RSS FEED : Norman Centuries posdcast
As julle aan die regterkant van my blog kyk sal julle altyd 'n skakel na hierdie bladsy met potgooie kry. Ek sal dit altyd probeer bygewerk hou soos ek nog oudio podcasts ontdek.
Sunday, December 09, 2012
Om Sydney stad op rollers te neem
(Skakel na hierdie inskrywing op die blog)
Wat as ek vir jou sou vertel dat hier in ons geweste is 'n skaatsbaan so groot soos 'n stad. Om die waarheid te sê...net so groot soos jy dit wil hê. Alhoewel daar ook ysskaats bane hier in Sydney is, is hierdie 'n rolskaatsbaan. Amper soos mens by Margate altyd gekry het, maar net 'n buitelug een - 'n massiewe groot skaatsbaan onder die sterrehemel.
Met die warm someraande wat nou naderkruip is dit 'n ideale geleentheid om vir jou 'n paar rollemskaatse aan te skaf en bietjie oefening te kom kry hier in Sydney, want elke Woensdagaand in die hartjie van die middestad hier in Sydney neem enigiets van 10 to 100 bittereinder skaatsers die stad op horings op hul skaatse. Die groep bestaan al 20 jaar en skaats elke Woensdagaand verskillende roetes deur die stad. Hul ouderdomme wissel van die twintigs tot in die sestigs, en daar is mense van allerlei beroepe en lande. Die skaatsers begin so 9 uur in die aand saamdrom op die trappe van die "Land Titles Offices" aan die regterkantste boonste hoek van Hyde Park.
Die Sydney Bladers se offisiële webtuiste is by www.sydneybladers.com waar julle meer inligting kan kry.
Julle kan die groep wat reeds meer as 600 lede het se Facebook bladsy gaan besoek by hierdie skakel.
Hierdie jaar se "Chrissie skate" fotos is by hierdie skakel.
Die volgende fotos het iemand Woensdag geneem. Dit was die jaarlikse skaats aand met 'n Kersfees tema, wat gewoonlik so aan die begin van Desember plaasvind. Dit is amper soos 'n stapklub, maar net op rolskaatse. Ek het Woensdagaand saam met hulle gaan skaats en hulle het my dadelik welkom laat voel. Dit het gevoel of ek 'n nuwe speelding ontdek het, want dit was die eerste keer wat ek Sydney stad op hierdie manier in die aand leer ken het. Watter beter manier om 'n stad se hoekies en draaie te leer ken as om dit saam met 'n klomp mense wat jonk van gees is te doen.
Kyk of julle die "Rustige Swerwer" rollerblader met sy Madiba hemp aan tussen die mense in die volgende fotos kan vind....
Omdat die eerste Woensdagaand van elke maand spesiaal ingestel is om mense uit te nooi wat nog nooit in die aande in Sydney geskaats het nie, word daar dan altyd 'n vasgestelde roete geskaats. (Maar die laaste Woensdag is Mission Skate aand waar daar tot 25 kilometer so ver as die lughawe geskaats word). Ons begin naby Hyde Park en die groep skaats dan deur die park se plaveisel verby die fonteine in Hyde Park. Daar word op die sypaadjies en arkades langs die strate geskaats al langs Pitt street tot by Martin Place waar daar op die oomblik 'n tamaai kersfeesboom opgerig is. Hier is daar toe eers fotos geneem vir die vale om hierdie groot jaarlikse gebeurtenis te onthou. Vandaar het ons met George street se sypaadjies langs geskaats tot by Circular Quay en die Sydney Operahuis. Wie kan sê dat hulle al om die Operahuis geskaats het op rollemskaatse? Dit was heerlike oopgetrekte weer vir 'n skaats in die stad. Daar was 'n groot plesierskip by die internasionale passasiers-terminaal vasgemeer en ons het verby dit geskaats deur "The Rocks" in die rigting van die Hawebrug. Dis ongelooflik hoe baie gladde skaatsplekke daar hier is. Onder die Hawe Brug is daar eers weer fotos geneem. Op die video wat ek julle nog later sal wys sal julle moontlik die honderde vlermuise of "flying foxes" sien wat in die aande bo teen die hawebrug swerm.
