(Skakel na hierdie inskrywing)
As ek terugdink aan die dae lank gelede voordat on na Australië verhuis het, dan is een van die dinge wat vir my die moeilikste was: Om 'n idee in my geestesoog te kon vorm van hoe dit in Australië lyk.
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Tuesday, October 30, 2012
Selfhelp inkopies
Tuesday, October 02, 2012
Mooi fotos wat ek in Suid Afrika geneem het
Die skakel na hierdie inskrywing
Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd 'n mooi komposisie te hê in die fotos wat ek neem. My idee vamn 'n ideale vakansie is om na mooi plekke te gaan waar daar allerhande pragtige foto geleenthede is. Ek hou daarvan om mooi tonele op te gaar. Ek tel oral stukkies van die natuur op en versteek dit in my kamerasak. Ek kry dit swaarlik reg om verby 'n mooi blom, of 'n insek op 'n stingel of 'n mooi uitsig of 'n asemrowende natuurtoneel te stap sonder om soos in daardie Klipdrift TV advertensie LAAAANK VAS TE HAAK. Ek kom gewoonlik soos agteros agtena gedrentel wanneer ons op 'n staproete gaan.
Ek hou van mooi kleurvolle fotos, veral Makro fotografie met diertjies of blomme van naderby. Toe ek nou onlangs in Suid Afrika was vir so 'n oogwink, het ek heelparty mooi dinge gesien. Ek wens ek kon sommer al my fotos oplaai op my blog, maar dan maak dit die aflaaiproses net heeltemal te stadig. So ek moet dan maar altyd 'n paar uitsonderlike fotos uitsoek - amper soos 'n Ma wat moet kies tussen haar kinders.
Die Karoo het baie plante wat besonder goed aangepas is vir lewe in droogte. Een van hulle is die Plakkie, soos dit alombekend is. Ek het so 'n paar van hulle afgeneem in my ouers se tuin in Beaufort Wes.
Die vetplant wat bekend staan as Kalanchoe thyrsiflora word ook die volgende genoem:
- Plakkie
- Meelplakkie (afkomstig van die melerige lagie op dit wat die son se strale weerkaats)
- Geelplakkie
- "Desert Cabbage"
- "White Lady" (dalk vanweë die melerige lagie)
- "Flapjacks" (Soos in plaatkoekies)
- "Dog tongue plant" (waarskynlik vanaf die ooreenkomste met 'n hond se tong - Hondetong)
- "White Bird's Brandy" / Voëlbrandewyn (Hemel weet waarom)
Ek het net so vlugtug gesoek en dit op Wikipedia gekry asook op 'n ander webtuiste wat weer praat oor plante van Hawaii (en hulle noem ook dat dit nie inheems aan Hawaii is nie). Wanner mens op Google Images soek is daar sommer heelwat fotos. Mens kan ook op die Kumbula kwekery se webtuiste lees daaroor.
Dit is baie dankbare plante hierdie. Ten tye van die droogte in Beaufort Wes, toe mense selfs bottels water moes aanry na die dorp vir die "Bottles for Beaufort West" projek, het bykans al die gras in my ouers se tuin doodgegaan. My Ma het toe besluit om hierdie dankbare plante te plant. Nou is haar voortuin al net so groen van die plakkies en vetplante soos wat dit voorheen was met die gras. Hulle benodig baie min water, inteendeel, volgens die Kumbula Kwekery artikel moet hulle nie te vell water kry nie anders verloor hulle hul kenmerkende rooi randjie om die blare ("Do not over-water as the plants will lose their red colour")
Kalanchoe thyrsiflora
Hier is 'n plakkie met blomme aan. Blykbaar sterf die plant sodra die saad ryp is om weer plek te maak vir die volgende generasie.
Soos ek reeds genoem het, was ons een dag in die pragtige dorpie Prins Albert. Indien mens die suidelike afdraai vanaf Beaufort Wes neem op die N12 in die rigting van George en jy draai regs op die R407 net voor jy by Klaarstroom kom, dan is Prins Albert net so 'n hanetreetjie die Swartberge in langs die pad wat deur die Kredouw vallei kronkel.
