(Skakel na hierdie Pitkos Blog inskrywing)
Kyk, ons het hierdie somer darem vir jou al baie warm gekry hier in Sydney. Daar was sulke hittegolwe hier dat die kraaie (Currawongs) na hul asems gesnak het...wat nog te sê gaap...
Ons was dus nog nie baiemaal by die strand hierdie somer nie, ons het maar eerder by die huis weggekruip vir die hitte. Wanneer mens dus nie uitgekook het nie, het ons uitgereën - maar ons kla nie, want ons hier in Sydney was ons darem die vloede, binnelandse tsunami's, orkane en siklone, brande en nou ook aarbewings gespaar. So ons kan seker sê dinge gaan darem honkie-dorie.
Die kinders is mos weer skool toe. My seun is nou in die hoërskool en het klaar al sy eerste skool-kamp agter die rug. Hulle klomp "eerstejaars" het daar naby Narrabeen langs die kus gaan kamp (al oor die 300 van hulle, seuns en dogters saam, maar nie in selfde kamers nie). Hy het dit darem baie geniet - was amper soos veldskool. Ek dink dis nogal 'n slim plan van hulle om dit so aan die begin van jou hoërskooljare te hou, sodat almal van hulle mekaar sommer lekker kan leer ken. Die huiswerk in die aande word nou ook al baie meer.
My dogter is nog in dieselfde laerskool en het ingekom vir die skool se T-ball spannetjie. (Dis amper soos baseball).
Ek speel nogsteeds elke Woensdagaand vir 'n Aussie Volleyball span en geniet dit uitermate. Ek speel nou al van laasjaar af. Dit is regtig lekker om deel te kan voel van die Aussie leefwyse waar sport so deel is van hul lewens, nie net om te kyk nie, maar veral om deel te neem, 'to have a go' yourself. Dit is die hoogtepunt van my week. Sommige weke speel ek ook vir die ander spanne as hulle nie genoeg spelers het nie. Dit laat mens lekker voel om by 'n plek te wees waar almal jou naam begin ken. Voor dit het ek dit seker laas in 1992 in my universiteitsdae gespeel. As mens dan na die tyd terugry huistoe voel mens sommer verkwik en verfris, selfs al het ek lam en tam van die werk af gekom. Dan luister ek gewoonlik na Today's Country (my heel gunsteling radiostasie) se top 20 countdown. Gelukkig is dit nou in die aande ietwat koeler, want toe dit so warm was het ons gesweet as ons Volleyball speel hoor.
Omdat dit gister weer 'n lekker sonnige dag was, het ek besluit dis tyd om weer 'n keer bietjie te gaan snorkel by 'n plek waar ons nog nie voorheen was nie. Ek het hier in Dural by die Scuba plek uitgevis waar daar lekker snorkelplekke is en is aangeraai dat "Camp Cove" naby Watsons Bay, die rotspoele naby Manly se Shelley Beach, of Botany Bay se Bare Island.
Ons besluit toe om Bare Island te gaan ontdek. Om daar te kom neem mens eenvoudig die M2 al die hoofweg van die Hills af, onderdeur die Hawe Tonnel, die "Cross City" tonnel. oppad in die rigting van die Lughawe, en neem dan in die tonnel net voor die lughawe die Randwick-Bondi afrit. Dit is die "Eastern Distributor". Mens volg dan eenvoudig Anzac Parade al die pad tot waar dit doodloop teen Bare Island in La Perouse. Die Fort op Bare Island is in 1885 tydens die Crimean oorlog gebou om Sydney teen aanvallers te beskerm (nes Klapperkop Fort in Pretoria). Die einste eiland het prominent opgedyk aan die einde van Mission Impossible 2 met sy talle tonnels. Die omgewing hier rondom "Bare" Eiland is een van die beste Scuba duik plekke in New South Wales. Maar die fort kan net via begeleide toere besoek word. Die "Customs"/Doane toring monument uit die 19de eeu kan ook hier besoek word.
Daar is 'n heerlike strand en al langs die rotse tot by "Bare" eiland is daar vlak snorkelplekke oor die rotse aan die oostekant.
Ons het oor die houtbrug gestap en aan die westekant in die water ingegaan waarna ek en my seun saam onderdeur die brug gesnorkel het en is toe al langs die rotse langs in die strand se rigting.
Die fort lyk nogal indukwekkend so op 'n afstand, maar die water des te meer aanloklik.
Die sigbaarheid aan hierdie kant van die brug was goed, maar die wind het nogal sterk gewaai en ons het toe besluit om eerder so 'n entjie terug te ry Clovelly toe om daar in die beskutte rotspoele te gaan snorkel. Parkering is gratis, behalwe vir 'n vrywillige donasie vir die nippers (lewensredder opleiding vir kinders.)
Die water by Clovelly was baie aangenaam en ons het sommer 'n magdom visse gesien, insluitende die bekende Blue Groper. Ek het so 'n 7 minute video van die snorkel aanmekaar gelas. Daar is onder andere "Pipefish" en 'n paar Eastern sand-rays/stingarees in die video.
Hier is 'n paar fotos van die Stingaree in Clovelly se rotspoel.