Hierna is ons om die "Wharf"s by Dawes Point waar daar fantastiese rolskaatsplekke is soos julle kan sien op hierdie satelliet fotos. Hierna het ons koers gekies Darling Hawe toe waar daar heerlike fietspaaie is vir rollerblading en toe is ons terug deur die stad verby die Sydney tower tot by Hyde Park. Ons het seker eers so 22h00 begin skaats omdat ons vir almal gewag het, maar die plan is om 21h00 te begin skaats omdat die strate dan nie meer so baie motors in het nie (alhoewel ons nie juis op die strate skaats nie maar op die fietspaaie). Ons was seker weer so 23h50 terug by die beginpunt.
Hier is 'n Google Kaart van die roete wat ons geskaats het:
Kyk na Sydney Bladers Chrissy Skate 05/12/2012 9:45pm op 'n groter kaart
Die totale afstand was: 11.81 km
Total tyd: 1:56:15
Gemiddelde skaats spoed: 8.14 km/h
Maksimum spoed: 35.26 km/h
Gemiddelde pas: 7.37 min/km
Maksimum hoogte: 92 m
Minimum hoogte: 12 m
Hoogte geklim: 358 m
Max grade: 33 %
Min grade: -28 %
Opgeneem: 05/12/2012 9:45pm
Hieronder is die hoogte profiel vir die wat belangstel.
Dit is heerlike oefening om die minste te sê - en mens ontmoet soveel nuwe mense. Daar was mense van Brasilie, Tjeggo Slowakye, Amerika, Portugal en vele meer. Die feit dat mens 'n Suid Afrikaanse aksent het veroorsaak natuurlik ook baie belangstelling.
Ek het hier en daar video geneem, maar verskoon tog asseblief die kwaliteit, want my kamera se sluiterspoed is nie so vinnig in die aande nie en dit maak dat die video sulke liggie strepe maak wanneer jy vinnig op jou rollerblades beweeg en daar is nie regtig 'n manier om te kompenseer daarvoor nie.
Hier is die skakel na die video op YouTube. Dit is sowat 15 minute lank en begin in Martin Place, wys hoe ons langs George street af skaats tot by Circular Quay. Julle sal rondom en onder die Operahuis sien, dan langs die Rocks waar die plesierboot gestaan het, onder die Sydney Hawebrug deur, enn al die pad tot by Darling Hawe, vanwaar ons terug is na Hyde Park.
Saturday, December 08, 2012
'n Oomblik in tyd kan soms die hele verloop van jou geskiedenis verander
(Skakel na hierdie inskrywing)
Woensdag 5 Desember 2012 was 'n besondere mylpaal in ons lewens. Ons kom nou al 'n vêr pad sedert on die eerste keer op die Australiese kontinent voet aan wal gesit het. Hierdie besondere mylpaal waarvan ek praat is natuurlik die Australiese Burgerskap Toets wat ons Woensdagmiddag in Parramatta by die "Australian Department of Immigration and Citizenship" (DIAC) geskryf het.
Thursday, November 29, 2012
Skulpe
Wanneer mens partymaal gaan stilstaan en baie mooi van naderby kyk, sien jy die natuur weer uit 'n nuwe oogpunt. Soms gaan die fynste detail van die lewe ons verby omdat ons eenvoudig te haastig is. Ons lewe is maar 'n spikkeltjie in tyd in vergelyking met die onmeetlikheid van die aarde se bestaan. Sien ons ooit die detail van die spiraal-patrone op die kleinste skulpe raak? Soms moet mens dit bietjie doen.
Elkeen van hierdie skulpe was eens op 'n tyd 'n slakkie of seediertjie se huis.
Foto Album van skulpe op Tea Gardens se strand
En hoe fyner mens kyk, en hoe groter die sandkorreltjies word, hoe meer sien jy dat die sandkorretjies nie net maar klein klippies is nie, maar oorblyfself van derduisende jare se gemaal deur die see.
