Showing posts with label Dr. Lingenvelder. Show all posts
Showing posts with label Dr. Lingenvelder. Show all posts

Thursday, April 05, 2007

Mediese ondersoeke afgehandel

Ons het vandag, Maandag 2 April 2007 by Hatmed (naby die hoek van Hilda en Burnett straat in Hatfield) by Dr. Johan Momberg by Dr. Lingenvelder se praktyk. Ons het sommer beide die 457 en die 136 VISAs se mediese toetse gedoen. Die mediese ondersoeke het omtrent R2000 gekos vir my en my vrou en ons 2 kinders. Ons moes duplikaat X-strale neem by die radioloog en dit het R1000 gekos in totaal. Verder was die HIV bloedtoetse by die patoloë R217 vir 2 mense. Hierdie dokters is baie vriendelik en ek kan hulle regtig aanbeveel.

Daarna is ons in Pretoria stad in om sommer die "Police Clearance Certificate" aansoeke oorkant die Sanlam sentrum by die polisie se rekords afdeling in te gee.

Kontak my gerus...

Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.

Die mees populêre inskrywings