Al ooit gewonder hoeveel gemorspos ons hier in Oz in ons straatposbus kry per week ? Wel, hou op wonder, want ek het hierdie week sommer net vir die grap die al die advertensies en gratis koerantjie geweeg wat ons weeklik hier in ons posbus afgelewer kry...'n hele 700 gram. Dan is daar ook nog ten minste 2 ander koerantjies wat ons in sulke ge-"glad-wrap"-te worsies kry. En dis net een huishouding! Dit beteken dat ons in 10 weke sowat 7 kg, en in 'n jaar 'n hele 36.4 kilogram se advertensies kry wat ons op die ou einde net weer in die asblik gooi. Hierdie Kersfees gaan ons voorwaar baie kersbome afkap...maar in die vorm van kersfees uitverkoping advertensies.
So daar het julle dit...
Dis alles vir 'n goeie doel - jy kan jou barbie se olierige plaat skoonvee met jou koerante.
ReplyDelete