Tuesday, November 27, 2012
Mooi blomme by Tea Gardens se strand
(Skakel na hierdie blog inskrywing)
Ek kan 'n mooi blom net nie verbystap sonder om 'n foto te neem nie. Wanneer ons op 'n staptog is by een van die magdom roetes hier rondom Sydney, is ek altyd die agter-os wat vashaak langs die pad om van naderby fotos te neem van blomme of insekte.
Die volgende klompie fotos het ek by Tea Gardens strand in NSW geneem. Sommige van die blommetjies (soos in die volgende foto) is letterlik 1 cm in grootte.
Mooi blommefotos by Tea Gardens
Monday, November 26, 2012
Insekte en spinnekoppe
(Skakel na hierdie inskrywing)
Toe ons by Tea Gardens naby Hawks Nest was het ek so 'n paar fotos geneem van insekte. Nou nie juis fotos van hoogere wetenskaplike waarde nie, maar tog vir my mooi.
Ek het die volgende twee Ladybirds afgeneem terwyl hulle baie besig was om klein ladybirds te maak.
Insekte en spinders by die see
In die volgende fotos kan julle onder andere die algemene Australiese Golden Orb Silkweaver (Nephila macalata) Spinnekop sien. Hulle is baie volop en spin indrukwekkende webbe sommer oornag. Hulle word nogal redelik groot en daar is gevalle waar hulle selfs al 'n slang verorber het. Hul gif is ook 'n senuwee-gif soos die van die knopiespinnekop, maar nie so kragtig nie.
Daar is ook 'n by wat nektar versamel.
Sunday, November 25, 2012
Rollerblade in Randwick
(Skakel na hierdie inskrywing)
Ons was in Randwick om by SkaterHQ nuwe briekskoene te koop vir Rollerblades. Omdat Randwick so 'n gevestigde voorstad is, is daar heelwat fietspaaie wat 'n ideale speelplek bied vir Rollerblade entoesiaste.
Hier is die kaart waar ons gery het.
Rollerblade in Randwick 20121124
Hier is die Google Streetview
View Larger Map
Tuesday, November 20, 2012
Son silhoeët by die Teëtuin
(Skakel na hierdie inskrying)
As die son vroegoggend sy groue strale so sleep-sleep oor die sand tot teen die duine laat vaar, dan weet ek hulle was reg toe hulle gesê het: die môrestond het goud in die mond.
Dit verf vroegoggend die natuur met 'n warm geel skakering van skoonheid. Die nuwe dag vee vir mens 'n skoon slyt waarop jy daardie dag weer kan lewe.
Mens kan die lewe sommer net makliker in die oë kyk as jy eers 'n lekker nagrus agter jou het. Want wie weet wat vandag vir jou inhou.
Ons was so 'n rukkie gelede by die NSW noordkus dorpie: Tea Gardens, waar ek heelwat mooi fotos geneem het wat ek die volgende paar inskrywings met julle gaan deel.
Soms, as mens regtig naby aan die grond kan kom met jou kamera, verkry jy 'n ongewone oogpunt wat vir mens indrukwekkende fotos kan oplewer.
Neem nou maar die volgende paar fotos wat ek met sons-opkoms en geneem het op Jimmys beach.
Net so het 'n sonsondergang 'n enerse bekoring. Daar is 'n gesegde: die son trek al water. Wel, as 'n mens die son so by die see sien sak oor die water, dan lyk dit soms kompleet asof die son na sy rusplek onder die water terugkeer. Die dag se moeite is verby en more is nog 'n dag. Ek het seker al letterlik honderde kere sonsondergange afgeneem - en steeds bly dit 'n vredevolle ervaring.
Mooi sonsondergange en sonsopkomste by die Tee tuin strand.
Monday, November 19, 2012
Rollerblade in Parramatta
(Skakel na die inskrywing)
Ek het gister saam met vroulief hierdie 10.9 km roete op my rollerblades gaan doen en sy op die fiets.
Hier is die kaart met die roete.
View Rollerblade in Parramatta 18/11/2012 13:25 in a larger map
Hier is die video/ Ek het net gedeeltes van die pad opgelaai.