Die musiek is vanaf die musiek produksie van Matthys Maree "Afri-Spaans" en die sangeres is die Colombiaanse sangeres Marta Gomez. Julle kan 'n kopie van die CD as MP3 aflaai by CdBaby vir net $10. Die liedjies was sy in die Spaanse taal in hierdie video se klankbaan sing is die bekende Victoria Baai van die geliefde Lucas Maree asook die liedjie "Soos Bloed" van Theuns Jordaan. Hoop julle geniet dit, want ons het dit verseker gister geniet.
Ons avonture in Australie
- Snorkel By Freshwater strand
- Snorkel by Terrigal strand
- Skaats manewales in Sydney stad
- Vivid Skaats in die stad 2016
- Opera huis "timelapse"
- Home
- Airport Mascot Skaats
- Belangrike Skakels
- Rollemskaats Roetes
- My gunsteling Podcasts/Potgooie
- South African History (Ons Lewende Geskiedenis)
- Snorkel Ekspedisies rondom New South Wales
- Ons snorkel die Groot Koraalrif van Australie
Deel PITKOS VIR DIE FYNPROEWER MET JOU VRIENDE...
e-pos Intekenaars
Sunday, February 27, 2011
Sydney somer genot
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Kontak my gerus...
Kontak my as julle wil deur 'n "Comment" by enige post te maak met julle email adres daarin. Ek kry alle "comments" as email voor dit gepubliseer word en sal nie enige telefoonnommers of email adresse op die blog laat kom nie maar dit slegs gebruik om julle te kontak. Groete.
Die mees populêre inskrywings
-
Hoeveel is vryheid vir jou werd? Wat is die prys wat jy daarop kan plaas om snags rustig te kan slaap? Hoeveel is jy bereid om te ruil vir g...
-
Dis vroeg Saterdagoggend. Ek sit hier voor my rekenaar en kyk uit by die venster. Daar is 'n digte mis oor die stad. Die afgelope wee...
-
Die skakel na hierdie inskrywing Een van my groot liefdes in my lewe is fotografie. Ek geniet 'n mooi foto en ek probeer om altyd ...
-
Ek sit en luister vandag lekker Internet radio op my iPod op die bus oppad terug huis toe, en daar hoor ek Jak de Priester se nuutste liedj...
-
Bo kan julle een van die mooi geboue in Sydney sien wat naby die Darling hawe is. Ons het vandag via die Internet aansoek gedoen vir ons Aus...
-
Goeiedag ( Skakel na hierdie bladsy ) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data va...
-
Siende dat ons al so vêr in die pad af is met ons emigrasie reëlings, en omdat ek weet dat daar baie IT mense daarbuite is wat ook hierdie l...
-
Een van die wonderlikste ervarings wat ek nog ooit in my lewe gehad het was laasjaar toe ek en my vrou by die koraalriwwe van Sodwana aan di...
-
( Skakel na hierdie inskrywing ) So gereeld as wat ek moontlik kan, probeer ek om 'n goeie snorkel in te kry. Wanneer mens mos by die...
-
Kyk mooi na die volgende foto... Kliek op dit om dit groter te sien. Wat dink jy sien jy? Australië? Kyk weer. Ek het, presies op skaal ,...
MY BESTE PENVRUGTE en ANDER GUNSTELING INSKRYWINGS
- Waar woon die oud Suid Afrikaners in Australië? Aflewering 3 : New South Wales, Victoria, Queensland, Suid en Wes Australië, Noordelike en Capital Territory en Tasmanië
- Jy bekyk jou wêreld nou uit ander oë en lewe jou lewe nou tot op die droesem van jou bottel
- Die lewe is 'n reis na 'n spieëlbeeld
- Soms is mens se verlange baie groot
- Die lewe van 'n skoenlapper
- 'n Mens mis jou ouers, maar tog is hulle altyd saam met jou
- Om altyd die mooi in die lewe raak te sien...
- Wanneer drome binne jou bereik kom
- Ek hou daarvan hier...dit laat my terugdink aan die ou dae
- Sydney is stadig maar seker besig om soos ons huis te voel
- Nou kry ek elke oggend die trein en sit nie gefrustreerd in die verkeer vas nie
- Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou voel om in 'n woud te kan gaan stap net wanneer ek wil
- Die son skyn nog helder in die land van Kokanje
- Sydney is pragtig
- Ek ry nou met die aposteldonkie
- Vir die swartste moerbei klim 'n mens die hoogste in die boom
- Hoekom herhaal die geskiedenis homself ?
- Soms is die staptog moeilik, soms maklik, maar altyd vol nuwe avonture
- Dinge voel maar baie deurmekaar hier...
- 'n Nuwe lewe wink anderkant die see
- Wonderlike nuus...
- Scuba-duik
- Hoe ek op die oomblik voel...
- Die IELTS (Engelse) Toets is nou agter die rug
- Eendag sal ons rus kry...
- Om afskeid te neem van jou land...
- Die nimmereindigende gewoel van die lewe
No comments:
Post a Comment
Los vir my n boodskap...komaan wees n sport !
Ek lees alle kommentaar eers voor ek dit publiseer.
Note: Only a member of this blog may post a comment.