(Skakel na hierdie blog inskrywing by pitkos.blogspot.com)
Om my reeks oor die huidige woonplekke van oud Suid Afrikaners af te sluit het ek besluit om dinge nie langer omslagtig te maak nie, en eenvoudig die res van die land se statistieke vir hulle te gee. Soos wat ek reeds in die eerste aflewering "Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 1 : New South Wales" bespreek het, is al hierdie inligting verkry deur die 2006 Australiese sensusdata te verwerk om die huidige woonplek van mense van Suid Afrikaanse oorsprong te bepaal en op 'n kaart aan te dui. Die sensusdata het bestaan uit 2411 Excel data leêrs wat ek verwerk het na spesifieke Demografiese inligting rakende Suid Afrikaners in die 8 state van Australië:
Eerstens het ek al die voorstede in Australië geneem en hulle per staat gesorteer van die meeste na die minste oud Suid Afrikaners wat daar bly, en die volgende spreadsheets geskep:
|
Daarna het ek hierdie totale op Google kaarte geplot, sodat julle duidelik kan sien waar die meeste Suid Afrikaners bly deur na die flaggies se kleure te kyk.
|
Indien ons nou al die voorstede in die hele land in dieselfde spreadsheet plaas en hulle sorteer volgens die aantal ex Suid Afrikaners, kan ons in die volgende data die TOP immigrasie bestemmings in die hele Australië sien.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
(Die voorstede met dieselfde aantal val in 'n groep van voorstede wat vanaf dieselfde sensusdata poskode data afkomstig is)
Na die voorafgaande resultate het ek probeer om 'n indikator of indeks te verkry wat vir my sal aandui watter voorstede meer gesog of populêr is onder oud Suid Afrikaners. Die totale lig nie hierdie gedrag vir my so mooi uit nie omdat voorstede met meer inwoners ook normaalweg meer Suid Afrikaners huisves as voorstede met minder inwoners. Ek was op soek na 'n statistiese of wiskundige formule wat vir my 'n groter waarde sal gee wanneer meer Suid Afrikaners daardie spesifieke voorstad as hul tuiste kies as wat statisties verwag word van die algemene bevolking (volgens die breukdeel wat daardie voorstad se bevolking van die totaal uitmaak).
|
Weereens word slegs voorstede met 50 en meer SAs aangedui asook waar die kieskeurigheids indeks gelyk is aan 1 en meer.
Voorstede waar die indeks bo 3.5 is, is in Rooi aangedui
Voorstede waar die indeks tussen 1.5 en 3.5 lê is in Groen aangedui
Voorstede waar die indeks tussen 1 en 1.5 lê is in Blou aangedui
Hierdie Indeks kaarte gee vir ons 'n baie goeie aanduiding watter voorstede in Australië meer populêr onder die Suid Afrikaanse immigrante is as die res van die bevolking. Ek het slegs voorstede met meer as 50 oud Suid Afrikaners in die kaarte aangedui omdat die indeks baie maklik beinvloed kan word in 'n voorstad met baie min mense.
Die mees populêre woongebiede lê in NSW waar daar 'n 23 keer hoër persentasie is as vir die algemene bevolking.
Dit is verbasend watter nuttige inligting mens kan verkry oor Suid Afrikaners uit die sensus data wat so vryelik beskikbaar is op die web.
Byvoorbeeld: Indien mens na die mediaan van die maandelikse inkomste kyk vir die voorstede en jy neem al die voorstede in Australië, dan sien mens dat Suid Afrikaners regoor die land oor die algemeen in voorstede bly waar die mediaan van die maandelikse inkomste sowat 20% hoër is as die gemiddeld.
Dit beteken nie noodwendig dat Suid Afrikaners 20% meer inkomste as die algemene bevolking kry nie (omdat ons dalk die armste mense in daardie voorstede kan wees), maar dat ons klaarblyklik voorstede verkies was oor die algemeen meer gegoed is.
Ek het ook vir julle die data beskikbaar gemaak vir Google Earth. Indien julle die data dus In Google Earth wil besigtig, laai die volgende KML leêrs af en dubbel kliek daarop nadat julle Google Earth geinstalleer het.
KML Kaart van hele Australië gesorteer volgens Indeks
KML Kaart van die hele Australie gesorteer volgens totale
Julle kan dan in Google Earth op elk van die skakels in die inligtings vlaggies kliek vir meer inligting, soos byvoorbeeld om op Realestate te soek vir huise in daardie voorstad...soos byvoorbeeld hieronder in Google Earth, waar die data vir Olympic Dam in Suid Australië vertoon word. BHP Billiton, wat ook groot ondernemings in die Suid Afrikaanse mynbedryf het, het hier 'n myn en daar werk 4 keer meer Suid Afrikaners as die persentasie van die algemene bevolking. Marius Kloppers, 'n oud Suid Afrikaner is die direkteur van hierdie Australiese maatskappy. Amper al die Suid Afrikaners wat hier in Olympic Dam bly het sedert 2001 hiernatoe getrek.