Hoop julle geniet Lianie en Jay se liedjie. Ek het sommer die James outjie se liedjie ook bygesit omdat dit vir my dieslfde ritme het.
Sunday, November 18, 2012
Besoek aan die "Mall"
(Skakel na hierdie inskrywing)
Jy kan dit skaars glo, maar meeste Saterdae wanneer 'n mens so voor half-nege (of self nege uur) die oggend op 'n Saterdag by die Kasteeltorings Winkelsentrum hier in Castle Hill aankom is daar nog bykans geen motors in die parkeerterrein nie. Maar, langsamerhand, kom die winkelassistente en handelaars en sluit een vir een die winkeldeure oop. Mense begin dan van oraloor die winkel binnestroom en voor jy jou kan kry is die plek vol van 'n geroesemoes van aktiwiteit.
Wat vir my veral lekker is, is om 'n ou koffietjie by een van die baie koffie kafees en winkeltjies te kry. Meestal vermy ons maar die groot winkels, maar soms as ek my hare by Eric's gaan sny, dan maak ek vroegdag al 'n afspraak. Dit kos so $29 vir 'n haarsny. Maar as ek so luister wat die vrouens vir hulle hare betaal, dan is dit 'n aansienlike winskopie. Ek ken vir Lee Anne al baie goed, en sy sny al vir meer as 5 jaar my hare. Ons gesels oor alles en nog wat, want jy weet : haarkappers gesels lekker.
Ek hou veral daarvan om in die boekwinkels 'n draai te maak asook die "Newsagency". Dit is mos nou wat ons winkels soos CNA hier noem. Mens kan alles van treinkaartjies tot tydskrifte daar koop.
Teen ententyd drom mense saam in die "Food Courts". Dit is is nou nie geregshowe waar mense stry oor wie se kos dit is nie, nee, dit is eerder soos 'n nuwerwetse kos lapa of gesamentlike eetsaal.
Dit was nou iets wat vir my nogal opvallend verskillend was van hoe ek gewoond was dinge in Suid Afrika gewerk het. Waar elke restaurant of wegneemete winkel daar so half en half sy eie "grondgebied" met 'n passie beskerm, is die gesamentlike eetsaal hier die in-ding. Wanneer die familie hier kos bestel, dan kan die Pa, Ma en elkeen van die kinders letterlik elkeen kos gaan bestel by verskillende eetplekke en dan sit almal saam en eet en kuier in die middel by tafels en stoele wat nie die uitsluitlike eiendom van enige spesifieke eetplek is nie. Dit is bykans altyd 'n raserige affêre soos julle sal sien in die een video wat ek vir julle opgelaai het. Veral in 'n stad soos Sydney met meer as 200 verskillende nasionaliteite wat hierdie stad hul woning gemaak het, sal jy kossoorte van baie lande kry.
Ek wys hier vir julle twee videos.
In die eerste video sal julle begin sien hoe lyk 'n groot "mall" in hierdie geweste. Ek gaan maak 'n draai by 'n rekenaarwinkel, drie klerewinkels en loop verby die magdom tydelike verkoopspunte wat hierdie tyd van die jaar begin opskiet. Ek maak ook 'n draai by die oop groete en vrugte mark op die onderste vloer. Verder gaan ek op en af met roltrappe en probeer vir julle 'n goeie isee gee van hoe die plek hier daarna uitsien.
In die volgende video maak ek verder 'n draai deur die "Food Court" met sy baie wegneem ete plekke. Julle sal sien hoe die mense vergader tydens etenstye (en daarbuite). Ek besoek 'n CD Musiekwinkel en op 'n stadium loop ek verby Eric se haarsalon waar ek my hare sny. Daarna gaan bring ek 'n kort besoek aan die Appel rekenaar winkel.
Die eerste ruk wat ek hier aangekom het, het ek bykans heeltyd verdwaal in hierdie winkelsentrum, maar nou ken mens die plek al so goed jy kan dit amper toe oë verken.
Hoop hierdie videos gee vir julle so 'n kykie in ons wêreld.
Groete
Kontak my gerus...
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe