Vandag was 'n wonderlike sonskyn dag na die afgelope week of twee se depressiewe reënweer. Ons het vandag bietjie die Sydney hoof-strand: Bondi Beach gaan verken.
Die strand is 'n hanetreetjie van die middestad af geleë, en die pad daarnatoe is maar redelik besig en vol verkeer. Dit is egter een van die mooiste strande wat ons nog gesien het....en wat meer is, daar is regte golwe, en heelwat branderplank ryers. Ek het so vermoede die strand is gewoonlik baie besiger as vandag, want die meeste mense het nog nie regtig besef dat die reën verby is nie.
Die diepblou hemel en die spierwit strand het dit inderdaad 'n baie mooi dag gemaak.
Bondi Strand (kan dit wees dat die bekende 'Bondi Blue' sonbrille na hierdie strand vernoem is?) is 'n heerlike diep sandstrand, waar die sand soos versiersuiker tussen jou tone deurkrul.
Voor die huis kan julle 'n ou stoof sien wat sommer op die sypaadjie gelos is...want dis mos weer daardie tyd van die maand wat die Sydney inwoners allerhande goed wat hulle nie meer soen nie sommer net op hul sypaadjie los...almal wat verbyry kan die goed dan oplaai as hulle lus het, want doe stadsraad kom laai dit op so dag of twee later. Gaan lees asseblief die brief van Kanniedood op die SAAustralia forum oor hierdie "vreemde" verskynsel om jou goed op die sypaadjie te los vir ander om op te tel as hulle dit nodig het.
Laat mens nogal dink aan Muizenberg in die Kaap...