Die strate van Prins Albert is besaai met blomme, waarskynlik te dankie aan die leivoor wat deur die hele dorpie loop. Elkeen langs die hoofstraat kry sy eie lei-beurt en kanaliseer dan die water in sy erf in deur die sluise voor sy erf soos sinjale op die treinspoor te verander. Die leivoor het my nogal laat terugdink aan hoe ons kinderdae as dit gereën het met blaarbote by die laerskool se reënwatervore gekyk het wie se "boot" eerste aan die onderkant van die speelgrond kon uitkom.
Die blomme langs die hoofstraat (Kerk straat) is besonder mooi. Kyk, ek ken nou nie al die blomme se name nie, maar hier is van die mooiste fotos wat ek geneem het langs die hoofstraat.
Ek het gedink die pers en groen in die vorige foto het 'n besonderse foto gemaak, veral met die klein goggatjie op die blom. My kamera is nou nie die heel beste in die wêreld nie, maar ek dink tog dit is 'n baie mooi foto.
Toe ek die gebou hierbo sien met "Omkom Stoor" daarop geskryf het ek aanvanklik gedink dis 'n ander naam vir AVBOB waar hulle die afgestorwenes stoor, maar toe besef ek dit moet seker net 'n "Corner Store" wees waar mens gou-gou omkom as jy iets wil koop.
Hoe lekker is dit tog nie om naamborde met sulke eie Afrikaanse woorde te sien nie. Langs die hoofstraat is 'n hele paar sulke geboue. By een van hulle het 'n ou Omie gesit wat besig was om die nuus te luister op sy draadloos. Maar die oom se gehoor is dalk nie meer wat dit was nie. Dit was vir my amper asof ek die verlede op film kon vasvang - met die grootste respek gesê: net soos wat die koerant strokiesprent-karakter Robert in BenBabsieEnFamilie mos altyd met sy draadloos teen die oor sit en luister het.
En dan is daar nog meer blomme...hierdie blomme staan sommer so in sulke plate blomme langs die pad. Die blomblaartjies het so 'n papieragtige tekstuur.
Ek het die volgende fotos van 'n blommetjie (seker omtrent so 2 cm groot) op die koppie buite Beaufort Wes geneem:
Die volgende blommetjie het ek nog nooit voorheen gesien nie. Dit is letterlik miniatuur in grootte. Hulle groei op sulke laaang stingeltjies...en lyk kompleet soos blommetjies wat uit koekversiersel gemaak is. Ek het met die foto probeer om die agtergrond soveel moontlik uit fokus te kry om derhalwe die blommetjie te beklemtoon
Op die pad na Oudtshoorn, net buite De Rust in die klein Karoo, so net na die son opgekom het, het ek verby hierdie droomagtige toneeltjie langs die pad gery. Ek kon myself net nie keer nie, maar ek moes net stop om dit af te neem. Die mis het nog gedeeltelik oor die lande gelê terwyl die spilpunt besproeiing die aarde deeglik natgemaak het. Hierdie huisie langs die pad het my laat dink aan een of ander Cadbury sjokolade advertensie waar 'n meisie met 'n groot blok sjokolade deur die veld aangestap kom en een blokkie afbreek en dit vir die held in die advertensie gee....terwyl die mis nog oor die veld hang.
Die volgende twee fotos van die noordekant van die Outeniekwaberge het ek geneem net voor ek oor die berge begin afdaal het na George.
Hierdie foto met die hoofpad wat in die verte verdwyn sou 'n baie mooi prentjie maak vir 'n olieverf skildery.
Terug in Centurion het ek hierdie foto by my skoonma se huis geneem...die blare lyk of dit met was bedek is.
My vroulief en haar ma was die afgelope paar weke baie doenig in die tuin. Hulle het nou ook vir ons 'n paar Plakkies/Plaatkoekies/Hondetong/Voëlbrandewyn voor in ons tuin geplant...
Net om vir julle te wys dat ons ook nou Plakkies of Hondetong in ons tuintjie hier in Sydney het...hier is 'n foto van ons Plaatkoekie plantjies wat hulle by die kwekery gekoop het.
Dit was dan nou die Suid Afrika fotos...volgende keer bietjie meer uit Australië
Kontak my gerus...
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe