Ons kan nie wag dat die somer nou uiteindelik kan aanbreek nie. Dis koud hier, alhoewel nie so koud soos op die hoëveld nie, is die weer somber en nou nie juis die perfekte weer om nuwe aankomelinge te verwelkom nie. Dit reën nog so af en toe en die dae is maar kort, want dit word alreeds teen 17h30 donker.
Met die eerste kans wat die son sy gesig wys gaan ons toe so 2 weke gelede na Manly stand (wat soos die kraai vlieg die naaste strand aan ons is). Dit is so 30 minute se ry van ons huis af.
Die plek herrinner my so bietjie aan houtbaai in die kaap. Daar gekom sien ons toe die mooiste bome. Hulle is seker baie jare oud. Hier is 'n foto:Ons het eers so 'n draai gegooi by East Manly waar ons die "St Patricks Seminary" gebou teëgekom het wat amper soos 'n kasteel lyk. Die gebou huisves nou 'n Internasionale Hotelskool.
Net so 'n entjie van daar af het ek die volgende fotos geneem van die kranse by die see:
Die winkels rondom Manly strand bestaan uit 'n magdom restaurante met 'n wandelgang "The Corso" waar die karre nie kan ry nie. Ons het voorheen gehoor dat mens by die "The Ivanoe" restaurant lekker steak kan eet, maar nie op hierdie geleentheid dit besoek nie.
Die water was bietjie te koud na ons smaak.
Ek sien 'n seemeeu loop op die strand...en dink...seemeeue gaan net waar hulle wil...hulle is vry...en dink aan die liedjie van Anneli van Rooyen: "Seemeeu..neem my saam...na daar waar ek vry kan asemhaal..." en ek dink aan wat ons ook alles moes doen om "vry te kan asemhaal" sonder die angs en beklemming op my hart.
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Saturday, July 21, 2007
On suiker toe mos af na die Manly strand
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.